Joost Pietersz van Dyk

Joost Pietersz van Dyk

Manlik ± 1662 - 1718  (~ 56 jare)

Persoonlike Inligting    |    Media    |    Bronne    |    Almal    |    PDF

  • Naam Joost Pietersz van Dyk  [1
    Geboorte ± 1662  Isberg Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    • Ons skat Joost se geboorte as om-en-by 1663: soldate wat by die V.O.C. aangesluit het, was gemiddeld 24 jaar oud. Joost en Burgert het in 1686 aangesluit, wat 'n geskatte geboortedatum van 1662 gee. Ons het Joost as ouer broer aangeneem, omdat hy tradisioneel as sulks beskou word (eerste getrou en eerste gesterf).

      In verskeie rekords word hulle plek van herkoms as Isberg, IJsberg, Eijsenberg en ander variante gegee. Dit is nie noodwending hul plek van geboorte nie, maar wel hoogs waarskynlik. Geen land of provinsie word egter genoem nie en daar is talle dorpies met sulke name in Europa en Skandinawië wat kandidate is.

      Sien ook onder-aan die bladsy, by Geskiedenis die artikel Joost en Burgert van Dyk: hul koms en lewe aan die Kaap. Daarin word uitgelê hoekom Joost se geskiedenis hier so sterk verskil van die 1975-Geslagsregister.

      Vir verdere spekulasie oor die broers se herkoms, sien http://sastamboom.blogspot.com/search/label/van%20Dyk
    Geslag Manlik 
    Weermag Tussen 24 Mei 1686 en 28 Des 1690  [2
    Soldaat- V.O.C. 
    • Joost Pietersz. het op 24 Mei 1686 saam met sy broer Burgert by die V.O.C. aangesluit as soldaat, by die Kamer Amsterdam. Hulle het daardie selfde dag vertrek met die skip "Huis te Zilverstein" vanaf Texel, Nederland. Die skip was onderweg na Batavia (Indonesië), met 'n stop halverwege aan die Kaap.

      Soldate het in prinsipe geen take aan boord gehad nie, hulle was slegs daar om die Nederlandse vestiginge oorsee te bewaak en te verdedig. Hulle kon wel tydens die reis ingeset word as gevaar gedreig het. Daar was ook ten alle tye 'n soldaat voor die kajuit en voor die konstabel se kamer gestasioneer.

      Joost het geen maandbrief gehad nie, dus het hy niemand agtergelaat wat hy nodig geag het om van sy loon uitbetaal te kry nie.

      Hy het wel 'n skuldbrief gehad waarmee hy self vooruitbetaal is.
    Joost Pietersz: van Isberg
    Joost Pietersz: van Isberg
    Skeepsoldyboek Huis ten Zilversteijn.
    Joost Pietersz: van Isberg (2)
    Joost Pietersz: van Isberg (2)
    Skeepsoldyboek Huis ten Zilversteijn folio 222b
    'n Besoek aan Texel, Nederland
    'n Besoek aan Texel, Nederland
    'n Artikel oor 'n besoek aan Texel, Nederland, waarvandaan die broers Joost en Burgert geseil het.
    'n Uitleg oor die skeepsoldbyboek
    'n Uitleg oor die skeepsoldbyboek
    Meer inligting oor die inhoud van Joost se skeepsoldyrekening.
    Immigrasie 26 Sep 1686  Cape Colony, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [2
    Texel, Netherlands 
    • Joost en Burgert het se seetog was vier maande, vanaf Texel na Cabo de Boa Esperança, oftwel Kaap die Goeie Hoop. Die gebruiklike term vir die vestiging was Cabo of die Kaap; die naam Kaapstad sou eers baie later gebruik word.

      Aan die Kaap het die broers nog tot 1690 vir die V.O.C. gewerk. In watse funksie, is nog nie ontdek nie. Moontlik as soldate wat die Kasteel of ander geboue moes bewaak, of hulle is moontlik as knegte uitgehuur aan van die vryburgers.
    Burgerskap 28 Des 1690  Cape Colony, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [3
    Vryburger 
    • Joost en Burgert het op dieselfde dag hul vryburgskap van die VOC gekry en dit het hulle dus vrygestaan om vir hulself te gaan boer of 'n ambag te beoefen.

      'n Vryburger was nie onder kontrak van die VOC nie, en dus nie onderwerpe aan die sg. "Artikelbrief"nie, waarin die disipline en tug aan die VOC-manskappe opgelê is nie. Hulle was wel steeds onderworpe aan die "plakkate" en wetgewing wat die VOC uitgevaar het. Hulle was nie vry om te handel soos hulle wou nie - die VOC het die monopolie op die handelsware soos vee, graan en wyn beheer. Die owerheid aan die Kaap wás die VOC en alle mannelike vryburgers moes 'n eed afneem waarin hulle trou sweer aan die Nederlandse, Oost-Indiese en Kaapse owerheid.

      Vryburgerskap is deur die VOC as 'n voorreg gesien: Vryburgers wat hulle swak gedra, het die risiko geloop om as "onnut instrument" weggestuur te word.
    Beroep Vanaf 3 Apr 1691  "Compagnie se bosch", Houtbaai, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [4
    Houtkapper 
    • Op Dinsdagoggend, 3 April 1691, het die Politieke Raad (die hoogste gesag van die VOC aan die Kaap de Goede Hoop) vergader. Die lede van die raad was dit eens dat 'n groot deel van die Raad al self benadeel is duer die "slordig en onordentlike" gekapte hout wat beskikbaar is - maar die hout is so sleg bewerk, dat dit nie bruikbaar is nie (dat dit voor die voete van die volk weggevoer moet word).

      Hierdie gebrek aan planke ens. daartoe sou lei dat huise, skure, stalle en ander nodige geboue, nie gebou sal kan word nie.

      Vir 'n geruime tyd al, het niemand aangebied om die gesaagde timmerhout teen vasgestelde pryse uit die Compagnie se bos te lewer nie. Daarom het Joost Pietersz en Borchard Pietersz van Isenberg, broers en vryburgers, woonagtig in die Kaapse distrik, hulle by die vergadering gemeld om toestemming te verkry om in die "Compagnie se bosch" in Houtbaai te gaan houtkap. Dit sou gebeur onder sekere voorwaardes en die kontrak sou vir vyf jaar wees en die hout sou te koop aangebied word aan die inwoners van die Kaapse distrik.

      Na "rijpe raadspleging" is eenstemmig besluit om aan Joost en Burgert se versoek te voldoen. Die kondisies en voorwaardes is as volg:

      1. Dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar, met ingang van vandag, toegelaat sal word om in die Compagnie se bos, in Houtbaai geleë, allerhande timmerhout mag kap, saag en bewerk, volgens hulle diskresie ("so sij des best te raade sullen werden").

      2. Om hierdie voorreg te behou, moet hulle jaarlik aan die Edele Compagnie honderd stuks planken lewer - elk 10 voet lank en ten minste 1 voet breed.

      3. As hulle hierdie voorreg verbeur, hulle jaarliks in die Compagnie se bos drieduisend jong eike bome moet plant (wat uit die Compagnie se "planterie" sal kom).

      4. Die pryse waarteen hulle die hout mag verkoop is deur die Raad vasgestel en die broers mag hierdie prys nie oorskry nie.
    Joost Pieterz van Isenberg
    Joost Pieterz van Isenberg
    Resolusie van die Politieke Raad te Kaap de Goede Hoop
    C. 21 pp 17-23
    Sensus 1692  Kaapstad, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [5
    Jaarlikse sensusopname 
    • Daar is jaarliks twee soorte sensusopnames gewees: die generale monsterrolle en die opgaafrollen. Vir die monsterrolle moes persone fisies na die aangewese plek reis om hulself op te gee, en is slegs die burger se naam genoteer - sommige jare met vrou, ander met vrou en kinders, ander sonder beide. Vir die opgaafrolle is die opstelling van die huishouding genoteer, asook vee, oeste en wapens (klaarblyklik vir belastingdoeleindes).

      Vir die opgaafrol van 1692 het Joost en Burgert saam verskyn as "compagnons", oftwel vennote. Hulle het saam die volgende opgegee:
      2 knegte
      2 pistole
      2 swaarde
      4 gewere (2 snaphane, 2 karbyne)
      2 perde
    Opgaafrol van die Kaap
    Opgaafrol van die Kaap
    Joost en Burgert verskyn bo-aan.

    Die kolomme lees as volg:
    Mannen / Vrouwen / Soonen / Dogteren / Knegten / Slaven / Slavinnen / Slaven kinderen - Jongges / Slaven kinderen - Meijsjes / Pistolen - paren / Wijngaard - stokke / Hoe lange Jaaren 't Land beseten / Tarwe gesaaijd - mudden /Tarwe gewonnen - mudden /
    Rogge gesaaijd - mudden / Rogge gewonnen - mudden / Gerst gesaaijd - mudden / Gerst gewonnen - mudden / Seijd geweer /
    Snaphanen en Carbijnen / Schapen / Varken Bokken en Geijten / Kalveren / Ossen / Paarden / Koeijen /
    Beroep 1693-1694  Houtbaai, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [6
    Vrytimmerman 
    • Hierdie jaarlikse funksies is afkomstig van ander, soortgelyke kontrakte met die V.O.C. waarin Joost knegte huur om hom te help met die houtkappery.
    KAB JC 2870-59
    KAB JC 2870-59
    Joost se kontrak met die V.O.C. waarin hy as vry timmerman 'n kneg (Court Jonghans) huur vir 'n jaar (bladsy 1).
    KAB JC 2870-59
    KAB JC 2870-59
    Joost se kontrak met die V.O.C. waarin hy as vry timmerman 'n kneg (Court Jonghans) huur vir 'n jaar (bladsy 2).
    KAB JC 2870-59
    KAB JC 2870-59
    'n Transkripsie van Joost se kontrak met die V.O.C.
    Ander 17 Des 1695  Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [7
    Slawehandel 
    • Op hierdie datum het Joost die slaaf Kinza (26 jaar oud) gekoop van Theunis Verweij vir Rds. 120.
    Beroep 1695-1696  Houtbaai, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [8
    Baashoutkapper (ten diensten van de Generale Nederlandsche Oostijndische Compagnie) 
    Ander 7 Feb 1696  Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [7
    Slawehandel 
    • Joost het die 16-jarige slaaf Anthony van Madagascar gekoop van Thomas Thornhill. Die prys was Rds 90. Anthony sou tot en met Joost se dood in 1718 vir hom werk.

      Op dieselfde dag het hy ook die slaaf Pieter van Malabar gekoop van Rob Silvastar vir Rds. 80.
    Sensus 1700  Kaapstad, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [9
    Opgaafrol 
    • Joost verskyn in die 1700-opgaafrol met die volgende:
      geen vrou (Catharina Verburg is teen hierdie oorlede - sien onder by familie)
      2 seuns (Burgert en Hendrik)
      2 knegte
      2 slawe
      2 perde
      6 beeste
      1 snaphaan
      1 pistool
      1 degen
    Eiendom 1704  Stellenbosch, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [10
    Nie Plaas Keerweder nie 
    • In 1704 is die eiendomsakte van die plaas Keerweder in die distrik van Stellenbosch aan ene J. van Dijk uitgee. Aangesien Jan Jacobsz. van Dijk teen hierdie reeds oorlede is, is dit maklik om aan te neem dat hierdie plaas dus aan Joost behoort het. In Johannes van der Bijl se "Grondeienaars van Stellenbosch" 1693-1860 (Stellenbosch Museum, 1979) leer mens dat Keerweder in 1704 aan Jan Jacobsz. van Dijk se weduwee behoort het, dus nie aan Joost nie.

      Ons laat die inligting egter hier, omdat ons ook 'n geruime tyd Keerweder as moontlik eiendom hier gelys het. Ander navorsers wat elders die inligting teëkom kan dan ook hier sien dat dit inderdaad inkorrek is.
    Sensus 1709  Kaapstad, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [11
    Opgaafrol 
    • In die opgaafrol verskyn Joost met slegs een seun en geen vrou nie. Dit is nie duidelik watse seun hierna verwys word nie. Burgert was reeds sowat 22 en Hendrik 20 haar oud. Dit word oor die algemeen aanvaar dat Willem nie saam met Joost gewoon het nie. Moontlik dat hierdie dus na Sybrand verwys? Dit is verder nie duidelik of "geen vrou" beteken het dat hy geen wettige vrou gehad het en of daar geen vrou saam met hom gewoon het nie. Met ander woorde, dit is nie duidelik of hy en Helena hier reeds saamgewoon het of nie.

      Verder het hy gehad:
      2 slawe
      6 perde
      40 beeste
      1 snaphaan
      1 degen

      Uit bostaande kan mens aanneem dat Joost nie 'n baie suksesvolle veeboer was nie (vergelyk die opgawes van sy broer Burgert).
    Aansoek 1715-1716  Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [12
    Joost het in hierdie jaar aan die hof gevra dat sy vrou Helena Siewers gehospitaliseer word. 
    • Joost het voor die hof verskyn en verklaar dat hy saamgewoon het met 'n vrou genaamd Helena Siewerts, wat "kranksinnig" geword het. Hy het die Raad gevra om haar by die Hospitaal te laat opneem, op sy onkoste. Hy sou vir hulle kinders sorg en, indien sy gesond word, met haar trou ("door godes zegen van die plage mogte werden verlost, verbint hij sigh haar ten huijsvrouwe te sullen nemen").

      Dit wil blyk of die Raad geen aksie onderneem het nie.

      Watse vorm sou Helena se "cranksinnigheit" aangeneem het - en wie sou die diagnose gemaak het? Gesien dat Andries se doop slegs 'n paar maande vroeër was, is dit moontlik dat postpartumdepressie (ook genoem nageboortedepressie) die oorsaak was, of bygedra het aan 'n bestaande psigiese aandoening. Post-traumatiese stresstoring as gevolg van haar jeug as slavin (waarskynlike fisieke geweld, verkragting, ens.) kan ook as oorsaak gedien het.

      Dit is moontlik dat dit die kerk was wat om hierdie rede nie toestemming wou gee dat Joost en Helena met mekaar kon trou nie. Joost het immers self haar toestand nie as hindernis gesien om hul verhouding voort te sit nie: Helena het die volgende jaar weer swanger geword met hulle laaste kind, Sophia.

      Sien onder vir die oorspronklike hofrekord.
    siewerts, helena 1716 requesten.jpg
    siewerts, helena 1716 requesten.jpg
    Eiendom ± 1700-1718  "Ganzekraal (386)", Swartland, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [13
    'n Opstal 
    • Die begindatum hier is 'n gissing en ons is nog besig met navorsing om uit te vind wanneer Joost die plaas Ganzekraal gekry het.

      Ons weet dat hy ten tye van sy dood 'n opstal op hierdie plaas gehad het (dit verskyn in sy boedelinventaris). Daar is twee Ganzekrale in die Swartland: 'n kleiner plaas (nr. 386) en 'n groter een (nr. 732). Hierdie tweede een het gedien as 'n Buitepos vir die V.O.C. Sommige navorsers het al voorgestel dat Joost hierdie tweede buitepos gehad het, maar dit is uiters onwaarskynlik.

      Daar is al uitgebreid geskryf oor die Buitepos Ganzekraal en die eienaars/bestuurders (onder meer in Dan Sleigh se Buiteposte (HAUM, 1993), sonder enige melding van Joost.

      Dan is dit ook so dat Joost nie 'n grootse boer was nie, dus is dit onlogies dat die V.O.C. hul buitepost aan hom sou toevertrou. Die kleiner Ganzekraal was dan ook slegs een plaas verwyder van sy broer Burgert se plaas, Coenraedenberg. Burgert het Ganzekraal na Joost se dood gekoop - die karige bedrag wat betaal is - Rds. 10 - dui ook meer op 'n stuk land met 'n klein gehuggie, eerder as 'n uitgebreide Buitepos. (Dit sou ook vir Burgert sin maak om eerder 'n plaas oor te neem wat naby sy eie is, om sy weigebied uit te brei.)

      Op die web-bladsy CapeFarmMapper by https://gis.elsenburg.com/apps/cfm/# kan mens die liggings van die Ganzekraal plase, #386 & #732, sien:
      #386 is in die buurt van Burgert se plaas Coenradenberg in die Swartland en #732 wat grens aan die see is die een wat aan die VOC behoort het.
    Cape Farm Mapper
    Cape Farm Mapper
    Eiendom 1716-1718  Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [14
    Huis en erf in Tafelvallei 
    • Dit is nie duidelik wanneer Joost sy huis oorspronklik gekoop het nie, maar dit was waarskynlik dieselfde huis wat in 1720 aan Burgert behoort het - geleë in die Eerste Berg Dwarsstraat. Die straat is tans bekend as St. Georges Straat in Kaapstad.

      Dit is waarskynlik dat die gesin hier gewoon het, en nie op die plaas Ganzekraal nie. Joost en/of slaaf/kneg sou na die Ganzekraal gegaan het om met vee daar te wei.

      In 1716 het Joost sy huis aan Burgert verkoop. Die verkoper se naam word sonder voornaam gelys as Pietersz van Dijk, maar gesien dat die koper Burgert Pietersz van Dijk is, kan ons aanneem dat die verkoper Joost was. (Hulle was immers die enigste Pieterz van Dijks aan die Kaap.) Dit betref 'n huis en erf in Tafelvallei (die eiendom se naam word slegs gegee as H1), en was 0.035 morg oftwel sowat 300m2. Geen bedrag word genoem nie.

      Die transaksie is egter 'n bietjie raaiselagtig: want in 1718 word dieselfde eiendom (H1, 0.035 morg) weer verkoop deur Joost Pz van Dijk aan ene Christiaan Wynands/Wijnarts (prys: 5550 gulden. Hierdie is dieselfde persoon wat in Joost se boedelinventaris en vendurol as die huurder van Joost se huis verskyn. Christaan het 'n aanbetaling van 2700 gulden gedaan.

      Spekulasie: moontlik het Christiaan die huis gekoop, en daar gewoon terwyl hy dit afbetaal het (en was dit nog nie afbetaal teen Joost se dood nie).

      Die huis is weer na Burgert se dood deur sy skoonseun, Andries Mulder gekoop.
    Kaap de Goede Hoop 1760
    Kaap de Goede Hoop 1760
    Eerste Berg Dwarsstraat, tans St Georges Mall, word hier aangegee in geel. Die kaart dateer uit 1760, geel aangebring deur gebruiker.
    Beroep ± 1700-1718  "Ganskraal (386)", Swartland, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [15
    Landbouer 
    • Uit die Opgaafrol van 1700 wil dit blyk  dat Joost opgehou het met houtkap en begin het met boer. Dit is nie duidelik waar hy aan die begin geboer het nie. Ganskraal / Ganzekraal is die plaas waarop hy ten tye van sy dood geboer het.
    Testament 28 Jan 1718  Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [16
    MOOC 7/1/2-92 1718 
    • Joost se testament is op 28 Januarie 1718 opgestel - 'n skamele drie dae voor sy dood. Hy was baie siek en bedlêend; die testament is by sy huis in Tafelvallei opgestel.

      In die testament stel hy sy twee oudste seuns (Burgert en Hendrik) aan as sy "enige en universele erfgename" en laat hy aan Helena 500 Rijksdaalders om sy kinders (wat hulle saam gekry het) op te voed en die "nodige onderhoud" te gee.
    Sterf 1 Feb 1718  Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [17
    Inventaris 15 Jun 1718  Kaapstad, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    MOOC8/3.77 
    • Na Joost se dood is sy boedel deur sy broer geïnventariseer. Die inhoud gee 'n interessante kykie op die gesin se daaglikse lewe.

      Ten tye van sy dood het hy onder andere gehad:
      1 Hoogduyts Gebedeboekje

      1 slaaf: Anthony van Madagascar

      1 paard
      32 beeste
      1 kalwers

      1 snaphaan

      Sien die dokument vir die hele boedelinventaris.
    Inventaris
    Inventaris
    Vendurol 17 Jun 1718  Cabo de Goede Hoop Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    MOOC10/2.2 
    • Hoekom is al Joost se besittings na sy dood verkoop? Dit is duidelik dat hy geen skuld gehad het ten tye van sy dood nie - enige skuld sou in sy boedelinventaris of vendurol gestaan het.

      'n Klein bietjie lig word hierop gewerp in "Household Inventories at the Cape" deur Carohn Cornell en Antonia Malan (2005).

      As Joost nie uitdruklik in sy testament Helena as die voog van sy kinders aangestel het nie (en dit is debateerbaar of hy het of nie), sou die Weeskamer sy eiendom verkoop het om vir sy kinders te sorg. (Helena kon wel aansoek doen om die voog van haar eie kinders te wees.)

      Die Weeskamer het nie fisies self vir die kinders gesorg nie, maar hulle by ander families geplaas. Klaarblyklik eers by familie of vriende van die familie wat gewillig was, of anders as huishulpe of vakleerlinge by ander burgers. Hulle sorg was deur die Weeskamer betaal en enige erfenis is dan ontvang met mondigwording (25 jaar).
    Vendurol
    Vendurol
    Verwysingsnommer SV-PROG 1 
    Begrawe
    Burial Index
    Burial Index
    Persoons ID I535  Van Dyk-stamboom
    Laaste Opgedateer 15 Des 2018 

    Vader Pieter Pietersz,   * Europa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   Ja, datum onbekend 
    Familie-ID F224  Groepsblad  |  Family Chart

    Familie 1 Catharina Verburgh,   * ± 1670,   ± 1700  (Ouderdom ~ 30 jare) 
    Getroud 4 Mrt 1696  Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    • NG Kerk
    Huwelik
    Huwelik
    Kinders 
     1. Burgert van Dyk,   18 Mei 1697, Klein-Drakenstein, Paarl, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   11 Apr 1761, Drakenstein (Paarl), Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  (Ouderdom ~ 63 jare)
     2. Hendrik van Dyk,   * 1699,   Mei 1734  (Ouderdom 35 jare)
    Laaste Opgedateer 6 Okt 2018 
    Familie-ID F218  Groepsblad  |  Family Chart

    Familie 2 Elizabeth van Wyk,   * 1679, Hamburg, Germany Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   1722  (Ouderdom 43 jare) 
    Getroud 1700  Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    • Joost en Elizabeth/Lijsbet het nooit getrou nie, maar 'n buite-egtelike verhouding gehad.
    Kinders 
     1. Willem van Dyk,   24 Apr 1701, Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   ± 6 Okt 1733, Cabo de Goede Hoop Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  (Ouderdom ~ 32 jare)
     2. Johannes van Dyk,   14 Jun 1705, Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek
    Laaste Opgedateer 6 Okt 2018 
    Familie-ID F217  Groepsblad  |  Family Chart

    Familie 3 Helena Siewers,   * ± 1690, Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   Aug 1727, Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  (Ouderdom ~ 37 jare) 
    Getroud ± 1712  Cabo de Goede Hoop Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    Tipe: Engaged 
    Kinders 
     1. Sybrand van Dyk,   * Tussen 1706 en 1712, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   1801  (Ouderdom ~ 95 jare)
     2. Andries van Dyk,   19 Aug 1714, Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   1762, Caledon, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  (Ouderdom ~ 47 jare)
     3. Joost van Dyk,   13 Sep 1716, Stellenbosch, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   Ja, datum onbekend
     4. Sophia van Dyk,   20 Mrt 1718, Cape Town, Kaap, Suid-Afrika Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   < 1727  (Ouderdom ~ 8 jare)
    Laaste Opgedateer 25 Des 2016 
    Familie-ID F215  Groepsblad  |  Family Chart

  • Fotos
    van dijk, joost profielfoto.jpg
    van dijk, joost profielfoto.jpg
    'n Handtekening van Joost, gewysig om naam en van onder mekaar te h?.


    Geskiedenis
    Joost en Burgert van Dyk: hul koms en lewe aan die Kaap
    Joost en Burgert van Dyk: hul koms en lewe aan die Kaap
    Hoe kom dit dat die gegewens van Joost en Burgert in hierdie stamboom so sterk verskil van dít wat in die 1975-Geslagregister verskyn? Hierdie artikel beskryf die twee broers se koms na die Kaap, en die lewens en gesinne wat hulle daar gestig het.
    Van Dyk-stamvaders
    Van Dyk-stamvaders
    Kort beskrywing van die geskiedenis van die verskillende Van Dyk-stamvaders.
    Biografie van Helena Siewertsz.
    Biografie van Helena Siewertsz.
    Helena Siewertsz. was die tweede vrou van Stamvader Joost Pietersz. van Dijk en as sulks een van die Van Dyk-stammoeders.

  • Bronne 
    1. [S45] SAF volume 1-20 (A-Ky), GISA, (Saangestel deur Genealogiese Instituut van Suid-Afrika), SAF 08:585 (Betroubaarheid: 3).

    2. [S55] Huis te Zilverstein: Grootboek en journaal 1686-1687, Nationaal Archief en Spaarnestad Photo, (gahetNA. http://www.gahetna.nl/ : 2010-2017.), (http://www.gahetna.nl/); folio 222; http://www.gahetna.nl/collectie/archief/inventaris/index/zoekterm/voc/eadid/1.04.02/wollig/uit/unitid/5342/volledige-tekst/aan/gebruikersinbreng/aan/aantal/20/node/c01%3A0.c02%3A8.c03%3A1.c04%3A1.c05%3A3.c06%3A0.c07%3A74/level/file#c01:0.c02:8.c03:1.c04:1.c05:3.c06:0.c07:74. (Betroubaarheid: 3).

    3. [S55] Huis te Zilverstein: Grootboek en journaal 1686-1687, Nationaal Archief en Spaarnestad Photo, (gahetNA. http://www.gahetna.nl/ : 2010-2017.), (http://www.gahetna.nl/); folio 222; http://www.gahetna.nl/collectie/archief/inventaris/index/zoekterm/voc/eadid/1.04.02/wollig/uit/unitid/5342/volledige-tekst/aan/gebruikersinbreng/aan/aantal/20/node/c01%3A0.c02%3A8.c03%3A1.c04%3A1.c05%3A3.c06%3A0.c07%3A74/level/file#c01:0.c02:8.c03:1.c04:1.c05:3.c06:0.c07:74. (Betroubaarheid: 4).

    4. [S59] Resolusies van die Politieke Raad, TANAP, ((http://www.tanap.net/content/activities/documents/resolutions_Cape_of_Good_Hope/index.htm)), accessed 9 Oct 2017), C.21 pp17-23. (Betroubaarheid: 4).

    5. [S136] Opgaafrollen/Burgerlyste, column Bron: Familysearch.org; film 8105600, frame 00337, line https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSJG-PSDL-P?i=336&cat=17063; FHL microfilm (Betroubaarheid: 3).

    6. [S56] KAB (Kaapse argiewe), "Pietersz, Joost. Vrytimmerman. Kontrakte.," 1693; File, KAB CJ 2870 59 (Betroubaarheid: 4).

    7. [S138] Slaves and Free Blacks at the Cape 1658-1700, Anna J. Böeseken, (Kaapstad: Tafelberg, 1977.), p.26, 27, 172. (Betroubaarheid: 3).

    8. [S56] KAB (Kaapse argiewe), "Petersen, Joost. Baashoutkapper. Kontrakte," 1695-1697; Lêer, KAB CJ 2872 54 (Betroubaarheid: 4).

    9. [S136] Opgaafrollen/Burgerlyste, FHL microfilm (Betroubaarheid: 3).
      verkry van Gerda Pieterse

    10. [S110] Historical Atlas of South Africa, Eric A. Walker, (N.p.: Oxford University Press, 1922.), p9. (Betroubaarheid: 3).

    11. [S136] Opgaafrollen/Burgerlyste, FHL microfilm (Betroubaarheid: 3).
      verkry van Gerda Pieterse.

    12. [S84] Requesten (Memorials), H.C.V. Leibbrandt Keeper of the Archives, (Cape Town: Cape Times Limited, Government Printers, 1905-1989.), 1230b. (Betroubaarheid: 3).

    13. [S56] KAB (Kaapse argiewe), "Inventaris," 15 Jun 1718; Inventaris, MOOC 8/3.77 (Betroubaarheid: 4).

    14. [S137] Deed's Book, Leonard Guelke and Robert C. H. Shell, (N.p.: New Haven: Opgaaf Project, 1990.), Part 1: 7, 86. (Betroubaarheid: 3).

    15. [S56] KAB (Kaapse argiewe), "van Dijk, Joost Pieterz. Will.," 1718; Testament, KAB MOOC 7/1/2 Ref. 92 (Betroubaarheid: 4).

    16. [S56] KAB (Kaapse argiewe), "van Dijk, Joost Pietersz. Will.," 1718; Testament, KAB MOOC 7/1/2 Ref. 92 (Betroubaarheid: 4).

    17. [S55] Huis te Zilverstein: Grootboek en journaal 1686-1687, Nationaal Archief en Spaarnestad Photo, (gahetNA. http://www.gahetna.nl/ : 2010-2017.), (http://www.gahetna.nl/); folio 222; http://www.gahetna.nl/collectie/archief/inventaris/index/zoekterm/voc/eadid/1.04.02/wollig/uit/unitid/5342/volledige-tekst/aan/gebruikersinbreng/aan/aantal/20/node/c01%3A0.c02%3A8.c03%3A1.c04%3A1.c05%3A3.c06%3A0.c07%3A74/level/file#c01:0.c02:8.c03:1.c04:1.c05:3.c06:0.c07:74. (Betroubaarheid: 3).
      http://proxy.handle.net/10648/6d9cb7f2-5e14-6ac6-dd9d-1a22739812e1