Burger Wynand van Dyk, (W. son)

Burger Wynand van Dyk, (W. son)

Manlik 1867 - 1938  (70 jare)

Persoonlike Inligting    |    Media    |    Bronne    |    Gebeurtenis Kaart    |    Almal    |    PDF

  • Naam Burger Wynand van Dyk  [1
    Agtervoegsel (W. son) 
    Geboorte 24 Mei 1867  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [1
    Gedoop 7 Jul 1867  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [1
    Geslag Manlik 
    Testament 30 Jul 1899  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [2
    • Hy verklaar dat sy vader Wessel van Dijk en sy vrou Anna Catharina van Dijk (gebore van Dijk) is.
    Testament-1899
    Testament-1899
    Woonplek 28 Mei 1918  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [3
    Barry Straat 
    • Teken sy vrou se SK
    Beroep 1919  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [3
    "Carpenter" 
    • Hy is die BW van Dyk, meubelmaker van Barrystraat, Robertson.
    BW meubels
    BW meubels
    Verwysingsnommer g1 
    Testament 8 Sep 1934  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [4
    Testament- 1934
    Testament- 1934
    Sterf 24 Feb 1938  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [5
    Oorsaak: Hyperpiesis/Bright's disease 
    • Barrystraat
    Aangifte van 'n Sterfgeval
    Aangifte van 'n Sterfgeval
    Death Notice
    Death Notice
    Boedel
    Boedel
    Begrawe 25 Feb 1938  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  [6
    • van Dyk, Burger Wynand
      Born:
      Died:
      Buried: N G Moedergemeente - Register, Robertson, District Robertson, Western Cape, RSA
      Note: Burger Wynand van Dyk. Robertson. Ouderdom 70. Begrafnisdatum 25.2.1938
    Notas 
    • Sy testament sê hy is die seun van Wessel van Dyk: "Wij Burger Wijnand van Dijk, seun van Wessel van Dijk, en Anna Catharina van Dijk (geboren van Dijk)"
      Dit blyk dat sy seun, ook Burger Wynand in 1938 verkeerdelik sy grootouers aan moederskant, (Burger Wynand van Dyk en stiefmoeder, Margaretha Maria Magdalena Geldenhuys) as sy vader se ouers aangegee het op sy sterfkennis.
      Die seun se oupa (ook Burger Wynand) is oorlede toe hy 15j oud was en sy stiefouma toe hy 29j was, sy vader se grootouers kon hy nie ken nie aangesien hulle oorlede is voor sy geboorte in 1908.
      Sy skoonpa (Burger Wynand 1844-1923) se testament sê ook hy is die seun van Wessel.
    • (Research):Wilhelm van Dyk 2017-10-05
      BW van Dyk - Meubelmaker (19de eeu)
      So lees ek mos eendag 'n blog raak oor 'n ene Burgert Wynand van Dyk wat meubels gemaak het hier by die 19de eeu rond in Barrystraat, Robertson. Ek self is nie 'n versamelaar nie, maar blykbaar is sy werk deesdae baie gesog. U kan die artikel HIER lees, maar ek rig net u aandag op die volgende uitreksel:
      "Burgert Wynand van Dyk was born in Bredasdorp in the Overberg region of the Western Cape on 9 July 1842. He died in 1930 in Winburg, the oldest proclaimed town in what is now, Freestate Province."
      Aangesien dit nuus was vir my, het ek begin om die feite na te gaan en vir Burgert W. *1842 gekry in die offisiële registers as volg:
      f1 Burgert Wynand * 9.7.1842 Bredasdorp 14.8.1842 † c.1930 x Elizabeth Susanna WESSELS  xx 16.1.1894 Anna Catharina Sophia VAN DYK * 25.12.1873
      Daar is ook 'n foto van Burgert en sy 1ste vrou, Elizabeth WESSELS in die gedrukte uitgawe van die 1975 Van Dyk boek met die volgende onderskrif:
      "Burgert W. van Dyk (meubelmaker, Robertson) *9 Julie 1842 en sy eerste eggenote Elizabeth S. (Wessels)"
      Ek het begin wonder, wat sou die mense nou eintlik in die Vrystaat gaan maak het as hulle 'n suksesvolle besigheid in die Overberg gehad het, alhoewel daar 'n paar Van Dyk gesinne soontoe verhuis het waarvan ek weet?
      Hulle drie kinders (waarvan ons weet) is dan ook gedoop in die NG Kerk Winburg, 1870, 1877 & 1879, waar het hy tyd gekry vir meubels maak in die Kaap?

      Verdere ondersoek kry toe vir Elizabeth WESSELS in die SAG registers:
      h2 Elizabeth Susanna † "Belmont", dist. Kroonstad 17.9.1906  x Winburg, Burgert Wynand VAN DYK
      ...maar die 2de vrou, Anna Catharina Sophia VAN DYK was nêrens te vinde nie, totdat ek op haar SK afgekom het:
      Anna Maria Sophia VAN DIJK 1873-1918 (d.v. Burger Wynand VAN DYK en Anna Sophia VAN GRAAN) oorlede in "Barrystraat" Robertson, getroud met Burger Wynand VAN DIJK (W.son)
      Dit blyk toe dat Anna met 'n heel ander Burger Wynand getroud was en sy SK bevestig dat hy ook oorlede is in Barrystraat, Robertson in 1938, maar wat ek van meer belang beskou is dat sy beroep aangegee word as "carpenter" op sy, sowel as Anna se SK's en in sy testament bemaak hy al sy "timmerman gereedskap" aan sy een kleinseun!

      Die "verkeerde" Burgert Wynand, gebore 1842 in Bredasdorp, (SK nog soek) was wel 'n tweede maal getroud in Kroonstad op 27 Apr 1908, maar met 'n Barbara Jacoba Catharina ENGELBRECHT *c.1852 en op daai huwelik inskrywing word Burgert se beroep aangegee as 'n boer van "Paarden Plaatz"
      Dit wil voorkom of dié BW en sy oorblywende familie na die skielike dood van hul vader Gabriël Johannes in 1864 by Potberg, Swellendam in 'n skietongeluk, besluit het om Vrystaat toe getrek.

      Ek het dus tot die gevolgtrekking gekom dat die Burgert Wynand waarvan die registers praat, nie die BW is wat die meubels gemaak het nie, maar dat die meubelmaker wel Burger Wynand *24 May 1867 was.
      Die vraag ontstaan nou of die foto waarna ek verwys het, wel BW *1842 & Elizabeth Wessels is of dalk BW *1867 & Anna van Dyk. Sonder meer inligting van waar die foto vandaan kom, wil ek nie 'n raaiskoot probeer nie, maar die tannie lyk vir my na 'n WESSELS! (Ek hoop nie ek trap op tone met daai stelling nie)
    Persoons ID I5951  Van Dyk-stamboom
    Laaste Opgedateer 27 Jan 2018 

    Vader Wessel Jurie van Dyk,   * 9 Des 1843,   13 Mei 1890, "Vinkrivier", Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  (Ouderdom 46 jare) 
    Moeder Elsje Catharina Petronella Fouché,   * Bereken 18 Nov 1848, Swellendam, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   7 Aug 1883, Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  (Ouderdom ~ 34 jare) 
    Getroud 31 Jul 1866  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    Familie-ID F755  Groepsblad  |  Family Chart

    Familie Anna Catharina Sophia van Dyk,   * 25 Des 1873, "Vinkrivier", Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek,   23 Mei 1918, Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek  (Ouderdom 44 jare) 
    Getroud 16 Jan 1894  Robertson, Cape, South Africa Soek alle individue met gebeure by hierdie plek 
    Kinders 
     1. Wessel Jurie van Dyk,   * 10 Okt 1894,   Ja, datum onbekend
     2. Anna Sophia Margaretha van Dyk,   * 1 Okt 1902,   < 1938  (Ouderdom 35 jare)
     3. Burger Wynand van Dyk,   * 17 Mrt 1908,   26 Sep 1966  (Ouderdom 58 jare)
    Laaste Opgedateer 13 Nov 2016 
    Familie-ID F762  Groepsblad  |  Family Chart

  • Gebeurtenis Kaart
    Koppel aan Google MapsGeboorte - 24 Mei 1867 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsGedoop - 7 Jul 1867 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsGetroud - 16 Jan 1894 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsTestament - 30 Jul 1899 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsWoonplek - Barry Straat - 28 Mei 1918 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsBeroep - "Carpenter" - 1919 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsTestament - 8 Sep 1934 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsSterf - Oorsaak: Hyperpiesis/Bright's disease - 24 Feb 1938 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
    Koppel aan Google MapsBegrawe - 25 Feb 1938 - Robertson, Cape, South Africa Koppel aan Google Earth
     = Koppel aan Google Earth 

  • Geskiedenis
    Burgert Wynand - Meubelmaker in die 19de eeu
    Burgert Wynand - Meubelmaker in die 19de eeu
    Twee persone met die naam Burger(t) Wynand, één inskrywing in die geslagregisters. Wie was nou werklik die bekende meubelmaker aan die Kaap. En van wie is die foto in die Van Dyk-geslagregister?

  • Bronne 
    1. [S45] SAF volume 1-20 (A-Ky), GISA, (Saangestel deur Genealogiese Instituut van Suid-Afrika), SAF 08 bl.663 (Betroubaarheid: 3).

    2. [S72] Dokumente en fotos in hand, (Bronne verkry vanaf FamilySearch, eGGSA grafstene en TNG gebruikers.), Vrou se boedel (Betroubaarheid: 3).

    3. [S72] Dokumente en fotos in hand, (Bronne verkry vanaf FamilySearch, eGGSA grafstene en TNG gebruikers.), Vrou se sterfkennis (Betroubaarheid: 3).

    4. [S72] Dokumente en fotos in hand, (Bronne verkry vanaf FamilySearch, eGGSA grafstene en TNG gebruikers.), Boedel (Betroubaarheid: 3).

    5. [S72] Dokumente en fotos in hand, (Bronne verkry vanaf FamilySearch, eGGSA grafstene en TNG gebruikers.), Sterfkennis (Betroubaarheid: 3).

    6. [S47] Begraafplaasprojek DVD - weergawe 14.0, GISA, (Genealogiese Genoodskap van Suid-Afrika).