Hier verskyn vrae wat ons al ontvang het. As u vraag nie hier verskyn nie, neem asseblief met ons kontak op.

1. Hoe kan ek vind waarna ek soek?

Daar is 'n aantal maniere om inligting te soek. Die twee maklikste manier is die "Soek"-funksie (bo-aan, in die kieslys),vir 'n spesifieke van of naam, of kliek bo-aan op een van die stamvaders om deur hulle bome te snuffel.

2. Hoe sien ek 'n gekose persoon se voorsate/nageslag?

As jy op 'n persoon (individu) se profielblad is, is daar 'n aantal opsies ("tabs" of oortjies) om uit te kies: naas "individu" is daar "familie", "voorouers", "nageslag" en nog meer, wat elk verskillende inligting vertoon. Let wel, dit is ook moontlik om die aantal generasies wat getoon word te wysig.

3. Hoekom is my persoonlike inligting nie hier nie?

Vir persone wat lewe publiseer ons slegs hul name - geen ander feite nie. Dit is om die privaatheid van hierdie persone te beskerm.

4. Hoe kan ek inligting/korreksies van my voorsate aan julle stuur?

Asseblief. Kliek op die kiesbalk regs op "info", en dan onderaan op "Kontak ons" of kliek hier. Op elke persoon se profielblad, is daar ook 'n opsie "Stel voor", waarmee opemerkings of korreksies vir daardie spesifieke persoon deurgestuur kan word.