Notes


Matches 2,151 to 2,200 of 9,118

      «Prev «1 ... 40 41 42 43 44 45 46 47 48 ... 183» Next»

 #   Notes   Linked to 
2151 Hy was 'n Hollandssprekende Afrikaner volgens sy sterfkennis. van Dyk, Gert Jacobus (I4071)
 
2152 Hy was 'n wewenaar ten tye van hul huwelik. Family: Jacob Johannes Pienaar / Anna Johanna Jacoba van Dyk (F9756)
 
2153 Hy was aan diens by die Militêre Polisie tydens die voorval. van Dyk, O. Korp. Lourens Christoffel Jacobus (I6934)
 
2154 Hy was bekend as Michiel Casparus (grafsteen), MC of ook Emsee van Dyk, maar hy was net Michiel gedoop. van Dyk, Michiel Casparus (I64)
 
2155 Hy was blind vanaf die ouderdom van 12 jaar. van der Berg, Georg Willem (I10517)
 
2156 Hy was Burgert se oorlede broer Adam se seun. van Dyk, Johannes Burgert (I835)
 
2157 Hy was n geskeide persoon by sy tweede huwelik. Family: Henry Thomas van Dyk / Maria Jacoba Faulman (F3151)
 
2158 Hy was reeds oorlede by die doop van sy dogter. van Zyl, Dirk Marthinus Johannes (I3916)
 
2159 Hy was reeds oorlede toe sy seun Johannes Hendrik gedoop is. van Dyk, Johannes Hendrik (I5006)
 
2160 Hy was waarskynlik 'n brandweerman, omdat hy sy adres gee as "Central Fire Station" in sy vrou se boedel. Higgins, George Albert (I13148)
 
2161 Hy was waarskynlik getroud met G.C.E. van Dyk *1928 en nie die een soos in SAF 08:612 van 1912 nie. Breytenbach, Jacob Johannes (I7976)
 
2162 Hy was waarskynlik n VAN WYK, verkeerdelik aangegee in SAG vol.15:306 as 'n VAN DYK. van Wyk, Willem Johannes (I6513)
 
2163 Hy word benoem in sy suster se testament van Dyk, Hendrik Johannes (I10328)
 
2164 Hy word genoem in Jurie J. H. van Dyk en Helena I.M.E. de Wit se testament as die seun van die vrou, hul erfgenaam. de Wit(t), Johannes Petrus Louw (I5946)
 
2165 Hy word genoem op die SK van sy vrou se tweede man (vDyk), twee kinders. Human, Dirk Cornelius (I3840)
 
2166 Hy word hier geplaas aangesien die moeder se vader Abraham ANTONISSEN was. van Dyk, Abraham (I6224)
 
2167 Hy word nie aangedui op sy moeder se Inventaris nie, maar wel in SAG Slabbert, Floris (I3888)
 
2168 Hy word nie aangedui op sy moeder se SK nie. van Dyk, Nicolaas Johannes (I1639)
 
2169 Hy word nie genoem in sy pa se sterfkennis wat uit Oktober 1914 dateer nie. Waarskynlik is hy oorlede sonder enige erfgename, want sy susters wat ook voor hierdie datum oorlede is, se erfgename word wél genoem. de la Rey, Jacobus Hercules (I26715)
 
2170 Hy word op sy ma se sterfkennis as "oorlede " beskryf, maar geen datum word gegee nie. Steyn, Gabriel Johannes (I30594)
 
2171 Hy word op sy ma se sterfkennis as "oorlede" beskryf, maar geen datum word gegee nie. Steyn, Theunis Lodewyk (I30592)
 
2172 I sy grafkelder op perseel waar NGK Stellenbosch-Noord
nou staan 
van der Byl, Gerhard (I3690)
 
2173 I vennootskap met Johannes van Eeden Greeff, Matthias SV-Prog (I2583)
 
2174 ID 100 794686 / DOB 11-10-1894 / Formula listed ID as valid Binneman, Alida Hendrika Petronella (I2113)
 
2175 At least one living or private individual is linked to this note - Details withheld. Living (I2911)
 
2176 ID# Etsebeth, Elizabeth (I8738)
 
2177 Iets is verkeerd met die huwelik en haar geboorte datum. van Dyk, Aletta Maria (I5234)
 
2178 In 1700 het Joost in die Opgaafrol van die Kaap verskyn, met die volgende:

2 seuns [Burgert en Hendrik]
2 knegte
2 slawe (mans)
2 perde
6 beeste
1 snaphaan
1 pistool
1 degen 
van Dyk, Joost Pietersz SV-Prog 1 (I535)
 
2179 In 1704 is die eiendomsakte van die plaas Keerweder in die distrik van Stellenbosch aan ene J. van Dijk uitgee. Aangesien Jan Jacobsz. van Dijk teen hierdie reeds oorlede is, is dit maklik om aan te neem dat hierdie plaas dus aan Joost behoort het. In Johannes van der Bijl se "Grondeienaars van Stellenbosch" 1693-1860 (Stellenbosch Museum, 1979) leer mens dat Keerweder in 1704 aan Jan Jacobsz. van Dijk se weduwee behoort het, dus nie aan Joost nie.

Ons laat die inligting egter hier, omdat ons ook 'n geruime tyd Keerweder as moontlik eiendom hier gelys het. Ander navorsers wat elders die inligting teëkom kan dan ook hier sien dat dit inderdaad inkorrek is. 
van Dyk, Joost Pietersz SV-Prog 1 (I535)
 
2180 In 1709 het Joost in die Opgavenrol verskyn met die volgende

1 seun (Burgert was teen hierdie tyd sowat 12 en Hendrik 9-10. Slegs een van hulle het dus by Joost gewoon. Dis waarskynlik dat die Weeskamer een van die twee by 'n ander persoon geplaas het.

Burgert verskyn self met drie seuns in 1709, maar met 4 in 1712. Dit kan óf sy vier seuns Matthys, Adam, Burgert (jr) en Tobias wees, of - afhangend van wanneer Matthys gesterf het (êrens ná 12.07.1712) en die opname was - kon dit drie van sy seuns + een van Joost se seuns gewees het.
 
van Dyk, Joost Pietersz SV-Prog 1 (I535)
 
2181 In 1718 het Burgert (op skaars 20-21 jaar) 'n plaas gekoop met die naam Hoop in die Drakenstein-distrik. Die plaas het aan die Weduwee Louw behoort, wat dit aan Burgert verkoop het vir 4000 gulde. Die plaas was 43,435 morg groot, oftewel sowat 37.203 hektaar. van Dyk, Burgert (I570)
 
2182 In 1753 het Tobias voor die Raad verskyn en versoek om 'n stuk grond langs sy plaas aan die Mosselbankrivier aan sy plaas te voeg.

"asks for a piece of land adjoining his farm at the Mosselbanks Rivier, 2 morgen and 340 sq. roods in extent. Diagram annexed, showing that the plot is bounded on the N. by Gerrit v. Nieuwkerckens fontein, on the E. by the Joostenberg, on the S. by the Unoccupied Veld, and on the W. by the Mosselbanks Rivier. (No. 74)"" 
van Dyk, Tobias (I1246)
 
2183 In 1756 het Burgert Christiaan die plaas Lucasfontein saam met die weduwee van Hendrik Greef (waarskynlik Susanna van Hoeven) in lening gehad, maar sy het haar porsie heeltemal verwaarloos. Burgert Christiaan het die hof versoek om die hele plaas aan hom te gee; hy is bereid om die koopsom - Rds 80 - en rekognisiegelde - Rds 24 - te betaal. van Dyk, Burgert Christiaan (I1019)
 
2184 In 1942, his only surviving son, Wessel Gerhardus, signed his DN in Caledon, presumably for an inheritance. van Dyk, Lodewyk August (I1230)
 
2185 In al die dokumentasie sovêr word hy Josef genoem en nie Joseph nie. van Dyk, Joseph Sybrand (I7103)
 
2186 In baie gepubliseerde geslagsregisters verskyn Augusta Anna Catharina van Dyk met twee gades: Theunis Jacobus Botha en Hermanus J. Breedt.

Hierdie tweede man is inkorrek: Augusta Anna Catharina het as "jongedochter" in 1919 met Theunis Jacobus Botha getrou (sy was dus nog nie voorheen getroud gewees nie). Na die paartjie se skeiding in 1950, het sy nie weer getrou nie. 
Family: Theunis Jacobus Botha / Augusta Anna Catharina van Dyk (F496)
 
2187 In die 1709-opgaafrol verskyn Burgert met sy vrou Helena en vier kinders: 3 seuns (Matthys, Adam en Burgert) en 1 dogter (Susanna). Sien "Familie" onder vir meer inligting.

Verder verskyn hy met die volgende:
2 slawe
1 slavin (moontlik Helena Siewerts)

6 perde
80 beeste
800 skape
4 varke
4000 wingerdstokke

5 mud gesaaide koring
120 mud geoesde koring
4 mud gesaaide rogge
4 mud gesaaide gars
50 mud geoesde gars

1 snaphaan
1 pistool
1 degen
 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
2188 In die 1984-KSL is haar vorige Van aangegee as VAN DYK Botes, Christina Johanna (I8717)
 
2189 In die aangehaalde bron verskyn sy as "Doctor". Alhoewel dit moontlik is dat daar na haar man se beroep verwys word (soos in sommige burokratiese dokumente die geval is), verskyn ander vrouens hier wel as "H'wife", én het haar man ook nie saam met haar gereis nie.

Dit is nie duidelik of hulle tydelik in die Verenigde Koninkryk gewoon het, of miskien slegs op vakansie/familiebesoek was nie. 
Anderson, Dr. Catherine Jean (I18801)
 
2190 In die dooprekord van sy kleinseun John Addey Russouw (seun van Maria Christina Magdalena van Dyk) word genoteer dat Jan Christiaan Bam "op kommando" is. Dit is nog nie duidelik waarna verwys word nie. van Dyk, Jan Christiaan Bam (I4977)
 
2191 In die enigste bron (tot op hede) wat na hierdie persoon verwys lyk dit asof sy naam "Joppie " is. As mens goed kyk, is dit egter duidelik dat die amptenaar wat die dokument ingevul het se a's almal soos o's lyk.

Dit is nog nie bevestig dat hy die seun van Wessel Jurie van Dyk en Gertruida Petronella Badenhorst is nie. Ons weet egter uit verskeie rekords (soos hulle een dogter Elsje Catharina Petronella se huweliksrekord) dat die gesin op Vinkrivier gewoon het (waar Japie oorlede is).

Op die "Vorm van Kennisgeving van een Sterfgeval", verskyn sy ma se naam as "Ella van Dyk". "Ella " kon Gertruida Petronella se noemnaam gewees het. 
van Dyk, Japie (I29619)
 
2192 In die familiebybel waarin haar geboorte opgeteken is, het 'n tweede persoon dekades later die sterfdatums van verskeie familielede ingevul. Ek vermoed sterk dat die sterfdatum wat vir Anna Elisabeth Frederika du Plessis *12.11.1884 gegee is, eintlik dié van haar eendersgenaamde suster is - Anna Elisabeth Frederika du Plessis *1890. Daar verskyn dan ook by die jonger suster geen sterfdatum nie.

Dit was gewoonte om, indien 'n kind vroeg sterf, hul naam te gebruik vir die eersvolgende kind van dieselfde geslag. Aangesien die eerste dogter ná Anna Elisabeth Frederika dieselfde naam gehad het, is dit waarskynlik dat dit die ouer dogter is wat gesterf het en dat haar suster, wat na die afsterwe gebore (of in elk geval gedoop) is, haar naam gekry het. 
du Plessis, Anna Elisabeth Frederika (I30618)
 
2193 In die familiebybel waarin haar geboorte opgeteken is, het 'n tweede persoon dekades later die sterfdatums van verskeie familielede ingevul. Ek vermoed sterk dat die sterfdatum wat vir Anna Elisabeth Frederika du Plessis *12.11.1884 gegee is, eintlik dié van haar eendersgenaamde suster is. Daar verskyn dan ook by die jonger suster geen sterfdatum nie.

Dit was gewoonte om, indien 'n kind vroeg sterf, hul naam te gebruik vir die eersvolgende kind van dieselfde geslag. Aangesien die eerste dogter ná Anna Elisabeth Frederika dieselfde naam gehad het, is dit waarskynlik dat dit die ouer dogter is wat gesterf het en dat haar suster, wat na die afsterwe gebore (of in elk geval gedoop) is, haar naam gekry het. 
du Plessis, Anna Elisabeth Frederika (I30617)
 
2194 In die huweliksregister word hy as 'n wewenaar beskryf. Vermoedelik is sy eerste vrou tydens die ABO oorlede. Family: Andries Francois van Dyk / Susara Aletta Maria Jonker (F9642)
 
2195 In die joernaal van 1709 word verwysing gemaak na 'n straatgeveg, maar dit word nie gemeld of dit in Kaapstad of Stellenbosch was nie. Ek vermoed die eerste. Tydens die geveg het ene "Dolle Dries" in die hoek van die Nuwe Markplein gaan staan, "at the corner house ... belonging to Matthijs Greeff. " Greeff, Matthias SV-Prog (I2583)
 
2196 At least one living or private individual is linked to this note - Details withheld. Living (I8922)
 
2197 In die monsterrol van 1702 word sy vrou gelys as:
Annetje Jansz wede van Jan Jacobsz van Dijck.
Die transkribeerder (Richard Ball) noem dat die lys op 23 Januarie 1702 opgestel is. 
van Dyk, Jan Jacobsz (I11977)
 
2198 In die woorde van sy seun, Sarel Johannes: (ABO vraelys van 1949)

"Op 2 November 1901 het ons ou plaas jong een dag in die veld gestap, en het hy my vader aangetref met 'n koeël wond by die nek in en agter uit, hy was toe reeds dood, die jong het toe vir my ma die treurige nuus kom meedeel. My ma en twee susters en 'n paar kaffers het hom toe daar gaan haal en begrawe, in 'n beesvel.

'n Rukkie na die voorval het ons toe uit vertroudbare bronne, dat dit my swaer, Willem Roos "Kakie Ridder" [man van Cornelia Maria] , was wat hom dood geskiet het. Die seker persoon en Roos het saamgewerk, en Roos het dit aan hom vertel.

Daar was toe ook nog 'n "Beef" blok in sy mond gedruk. " 
van Dyk, Frans Johannes (I4785)
 
2199 In haar huweliksinskrywing x Goodchild, word sy as geskei beskryf. Family: Np. Np. / Elizabeth Mary Thackwray (F12803)
 
2200 In haar pa se boedelinventaris van 19.01.1729 word sy as 5 jaar oud beskryf. de Swart, Susanna (I14069)
 

      «Prev «1 ... 40 41 42 43 44 45 46 47 48 ... 183» Next»