Andries Nicolaas van Dyk

Andries Nicolaas van Dyk[1]

Male 1780 - Yes, date unknown


Personal Information    |    Notes    |    Sources    |    All    |    PDF

  • Name Andries Nicolaas van Dyk
    Christening 26 Sep 1779  Stellenbosch, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location  [2
    • Moontlike doop inkrywing.
    Birth CA 1780  Cabo de Goede Hoop Find all individuals with events at this location  [1, 3
    Gender Male
    Will 22 Mar 1853  Caledon, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location  [4
    Address:
    Graauwheuwel (3) 
    Occupation Bef 1868  Caledon, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location  [5
    Agricutural Farmer 
    Reference Number Ongekoppeldes 
    Residence Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location 
    Address:
    Zoutrivier (37) 
    _COLOR
    _FSFTID LHT1-CWX 
    _UID 2BD506D55A08457DA211FB50644D53262733 
    Death Yes, date unknown 
    Person ID I200  Van Dyk-stamboom
    Last Modified 22 Jan 2024

    Father Andries Christiaan van Dyk,   c. 30 Dec 1753, Stellenbosch, Kaap, South Africa Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
    Relationship Adopted
    Family ID F5134  Group Sheet  |  Family Chart

    Family Johanna Catharina van Dyk,   b. CALC 10 Oct 1787, Caledon, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. 10 Oct 1868, Caledon, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 81 years)
    Marriage 2 Nov 1806  Stellenbosch, Kaap, South Africa Find all individuals with events at this location  [6
    Huwelik- Uitknipsel
    Huwelik- Uitknipsel
    "Andries Nicolaas van Dyk van Cabo de Goede Hoop
    burger alhier Jongman met Johanna Catharina van Dyk
    van Cabo voornt: Jonge Dogter"
    Huwelik
    Huwelik
    Huwelik register
    Huwelik register
    Children 
     1. Jurie Johannes van Dyk,   b. 2 Sep 1807, Caledon, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. 4 Jul 1883, Caledon, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 75 years)
     2. Maria Magdalena van Dyk,   b. 2 Sep 1809, Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     3. Andries Nicolaas van Dyk,   b. 9 Apr 1812, Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. 19 Jun 1896, Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 84 years)
     4. Michiel Burgert van Dyk,   b. 23 May 1813, Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. 20 Jan 1899, Riviersonderend, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 85 years)
     5. Petrus Johannes van Dyk,   b. 1 Sep 1816   d. 10 Jun 1885, Jacobsdal, Vrystaat, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 68 years)
     6. Hendrik Wilhelmus van Dyk, i,   b. 14 Sep 1819   d. Bef 1828 (Age < 8 years)
     7. Christina Johanna Elizabeth van Dyk,   b. 27 Feb 1823   d. 25 Dec 1914, Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 91 years)
     8. Johannes Hendrik van Dyk,   b. 6 Jun 1826
     9. Hendrik Wilhelmus van Dyk, ii,   b. 15 Sep 1828, Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. 3 Dec 1876, Bredasdorp, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 48 years)
    Family ID F96  Group Sheet  |  Family Chart
    Last Modified 22 Aug 2026

  • Notes 
    • Andries Nicolaas se herkoms verander n.a.v. die bron wat jy naslaan. Sommige, soos die Suid-Afrikaanse Familieregister (8:689), vermeld dat hy 'n aparte stamvader is, afkomstig van "Holland". Ander, soos die Suid-Afrikaanse Geslagregisters (2:263), vermoed 'n Suid-Afrikaanse herkoms, maar is onseker oor sy ouers (en stel Jurgen Johannes van Dyk en Christina Geertruy Niemand voor, wat sou beteken dat hy uiteindelik met sy suster getroud was).

      Andries Nicolaas is in wel in Suid-Afrika gebore, sy huweliksinskrywing (2.11.1806 te Stellenbosch) vermeld Cabo de Goede Hoop en ook sy testament (KAB MOOC 7/1/300, 1853) verklaar Anderies Nicolaas Van deijk Sinior, en Mejuffrouw Johanna Cathariena van dijk, beide van dezin Lande Geboorin.

      Dat dit hier om 'n "nuwe" stamvader gaan, is dus inkorrek. Maar wié was dan sy ouers?

      Op sy skoonmoeder se sterfkennis (KAB MOOC 1073/1835) word gemeld dat haar dogter Johanna getroud is met Andries Nicolaas van Dyk, Andries se seun (And.'s son). Sy pa was dus ook 'n Andries van Dyk. Ons vermoede is dat dit hier om 'n onegte kind gaan van Andries Christiaan van Dyk - hy is die enigste Andries van Dyk wat in daardie tyd op die regte ouderdom was om 'n kind te hê. (Die enigste ander kandidaat is Jurgen van Dijk en Andries Christiaan se pa - ook genaamd Andries - maar hy was teen hierdie tyd reeds oorlede.)

      Daar is egter geen inskrywing vir 'n Andries Nicolaas van Dyk in ongeveer 1780 nie.

      Daar is wel 'n onegte kind met die naam Andries Nicolaas op 26 September 1779 in Stellenbosch gedoop. Die moeder word gelys as Johanna Catharina Meijhuijzen, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat sy die moeder was. Johanna Catharina Meijhuizen was die moeder van Christina Margaretha Geertruy Niemand - Andries Christiaan se skoonsuster en uiteindelik Andries Nicolaas se skoonmoeder. Die betrokke takke van die Meijhuijzens, Niemands, Van Dyks en ook 'n Swart-tak het blykbaar naby mekaar gewoon en met mekaar gesosialiseer. Daar is verskeie huwelike tussen hierdie families.

      Johanna Catharina Meijhuijzen was 'n 60-jaar oue weduwee toe die onegte Andries Christiaan gebore is. Dit is hoogs onwaarskynlik dat sy teen hierdie tyd nog 'n kind gebaar het, maar eerder dat sy aangebied/besluit het om die kind as hare te doop - moontlik om 'n ongehude moeder (en haar familie) verleentheid te spaar. Haar 1771-testament (KAB MOOC 7/1/28 60/1781) verwys ook na twee ander aangenome kinders: Johannes Andries Swart en Michiel Hendrik Heyns.

      Die getuies op hierdie onegte Andries Nicolaas se doop, was:
      Nicolaas Swart en Jacomina Bijer: 'n getroude paartjie en vriende van die familie
      Jurgen van Dijk en Christina Geertruij Margaretha Niemand: Me. Meyhuizen se dogter en skoonseun en Andries Christiaan se broer en skoonsuster.

      Die laaste getuie op die doop was: Andries van Dyk. Soos reeds bo genoem, is Andries Christiaan die enigste Andries wat op hierdie tydstip pas.

      Dit lyk dus waarskynlik dat hierdie onegte Andries Nicolaas en Andries Nicolaas van Dyk dieselfde persoon is, waarvan Andries Christiaan die vader is.

      Ons vermoede word versterk deur die twee volgende feite:

      Op 8.11.1787 het 'n ongetroude Dina Margaretha Swart (die dogter van bogenoemde Nicolaas Swart) haar onegte kind, Johannes Andries, laat doop. Sy het beweer dat die vader Andries Christiaan van Dyk is. (Wat aandui dat Andries Christiaan ten minste een keer 'n ongehude vrou swanger gemaak het, 'n tweede (vroeër) keer, is dus meer moontlik.)

      Op die doop van Andries Nicolaas en Johanna Catharina se eerste seun, Jurie Johannes, op 5.10.1807, verskyn die volgende getuies:

      Michiel Burgert van Dyk (Johanna Catharina se broer)
      Christina Geertrui Niemand (Johanna se ma)
      Maria Magdalena van Dyk (Johanna se suster)
      en Andries Christiaan van Dyk.

      Om ons vermoedens te bevestig, het ons 'n DNS-toets bestel vir 'n afstammeling van Andries Nicolaas. Ons is reeds in besit van 'n kopie van die DNS-uitslae van 'n afstammeling van Joost. As die twee ooreenkom, sal dit bewys dat Andries Nicolaas 'n nasaat van Joost van Dyk, en dus ook Andries Christiaan van Dyk, is.

      (Met dank aan Dirk le Roux, wie baie van die leidrade verskaf het.)

  • Sources 
    1. [S45] SAF volume 1-20 (A-Ky), SAF 08:689.

    2. [S454] FamilySearch (skakels), https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:VFRB-BMS.

    3. [S72] Dokumente en fotos in hand, Huwelik- Uitknipsel.

    4. [S72] Dokumente en fotos in hand, MOOC 7-1-300.

    5. [S72] Dokumente en fotos in hand, Sien sy vrou se sterfkennis.

    6. [S72] Dokumente en fotos in hand, Huwelik.