Helena Siewers

Helena Siewers

Female 1690 - 1727  (37 years)


Personal Information    |    Sources    |    All    |    PDF

  • Name Helena Siewers
    Birth CA 1690  Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location  [1, 2, 3
    • Helena is ca 1715-1716 vrygestel van slawerny. Sover my kennis sterk, was dit nie moontlik om 'n slaaf voor sy 22ste lewensjaar vry te stel of vry te koop nie, wat 'n geskatte geboortejaar gee van nie later as 1694 nie. Gesien dat haar eerste kind, Sybrand, êrens tussen 1706 en 1712 gebore is (vermoedelik nader aan 1712 as 1706), gebruik ons 'n geskatte geboortejaar van 1690.

      Op 18 Junie 1690 is 'n slawekind Helena gedoop aan die Kaap:

      Den 18 Junius van de Edl. Comps. slavin kinderen gedoopt t[en]
      overstaen van Sr. Andrijs de Man,
      Padt, ghetuijgen van Comps. weegen
      een kindt van Souwa, genaemt Helena een halfslagh
      een kindt van Nasana, genaemt Maria, halfslagh
      een kindt van Sabilla ghenaemt Dirk. halfslagh
      een kindt van Maria, ghenaemt ghenaemt Adriaen halfsl[...]
      een kindt van Wolla ghenaemt Margrieta een swarte

      Delia Robertson van die First Fifty Years Project meen dat dit hier heel waarskynlik om Helena Siewerts gaan. Indien korrek, beteken dit dat Helena se moeder ene Souwa van Madagaskar was, ook 'n V.O.C.-slavin. Haar vader: onbekend. Dit is slegs bekend dat hy waarskynlik 'n wit man was, daar hierdie Helena in die dooprekord as "halfslag" beskryf word.

      Dit is myns insiens hoogs onwaarskynlik dat hierdie wél Helena Siewerts se doopinskrywing is. Op 29 Augustus 1717 is 'n slawekind met die naam Sara gedoop; haar moeder was die slavin Helena van Souwa. Dit is waarskynlik dat Helena van Souwa (die 1690-dopeling) dieselfde is as Helena van Souwa (die moeder in 1717).

      Die Helena van Souwa wat in 1717 'n kind gedoop het, is nie dieselfde persoon as Helena Siewerts nie: Helena Siewerts was teen hierdie tyd nie meer 'n slaaf nie (en swanger met 'n Joost se dogter Sophia).
    Gender Female
    Citizenship 19 Aug 1714  Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location 
    Slawerny 
    • Die eerste verwysing na Helena Siewerts is in haar seun Andries se dooprekord. Dit is daar waar ons leer dat sy 'n slavin in besit van Burgert is. Teen die tyd wat Joost gedoop is in September 1716, is sy reeds vrygestel/vrygekoop.
    Application 1715  Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location  [4
    Joost het in hierdie jaar aan die hof gevra dat sy vrou Helena Siewers gehospitaliseer word. 
    • Joost het voor die hof verskyn en verklaar dat hy saamgewoon het met 'n vrou genaamd Helena Siewerts, wat "kranksinnig" geword het. Hy het die Raad gevra om haar by die Hospitaal te laat opneem, op sy onkoste. Hy sou vir hulle kinders sorg en, indien sy gesond word, met haar trou ("door godes zegen van die plage mogte werden verlost, verbint hij sigh haar ten huijsvrouwe te sullen nemen").

      Dit wil blyk of die Raad geen aksie onderneem het nie.

      Watse vorm sou Helena se "cranksinnigheit" aangeneem het - en wie sou die diagnose gemaak het? Gesien dat Andries se doop slegs 'n paar maande vroeër was, is dit moontlik dat postpartumdepressie (ook genoem nageboortedepressie) die oorsaak was, of bygedra het aan 'n bestaande psigiese aandoening. Post-traumatiese stresstoring as gevolg van haar jeug as slavin (waarskynlike fisieke geweld, verkragting, ens.) kan ook as oorsaak gedien het.

      Dit is moontlik dat dit die kerk was wat om hierdie rede nie toestemming wou gee dat Joost en Helena met mekaar kon trou nie. Joost het immers self haar toestand nie as hindernis gesien om hul verhouding voort te sit nie: Helena het die volgende jaar weer swanger geword met hulle laaste kind, Sophia.

      Sien onder vir die oorspronklike hofrekord.
    siewerts, helena 1716 requesten.jpg
    siewerts, helena 1716 requesten.jpg
    Will 28 Jan 1718  Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location  [5
    • Joost se testament is op 28 Januarie 1718 opgestel - 'n skamele drie dae voor sy dood. Hy was baie siek en bedlêend; die testament is by sy huis in Tafelvallei opgestel.

      In die testament stel hy sy twee oudste seuns (Burgert en Hendrik) aan as sy "enige en universele erfgename" en laat hy aan Helena 500 Rijksdaalders om sy kinders (wat hulle saam gekry het) op te voed en die "nodige onderhoud" te gee.

      Sien die aangehegde PDF vir 'n transkripsie van die volledige testament.
    • Role: Spouse
    Joost Pietersz. van Dijk 1718 Testament
    Joost Pietersz. van Dijk 1718 Testament
    Transkripsie
    KAB CJ 2651 ref. 28
    _FSFTID 2CB5-GF2 
    _UID FAF72D1E50AF4249ADDC72A514EC419C4302 
    Death Aug 1727  Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location 
    Person ID I537  Van Dyk-stamboom
    Last Modified 19 Jan 2024

    Family 1 Joost Pietersz van Dyk, SV-Prog 1,   b. CA 1662, Isberg Find all individuals with events at this locationd. 1 Feb 1718, Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age 56 years)
    Engaged CA 1712  Cabo de Goede Hoop Find all individuals with events at this location 
    • Joost en Helena het nooit getrou nie, maar was wel verloofd. Sien hofsaak onder (1715).
    Children 
     1. Sybrand van Dyk,   b. Between 1706 and 1712, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. 1801 (Age 95 years)
     2. Andries van Dyk,   c. 19 Aug 1714, Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. 1762, Caledon, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location (Age ~ 47 years)
     3. Joost van Dyk,   c. 13 Sep 1716, Stellenbosch, Kaap, South Africa Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     4. Sophia van Dyk,   b. Bef 20 Mar 1718   d. Bef 1727 (Age < 8 years)
    Family ID F215  Group Sheet  |  Family Chart
    Last Modified 22 Aug 2026

    Family 2 Anthonij Wagenaar,   b. Hamburg, Germany Find all individuals with events at this locationd. Bef 21 Aug 1728
    Marriage 29 Mar 1722  Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this location  [6
    • Anthonij Waagenaar, van Hamburg, jongm: en Helena Siewerts,
      van Cabo de Goede Hoop.

      Helena was klaarblyk dus teen 1722 van haar kranksinnigheid genees, of haar simptome het sy dusdanig kon wegsteek dat die kerk nie haar huwelik met Anthonij afgekeur het nie.
    Children 
     1. Christina Wagenaar,   b. Bef 31 May 1722, Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     2. Anna Margaretha Wagenaar,   b. Bef 20 Apr 1727, Kaapstad, Kaap, Suid-Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
    Family ID F1321  Group Sheet  |  Family Chart
    Last Modified 22 Aug 2026

  • Sources 
    1. [S396] eGGSA Cape Town Baptisms 1665-1695, ), https://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-ngk-1665-to-1695/60-cape-town-baptisms-1690.

    2. [S52] eGGSA Cape Town Baptisms 1695-1712, "https://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-baptisms-1713-1742/302-company-slave-baptisms-1713-1742,".

    3. [S133] FFY (The First Fifty Years Project, by Delia Robertson), (www.e-family.co.za : accessed 6 Oct 2018); http://www.e-family.co.za/ffy/g9/p9778.htm.

    4. [S84] Requesten (Memorials), 1230b.

    5. [S169] ZA-KAB (KAAP-Kaapstad argiewe), "van Dijk, Joost Pietersz. Will.," 1718; Testament, KAB MOOC 7/1/2 Ref. 92.

    6. [S52] eGGSA Cape Town Baptisms 1695-1712, "http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-marriages-1713-1756/173-cape-town-marriages-1722,".