Naam |
Jacobus Herklaas de la Rey |
Geboorte |
15 Nov 1858 [4, 5] |
Gedoop |
16 Jan 1859 |
Boshof, Vrystaat, Suid-Afrika [4] |
Geslag |
Manlik |
Woonplek |
1893 |
Boetsap, Noord-Kaap, Suid-Afrika [1, 6] |
Adres: Groot Boetsap |
Misc |
1898 [7] |
In sorg van haar grootouers geplaas. |
- Na die afsterwe van haar Ma, in 1897, is die drie-jarige Anna Maria in die sorg van haar oupa William Warden geplaas. Sy het daarna baie min kontak met haar pa gehad. Sy sou wel baie jare later kontak met twee van haar halfbroers hê.
- Rol: Witness
|
Naam |
Jacobus Herculaas de la Rey |
Naam |
Jacobus Hercules de la Rey [4, 8] |
Naam |
Jacobus Herklas de la Rey |
Woonplek |
Vanaf 1900 |
Klipdam, Suid-Afrika [7] |
(in die distrik Beaufort-Wes) |
Adres: Holpan |
- J.H. de la Rey het in die vroeë 1900's saam met sy vrou J.G. Ollewagen en hul kinders op die plaas Holpan, naby Klipdam in die distrik Beaufort-Wes geboer. In 'n latere brief, geskryf in 1971 aan Anna Maria de la Rey, verwys haar half-broer, Hendrik Johannes, na die goeie herinneringe wat hy het van die tyd wat sy as kind by hulle kom kuier het daar.
|
Beroep |
1918–1922 |
Taung, Transvaal, South Africa [9] |
Sheep/Stock Farmer |
Adres: Charles Puts |
Sterf |
18 Nov 1930 |
Johannesburg, Transvaal, Suid-Afrika [10] |
Adres: Johannesburg Hospitaal |
- Daar word tans sterk vermoed dat die Jacobus Herklaas de la Rey wat op 18 November 1930 oorlede is, dieselfde Jacobus Herklaas is wat met Jacomina Gertruida Ollewagen en Susanna Catharina van Dyk getroud is. Dit moet egter nog bevestig word.
Die vermoede is gebaseer op die volgende (buiten die identiese naam):
1. Beide persone het 'n geskatte geboortejaar van 1858.
2. Beide persone het in die Lichtenburg-omgewing gewoon.
3. Joshua Thackwray, Susanna Catharina se eerste man, was 'n diamantgrawer. Die J.H. de la Rey wat in 1930 oorlede is, was ook 'n diamantgrawer. Dit beteken dat hulle kollega's kon wees en dat Susanna haar tweede man dus só ontmoet het.
Let op: indien dit bevestig word, moet die res van die inligting in die aangifte nog in die profiel verwerk word.
|
|
De la Rey, Johannes Herklaas 1930 Aangifte van 'n Sterfgeval
|
Notas |
- Vir 'n tyd lank is hierdie Jacobus Herklaas de la Rey *1858 getoon as die seun van Genl. Jacobus Herklaas (Koos) de la Rey. Hierdie bewering is egter in stryd met die gegewens wat in die tussentyd versamel is. Koos de la Rey het wel 'n seun met hierdie naam gehad, maar hy is pas in 1883 gebore en is sonder erfgename oorlede. Sien Jacobus Herculaas de la Rey *1847 ID: 26698 vir meer inligting.
Die ouers wat hier gegee word, verskyn in die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters. Die gegewens soos ons dit kon versamel vir Jacobus Herklaas de la Rey *1858 kom sterk ooreen met dié van b1c3d2 Jacobus Hercules *15.11.1858 in SAG volume 9.
Dit wil nie voorkom dat Jacobus Herklaas 'n sterfkennis of boedellêer agtergelaat het (waarin sy ouers se name voorkom) nie, dus sal besonders moeilik wees om met 100% sekerheid te kan sê dat hierdie Jacobus Herklaas dieselfde is as die SAG se Jacobus Hercules. Een moontlikheid is om die doopinskrywings van Jacobus Herklaas se kinders op te spoor - daar is 'n kans dat sy ouers as doopgetuies by een of meer van die dope verskyn het.
Die geboortejare kom ooreen, maar dit sou dan wel beteken dat Jacobus Herklaas nie die tradisionele benamingspatroon gevolg het nie. (Eerste seun vernoem na vader se vader, tweede seun na moeder se vader, eerste dogter na moeder se moeder, tweede dogter na moeder se moeder.)
Twee van Jacobus Herklas se kinders se name kom redelik ooreen met broers/susters van Jacobus Hercules: Hester Jacomina en Petrus Adolph/Petronella Adolph.
Gesien die gebrek aan enige ander kandidaat tot dusver, word die konneksie tentatief gemaak.
|
Persoons ID |
I1602 |
Van Dyk-stamboom |
Laaste Opgedateer |
2 Aug 2021 |
Familie 1 |
Johanna Catharina Elizabeth Warden, * CALC 6 Jun 1867, Richmond, Kaap, Suid-Afrika , † 20 Des 1897, Barkly-Wes, Noord-Kaap Suid-Afrika (Ouderdom 30 jare) |
Getroud |
23 Okt 1893 |
Boetsap, Noord-Kaap, Suid-Afrika [6] |
Adres: NG Kerk, Klein Boetsap |
|
Huwelik
|
Kinders |
|
Familie-ID |
F14243 |
Groepsblad | Family Chart |
Familie 2 |
Jacomina Gertruida Ollewagen, * 11 Sep 1881, Boetsap, Noord-Kaap, Suid-Afrika , † 29 Okt 1918, Taung, Transvaal, South Africa (Ouderdom 37 jare) |
Getroud |
CA 1900 |
Barkly-Wes, Noord-Kaap Suid-Afrika [12] |
Kinders |
| 1. Abraham Detlef Ollewagen de la Rey, * CA 1903, Kaap, Suid-Afrika , † 22 Des 1944, Grahamstad, Oos-Kaap, Suid-Afrika (Ouderdom 41 jare) |
| 2. Jacobus Herklas de la Rey, * CA 1904, † Ja, datum onbekend |
| 3. Jacomina Gertruida de la Rey, * 20 Apr 1906, Kaap, Suid-Afrika , † 9 Jan 1967 (Ouderdom 60 jare) |
| 4. Hendrik Johannes de la Rey, * CA 1908, † Ja, datum onbekend |
| 5. Petrus Adolph de la Rey, * CA 1910, † Ja, datum onbekend |
| 6. Hester Jacomina de la Rey, * CA 1912, † Ja, datum onbekend |
|
Familie-ID |
F594 |
Groepsblad | Family Chart |