- In die familiebybel waarin haar geboorte opgeteken is, het 'n tweede persoon dekades later die sterfdatums van verskeie familielede ingevul. Ek vermoed sterk dat die sterfdatum wat vir Anna Elisabeth Frederika du Plessis *12.11.1884 gegee is, eintlik dié van haar eendersgenaamde suster is - Anna Elisabeth Frederika du Plessis *1890. Daar verskyn dan ook by die jonger suster geen sterfdatum nie.
Dit was gewoonte om, indien 'n kind vroeg sterf, hul naam te gebruik vir die eersvolgende kind van dieselfde geslag. Aangesien die eerste dogter ná Anna Elisabeth Frederika dieselfde naam gehad het, is dit waarskynlik dat dit die ouer dogter is wat gesterf het en dat haar suster, wat na die afsterwe gebore (of in elk geval gedoop) is, haar naam gekry het.
|