Vergete helde: die Witrivier-verdrinkings

deur Wilhelm van Dyk
03.10.2017
Lourens en Frans van Dyk se grafsteen in Ceres, in die
Owen-straat Wes-begraafplaas. Foto deur Daniel Jacobs.

As kind het my ouers by geleentheid ons op naweke uitgevat om te gaan piekniek hou en braai. Dit was gedurende die 70's in die Boland en ons het op Wellington gebly. Een van die "braaiplekke" was onderandere "1ste & 2de tol" bo-in Bainskloofpas, so 'n paar kilometer anderkant die "spookhuis" se afdraai. Ek onthou die geswem in die kuile, my pa se braaivleis en dat byna elke groot klip wat ons kon omrol, 'n skerpioen onder hulle gehad het. Min het ek geweet watter tragedie daar afgespeel het byna 80 jaar tevore!

Ek gaan nie hier die storie oorvertel van hoe dit gebeur het nie: Lawrence G. Green het dit as verhaal vasgevang as deel van The Mountains of Africa, in een van sy briljante boeke, Beyond the City Lights (1957:98-101): oor 'n klas meisies en hul juffrouens wat deur 'n vloedrivier gestrand was. (Kliek op die skakel onder vir 'n pdf-leêr met die verhaal.)

Wat ek wel wil oordra uit 'n genealogiese oogpunt, is hoe ek te hore gekom het van Lourens Charl VAN DYK en sy jonger broer, Francois Johannes VAN DYK. Met my navorsing oor stamvader Evert van Dyk se nageslagte, het ek onder andere op 'n grafsteen afgekom in een van Ceres se begraafplase met die volgende beskrywing:
Ter Nagedachtenis
Lourens C. en Frans J. Van DYK
Strevende om anderen te redden zijn zij omgekomen in de Witte rivier op den 23sten Mei 1895 in den ouderdom van 23 en 21 jaren.

Wel... dit het dadelik my aandag getrek en ek moes net meer uitvind! Die offisiële registers kon niks oplewer nie, so ek het begin sterftekennise soek.

Nou ja, vir die wat nie weet nie, die afstand tussen Ceres en Wellington is so 50km, maar daar is groot berge tussen in. Ek het groot geword met die gedagte dat aan "ons" kant van die berg het ons Wellington en Paarl gehad (Kaapstad het nie getel nie) en aan "hulle" kant, Ceres, Tulbagh, Wolseley en bietjie verder Worcester. Dieselfde Witterivier waarvan die grafsteen praat, ontstaan in die eintste berge, maar die rivier kom uit naby aan Wolesley en Ceres se kant. Onthou ook dat ek by daai stadium nog glad nie die boek van L.G. Green gelees het nie en ek het verkeerdelik aangeneem dat die manne iewers onderkant Ceres in die rivier verdrink het.

Nadat ek deur Ceres, Tulbagh, Wolseley en ook Worcester se gewone bronne gesoek het, kon ek níks vind nie en wend my toe maar na die Facebook-groepe. Daar vind ek toe uit dat 'n groeplid dink hy het so 'n storie gelees in een van L. Green se boeke en jouwerklikwaar, daar staan dit groot geskryf: die kinders was by Hugenote Kollege op Wellington! Ek het uiteindelik hulle SK's opgespoor onder die Paarl se lêers en die les wat ek uit die petalje geleer het: moet nóóit iets as vanselfsprekend aanvaar nie!

Kliek hier om Lawrence G. Green se verhaal oor die gebeurtenis af te laai (PDF).

Die gedig wat deur C.P. Hoogenhout geskryf is:

ELEGIE
Deur C.P. Hoogenhout:
“Sneeuwkop” hoe trotsch prijkt gij onder Gods bergen
Fier rijst uw kruin in het reine azuur,
Pronkstuk der Schepping en reus onder dwergen
Majesteus siert ge’t rijk der Natuur

’k Heb u zoo vaak met verrukking bewonderd;
’t Hart werd my dikmaals met heimwee vervuld,
’k Zag u met bliks’men omkranst als het dondert
Wen gij uw hoofd met de wolken omhuldt.

’k Zag u als grijsaard met silveren haren -
Als den Mont Blanc van dit zuideljk strand;
’k Dacht aan uw schoonheid en niet aan gevaren,
Sieraad van Wellington! Werk van Gods hand!

Wonder der Almacht, zoo schoon en verheven,
Gij hebt de jaren en eeuwen getart
Ik ben van gistren - een handbreed mijn leven -
Als ik u aanzie, dan krimpt mij het hart

’k Blik thans naar boven, en staar naar beneden;
Is dit het beekje, dat stroomde aan uw voet?
God! welk gedruisch maakt het water dan hede?
Zingt hy een lijkzang, die bruisende vloed?

Zie toch deez’ bergstroom, hoe slaat hij de rotsen,
Sleurt alles meê in vernielende vaart;
Hier is geen hulpe, niets leeft in dat klotsen,
Hier is geen doorgang, zoo God niet bewaart.

Menscenkind! wist gij dan niet dat mijn waatren
’s Zomers u lokken en ’s winters weerstaan?
Hoort gij de stem niet, te midden van ’t klaatren:
“Wie mij trotseert, moet meêdoogloos vergaan!”

Ja, ’t is een treurzang voor Lettie de Jager,
Christiaan Krijnauw, de broeders van Dijk:
Stort vrij uw tranen voor ’t viertal ô klager!
Weet het, zij zijn reeds bij God in Zijn rijk.

Wacht tot den dag, dat ook “Sneeuwkop” sal wijken,
Dan vindt gij hen in volmaaktheid eens weer.
Troost u, en zoek en begraaf nu hun lijken;
Zwijg en aanbid en vlied zelf tot den Heer!

Sticht hier een grafnaald vermeld de gevaren
’t Jeugdig geslacht, dat nog wijsheid ontbreek,
meld het hoe moedig de jongelingen waren:
Noem ze met eerbied, wie ooit van hen spreekt!