1887—2002: Gereformeerde Gemeente Sterkstroom gestig later weer ontbind
2
1894
1894—1894: Glen Grey` Wet deur Kaapse parlement aangeneem Die wet se doel was om Swart arbeid en eiendom (grondbesit) te beheer
Jun 1894—Jun 1894: NG Gemeente Boksburg gestig
15 Jun 1894—15 Jun 1894: NG Gemeente Melmoth-Eshowe gestig Afgestig van Ladysmith. Die onderskeie dorpe was te klein om elk `n predikant te onderhou; gevolglik is daar `n gesamentlike gemeente gestig.
2 Nov 1894—2 Nov 1894: Spoorlyn tussen Delagoabaai (Maputo) en Johannesburg geopen
3
1895
1895—1895: NG Gemeente Vosburg gestig Afgestig van Carnarvon/Britstown/Victoria-Wes/Prieska
1895—1895: Die Pretoria - Delagoabaai spoorlyn deur die ZAR geopen
1895—1895: Brits Betsjoeanaland by die Kaapkolonie ingelyf
26 Feb 1895—26 Feb 1895: Nederduitsch Hervormde Gemeente Johannesburg gestig
6 Sep 1895—6 Sep 1895: NG Gemeente Bulawayo gestig Eerste gemeente noord van die Limpoporivier.
9 Nov 1895—9 Nov 1895: NG Gemeente Enkeldoorn (in Suid Rhodesi? - nou Zimbabwe) gestig Daar was een groot doringboom waar die eerste laer getrek was.
29 Nov 1895—29 Nov 1895: NG Gemeente Zastron gestig Dorp is vernoem na die nooiensvan van Pres Brand se vrou.
16 Des 1895—16 Des 1895: Spoorlyn tussen Durban en Johannesburg geopen
29 Des 1895—2 Jan 1896: Die Jameson Inval Jameson val die Transvaal in met `n mag van ongeveer 500 manskappe. Die Boere bied weerstand teen die Jameson inval en Jameson gee op 2 Januarie 1896 by Doornkop oor.