3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
2
1810
1810—1810: Geboorte van Montshiwa van die Rolong
3
1811
1811—1811: NG Gemeente Caledon gestig Afgestig van Swellendam
1811—1811: Caledon en George gestig
1811—1811: Gereelde rondgaande howe gestig
1811—1812: William John Burchell reis na die binneland
1811—1812: Vierde Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes
5 Jul 1811—5 Jul 1811: Luitenant Generaal Grey as Goewerneur van die Kaap aangestel
6 Sep 1811—6 Sep 1811: Sir John Francis Cradock as Goewerneur van die Kaap aangestel
4
1812
1812—1812: Eerste Presbiteriaanse gemeente gestig
1812—1812: Molehabangwe van die Tlhaping oorlede Word opgevolg deur sy seun Mothibi
1812—1812: Swarte Ommegang Rondgaande howe wat ingestel was om klagtes van mishandeling van Koikoi deur boere te ondersoek. Sendelinge Read en van der Kemp het beweer dat meer as 100 moorde deur die boere gepleeg is.
1812—1812: Cradock en Grahamstad gestig
5
1813
1813—1813: NG Gemeente George gestig Afgestig van Swellendam
1813—1813: Hofverrigtinge vir die publiek oopgestel
1813—1813: Ds John Campbell voer `n sendinginspeksie van die binneland uit
1813—1813: Adam Kok se mense maak aanspraak op die naam Griekwa
Jan 1813—Jan 1813: Inwyding van eerste NG kerkgebou op Caledon Hierdie gebou is in 1876 vervang deur `n groter struktuur wat deur Carl Otto Hager ontwerp is.
2 Nov 1813—2 Nov 1813: Lord Charles Henry Somerset as Goewerneur van die Kaap aangestel
6
1814
1814—1814: `Evangelische Gezangen` eerste keer aan Kaap gesing
1814—1814: Besluit deur die kerk om Skotse predikante te werf
1814—1814: Lord Charles Henry Somerset begin met sy angliseringsbeleid
1814—1814: Pospakket diens tussen Brittanje en die Kaap ingestel
1814—1814: Die kerkgebou van Stellenbosch vergroot Die noord-; suid- en wesvleuels word verleng en die voorkant kry `n klassistiese gewel.
13 Aug 1814—13 Aug 1814: Britse Besetting bekragtig by Kongres van Wene
7
1815
1815—1815: Stigting van Weeshuis
1815—1815: Napoleon by Slag van Waterloo verslaan
1815—1815: Slagtersnek opstand
8
1816
1816—1816: Wesleyaanse Sending aan die Nama by Leliefontein
1816—1816: Algemeen Reglement vir kerk in Nederland
1816—1816: Kuruman Sending gevestig Sendelinge Read en Hamilton van die Londense Sending Genootskap; met Hendriks; Kakkerlak en Sedras vestig Kuruman Sending
1816—1816: Shaka word Zoeloe-opperhoof
9
1817
1817—1817: NG Gemeente Uitenhage gestig Afgestig van Graaff-Reinet
1817—1817: Aankoms van Eerwaarde Robert Moffat
1817—1817: Skotse ambagsman immigrante na die Kaap gebring Benjamin Moodie het ongeveer 200 Skotse ambagsmanne na die Kaap gebring
10
1818
1818—1818: NG Gemeente Cradock gestig Afgestig van Graaff-Reinet
1818—1818: Nedersettings aan die oorkant van die Oranjerivier ontstaan
1818—1818: Stigting van Bybelgenootskap
1818—1818: Beaufort-Wes gestig
1818—1819: Vyfde Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes Grahamstad word deur Xhosas aangeval
11
1819
1819—1819: NG Gemeente Beaufort-Wes gestig Afgestig van Tulbagh/Graaff-Reinet
1819—1819: NG Gemeente Hottentots-Holland (Somerset-Wes) gestig Afgestig van Stellenbosch.
1819—1819: Aankoms in Suid-Afrika van dr John Phillip. Hy was `n Britse filantroop van die Londense Sending Genootskap
12
1820
1820—1820: Werwing van Skotse predikante
1820—1820: Port Elizabeth vernoem deur Sir Rufane Donkin
1820—1820: Worcester gestig
1820—1820: Andries Waterboer verkies tot Griekwa Kaptein by Griekwastad
1820—1820: James Read produseer die eerste boek in Setswana
1820—1821: Aankoms van Britse Setlaars Ongeveer 5000 Britse Setlaars kom in Algoabaai (Port Elizabeth) aan en vestig in die Oos-Kaap
13
1821
1821—1821: NG Gemeente Worcester gestig Afgestig van Tulbagh
1821—1821: Eerwaarde Robert Moffat verskuif na Kuruman Hy was in Namaqualand sedert 1817
14
1822
1822—1822: Aankoms van Ds Andrew Murray (Snr)
5 Jul 1822—5 Jul 1822: Engels word die amptelike taal in die Kaapkolonie Die Angliseringsproses het ook die invoering van die Engelse regstelsel tot gevolg gehad
15
1823
1823—1823: Begin van Difaqane - Slag van Dithakong Manthatisi teruggedryf deur Tlhaping met behulp van die Griekwas. Tswana na die noorde en ooste hewiglik ontwrig deur Difaqane strooptogte.
1823—1823: Aankoms van Ierse setlaars John Ingram het ongeveer 146 Ierse setlaars na die Kaap gebring
16
1824
1824—1824: George Thompson reis na die binneland Hy noem die Augrabies Watervalle `Cataract of King George`
1824—1824: Begin van Lovedale Sending onder die Xhosa
1824—1824: Bergenaar rebellie
1824—1824: Eerste vuurtoring geopen
1824—1824: Die Zoeloe-koning Shaka `ken toe; bemaak en verkoop` Port Natal Die Zoeloe-koning het dit verkoop aan Farewell en sy makkers
1824—1824: Eerwaarde Robert Moffat begin sendingwerk op Kuruman
1824—1824: Ds Abraham Faure begin `Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift`
1824—1824: Bouwerk aan die pad deur die Fransch Hoek Pas begin
2 Nov 1824—2 Nov 1824: Eerste sinode van die Kaapse Kerk
17
1825
1825—1825: NG Gemeente Somerset-Oos gestig Afgestig van Graaff-Reinet/Uitenhage
1825—1825: Gedepresi?erde riksdaalder word omgeskakel na Britse Sterling
1825—1825: Eerste stoomskip kom in Tafelbaai aan
1825—1825: Die `Jubilee Park Cemetery` in Uitenhage in gebruik
1825—1825: Die `Anglican St. Mary`s Collegiate Church` begin in Port Elizabeth
10 Okt 1825—10 Okt 1825: Geboorte van Paul Kruger Hy het later President van die Zuid Afrikaansche Republiek (ZAR) geword
18
1826
1826—1826: NG Gemeente Colesberg (Toverberg/Torenberg) gestig Afgestig van Graaff-Reinet
1826—1826: NG Gemeente Tijgerberg (Durbanville) gestig Afgestig van Kaapstad/Paarl/Swartland
1826—1826: NG Gemeente Clanwilliam gestig Afgestig van Tulbagh/Swartland
1826—1826: L Marquard as eerste sendeling van die Kaapse Kerk georden
1826—1826: Adam Kok II vestig Philippolis Griekwa Kapteinskap
19
1827
5 Jan 1827—5 Jan 1827: NG Gemeente Glen Lynden (Bedford) gestig Afgestig van Somerset-Oos
20
1828
1828—1828: Geboorte van Dr Andrew Murray (Jnr)
1828—1828: Hoogtepunt van Difaqane (Volksverskuiwing)
1828—1828: Stigting van Zuid-Afrikaansch Athenaeum Die stigting het in die Groote Kerk plaasgevind. Dit het later ontwikkel tot die Universiteit van Kaapstad.
1828—1828: Dood van Shaka Zoeloe
1828—1828: Die `Union Chapel` gemeente in Port Elizabeth gestig Hierdie gemeente was deel van die Londense Sending Genootskap. Rekordhouding het in 1831 begin
1828—1828: `St. Mary`s Cemetery` begin in Port Elizabeth
1828—1828: Afskaffing van diskriminasie teen Koikoi deur Ordonnansie 50
21
1829
1829—1829: Paryse en Rynse Sendinggenootskappe begin sendingwerk
20 Sep 1829—20 Sep 1829: NG Gemeente Wynberg gestig Afgestig van Kaapstad
3 Okt 1829—3 Okt 1829: Opening van `SA College` Hierdie kollege het later die Universiteit van Kaapstad geword
22
1830
1830—1830: Eerwaarde Robert Moffat se drukpers word per ossewa na Kuruman vervoer
1830—1830: Colesberg gestig
1830—1830: Volle burgerregte toegeken aan Rooms Katolieke in die Kaap
1830—1830: Pad oor Sir Lowry`s Pas geopen
23
1831
1831—1831: NG Gemeente Albanie gestig Afgestig van Uitenhage
1831—1831: Eerste publikasie van De Zuid Afrikaan (Ons Land)
1831—1831: Eerste uitgawe van `Grahamstown Journal`
24
1833
1833—1833: NG Gemeente Piketberg (Piquetberg) gestig Afgestig van Clanwilliam/Swartland/Tulbagh
1833—1833: Paryse Sendinggenootskap begin werksaamhede onder Basoeto`s
1833—1833: Slawerny deur die hele Britse Ryk afgeskaf Die Britse Regering het kompensasie aan die Trekboere in die Kaap Kolonie vir die 35;000 slawe aangebied. Dit is egter slegs in Londen uitbetaal wat dit prakties onmoontlik vir die meerderheid slawe-eienaars gemaak het om hul vergoeding op te eis. `n Kombinasie van faktore: die Angliseringsbeleid; die invoer van die Engelse regstelsel en die blykbaar nimmereindigende oorlo? met die Xhosas was die grootste dryfveer vir die Groot Trek.
1833—1839: Ongeveer 750 jeugdiges as leerjongens na die Kaap gebring
25
1834
1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap gestig
1834—1834: Instelling van die Wetgewende Raad
1834—1834: King William`s Town gestig
1834—1834: Die `Anglican St. John`s Church` in Bathurst gebou Begrafnisrekords strek terug na 1823
1834—1834: Kerk bedien vrygestelde slawe
1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap vestig sendingstasie by Bethulie
1834—1834: `Afscheiding` in Nederland
1834—1834: Port Natal hernoem na Durban
1834—1835: Andrew Smith met kunstenaar Charles Davidson Bell reis in die binneland
Des 1834—Des 1834: Amptelike Vrystelling van slawe Hulle bly egter `leerjongens` vir 4 jaar
26
1835
1835—1836: Begin van die Groot Trek Louis Trichardt; Hans van Rensburg en Andries Potgieter trek noord
27
1836
1836—1836: James Alexander reis deur Namakwaland
1836—1836: Potgieter se trekkers verslaan die Ndebele by die Slag van Vegkop
1836—1836: Die Groot Trek bereik die omgewing van Transvaal en Vrystaat
2 Des 1836—2 Des 1836: Eerste Voortrekker-regering verkies onder leierskap van Gerrit Maritz
28
1837
1837—1837: Port Elizabeth; Cradock en Colesberg word selfstandig Afsonderlike administratiewe distrikte is aan hulle toegeken.
1837—1837: Buitengewone sinodesitting keur die Groot Trek af
1837—1837: Piet Retief publiseer sy `Manifesto`
1837—1837: Andries Potgieter en Piet Uys verslaan die Ndebele by Mosega Potgieter en Uys is deur die Rolong en Griekwa stamme gehelp
1837—1837: Eerste kerkraad en leraar van die Voortrekkers
1837—1837: Eerste Rooms-Katolieke biskop aangestel
1837—1837: Louis Trichardt se Trek arriveer in Lourenco Marques (nou Maputo)
28 Mrt 1837—28 Mrt 1837: Piet Retief en sy Trek verlaat die Kaapkolonie Retief het sy geselskap oor die Drakensberge na Natal geneem.