Lourika Linette Coetzee

Lourika Linette Coetzee



Wydte van Kaart:      Herlaai

Tydlyn

Die volgende individue is gemerk as lewend en kon daarom nie bygevoeg word nie omdat jy nie met die nodige toestemming aangeteken is nie: Lourika Linette Coetzee (I22747)



Verwyder



 




   Datum  Gebeurtenis(se)
1600 
  • 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
    Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
1619 
  • 1619—9 Jan 1677: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck
    van Riebeeck het later `n halfweg-stasie aan die Kaap gevestig
1676 
  • 2 Jan 1676—2 Jan 1676: Johan Bax (van Herenthals) as Goewerneur van die Kaap aangestel
1677 
  • 19 Jan 1677—19 Jan 1677: Jan van Riebeeck in Batavia begrawe
    Hy was 58 jaar oud.
1678 
  • 1678—1678: Nedersetting ontstaan in Hottentots Holland
  • 29 Jun 1678—29 Jun 1678: Hendrik Crulax as Goewerneur van die Kaap aangestel
1679 
  • 1679—1679: Eerste boere vestig langs die Eersterivier
  • 1679—1679: Stellenbosch gestig
  • 1679—1679: Voltooiing van die Kasteel in Kaapstad
  • 14 Okt 1679—1688: Simon van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
    Hy kry opdrag om die kolonie uit te brei
1683 
  • 1683—1683: Eerste skool vir blanke kinders buite Kaapstad in Stellenbosch gestig
1685 
  • 1685—1685: Slawe toegelaat om hul vryheid te koop
    Kommissaris Hendrik van Reede (VOC) vaardig `n dekreet uit waarvolgens manlike slawe hul vryheid kan koop vir 100 gulde wanneer hul 25 jaar oud is; met die voorwaarde dat hulle aangeneem is in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Nederlands kan praat. Dieselfde voorwaardes het vir die vroulike slawe gegeld; behalwe dat hulle hul vryheid op 22 jaar oud kon afkoop.
  • 1685—1685: Edik van Nantes herroep
    Die Edik van Nantes dateer uit 1598 en het die Hugenote die reg gegee om hul geloof te beoefen, sonder dat hulle deur die staat sal vervolg word. Die herroeping van die Edik het gevolg tot die vernieting van Hugenote-kerke en die sluiting van Protestantse skole. Alle Hugenote is vervolg, wat gelei het tot 'n grootskaalse emigrasie (tussen 210,000 tot 900,000), na Engeland, Noord-Amerika, Switzerland, Swede, Denemarke, Brandenburg-Pruisse, Protestantse dele van die Romeinse Ryk en die Kaapkolonie.
    -https://en.wikipedia.org/wiki/Edict_of_Fontainebleau
  • 1685—1685: Simon van der Stel besoek Namakwaland
1686 
  • 13 Okt 1686—13 Okt 1686: NG Gemeente Stellenbosch gestig
    Afgestig van Kaapstad
10 1687 
  • 1687—1687: Nedersettings ontstaan langs die Bergrivier (Drakenstein; nou Paarl)
  • 19 Aug 1687—19 Aug 1687: Eerste kerkgeboutjie in Suid-Afrika in Stellenbosch ingewy
11 1688 
  • 1688—1689: Aankoms van ongeveer 200 Franse Hugenote aan die Kaap
    Meeste vestig hul in Fransch Hoek
  • Apr 1688—Apr 1688: Aankoms van die eerste 22 Franse Hugenote
    Die grootste getal Hugenote vlugtelinge wat na die Kaap van Goeie Hoop gevlug het, het gedurende 1688-1689 gearriveer.
    Selfs voor hierdie grootskaalse emigrasie het individuele Hugenote vlugtelinge soos Francois Villion (1671) en die broers François en Guillaume du Toit (1686) hulle aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig.
    Teen 1692 was 'n totaal van 201 Franse Hugenote aan die Kaap woonagtig. Die meeste van hulle het hulself gevestig in die omgewing van die huidige dorp Franschhoek, sowat 70 km vanaf Kaapstad, waar vele van die plase nog hul oorponklike Franse naam dra.
    Bron: Hugenote Vereniging van Suid-Afrika
12 1690 
  • 1690—1690: Blanke trekboere begin verskyn
13 1691 
  • 1691—1691: NG Gemeente Drakenstein (Paarl) gestig
    Afgestig van Stellenbosch
14 1694 
  • 1694—1694: Aankoms en vestiging van Sjeg Yusuf en Moslem-volgelinge
15 1698 
  • 1698—1698: Nedersetting ontstaan in die Wagenmaker`s Vallei (Wellington)
16 1699 
  • 1 Feb 1699—1 Feb 1699: Willem Adriaan van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
    Willem Adriaan van der Stel volg sy pa, Simon van der Stel, op as die nuwe goewerneur van die Kaap.
    Van der Stel het 'n statige landgoed tot stand gebring by Vergelegen, naby die huidige Somerset-Wes. Die omvang van sy bedrywighede het tot klagtes aanleiding gegee, wat op die spits gedryf is in 'n klagskrif wat deur 63 burgers aan die Here XVII in Nederland gestuur is in 1705.
    Van der Stel het die situasie nie goed hanteer nie en Adam Tas, tesame met talle ander leiers gevange gehou. Die goewerneur is na Nederland ontbied vir 'n ondersoek. Ondanks sy lang geskrewe verdediging is die uitspraak teen hom gelewer. Daar is beslag gel? op Vergelegen en dit is verkoop, en hy is ontslaan uit die diens van die Kompanjie in 1707 en terug na Nederland gebied.
    - https://af.wikipedia.org/wiki/Willem_Adriaan_van_der_Stel
17 1700 
  • 1700—1700: Eerste voltydse predikant van Stellenbosch - Hercueles van Loon
  • 1700—1700: Nedersetting in 't Land van Waveren (Tulbagh)
    Boere begin hulle vestig in die Land van Waveren. Die verste plase van die Kaap is gebruik vir veeteelt, aangesien dit die enigste ekonomies-rendabele produk is wat op so 'n lang afstand van die Kaap af winsgewend was.Dit was te kostelik om ander produkte so ver te vervoer en die slagvee kon immers die afstand self loop.
    Kaapstad was in die tyd dus in stad ter grootte van 'n dorp wat as hawe, mark en garnisoensplek gedien het. Om Kaapstad was daar 'n streek waar akkerbou plaasgevind het en dan 'n streek waar die veeboere gewoon het, tussen en langs al die Khoikhoi, wat deur die hele kolonie verspreid krale gehad het.
    - Ad Biewenga: De Kaap de Goede Hoop (1999)
  • Des 1700—Des 1700: Eerste steen van N.G. Kerk te Kaapstad gel?
    Goewerneur Willem Adriaan van der Stel l? eerste steen van nuwe fondamente vir Moedergemeente Kaapstad se kerkgebou.
    - 'NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002', 2002
18 1701 
  • 1701—1701: Vee rooftogte gemik teen die Nederlanders deur Khoisan begin
19 1704 
  • 6 Jan 1704—6 Jan 1704: Moederkerk Kaapstad se eerste permanente kerkgebou ingewy
20 1707 
  • 1707—1707: Ds P Kalden en goewerneur Willem Adriaan Van der Stel verban
  • 3 Jun 1707—3 Jun 1707: Johan Cornelis d`Ableing as Goewerneur van die Kaap aangestel
21 1708 
  • Feb 1708—Feb 1708: Louis van Assenburg as Goewerneur van die Kaap aangestel
22 1710 
  • 1710—1710: Kerk van Stellenbosch deur brand vernietig
    n Brand het die eerste kerk in Stellenbosch; die Drostdy en twaalf dorpshuise afgebrand
23 1711 
  • 28 Des 1711—28 Des 1711: Willem Helot as Goewerneur van die Kaap aangestel
24 1713 
  • 1713—1713: Eerste pokke-epidemie in die Kaap
    Pokke is vanaf Indi? ingebring op besoekende skepe. Dit saai verwoesting onder die Hottentotte en baie blankes is ook dood
25 1714 
  • 28 Mrt 1714—28 Mrt 1714: Maurits Pasques de Chavonnes as Goewerneur van die Kaap aangestel
26 1717 
  • 1717—1717: Stelsel van Vrypagtitel op grond eindig
    Teen hierdie tyd was ongeveer 400 plase reeds uitgegee
27 1719 
  • 1719—1719: Hoeksteenlegging van die Kruiskerk van Stellenbosch
    Kerk is op die huidige perseel; oos en buite die dorp en bokant die wind en brandgevaar opgerig.
28 1720 
  • 1720—1740: Wes-Kaapse Koikoi gereduseer tot `n werkersklas
29 1722 
  • 1722—1722: Groot Constantia word gebou
  • 1722—1722: Grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop.
    Die eerste tien grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop. Ongeveer 100 grafte is uitgemeet; maar volgens die graflyste is ongeveer 500 mense uiteindelik hier begrawe.
30 1723 
  • 1723—1723: Die Kruiskerk van Stellenbosch in gebruik geneem.
31 1724 
  • 8 Sep 1724—8 Sep 1724: Jan de la Fontaine (provisioneel) as Goewerneur van die Kaap aangestel
  • 14 Sep 1724—14 Sep 1724: Milit?re begrafnis van Goewerneur Maurits de Chavonnes
32 1727 
  • 25 Feb 1727—25 Feb 1727: Pieter Gysbert Noot as Goewerneur van die Kaap aangestel
33 1728 
  • 24 Apr 1728—24 Apr 1728: Jan de la Fontaine (provisioneel) as Goewerneur van die Kaap aangestel
34 1730 
  • 1730—1730: Eerste trekboere bereik George omgewing
    Eerste trekboere bereik George omgewing en trek binneland toe in die Langkloof in
  • 1730—1730: VOC voer slawe in vanaf Mosambiek en Zanzibar
  • 8 Mrt 1730—8 Mrt 1730: Jan de la Fontaine as Goewerneur van die Kaap aangestel
35 1732 
  • 1732—1732: Jaarlikse huur op `n leningsplaas verdubbel na 24 riksdaalders
  • 1732—1732: Erfpag sisteem van eiendomsreg ingevoer
36 1734 
  • 1734—1734: Groot Brakrivier geproklameer as die Oostelike grens van die Kaap
37 1736 
  • 14 Nov 1736—14 Nov 1736: Adriaan van Kervel aangestel as Goewerneur van die Kaap
    Vir slegs drie weke.
38 1737 
  • 1737—1743: Aankoms van Georg Schmidt
    Hy was die eerste Morawiese sendeling wat `n kortstondige Morawiese sending aan die Koikoi gebring het
  • 20 Sep 1737—20 Sep 1737: Daniel van den Henghel as Goewerneur van die Kaap aangestel
39 1738 
  • 1738—1738: San-Oorlog
40 1740 
  • 1740—1740: Kaapse Milit?re Raad besluit om `n `Veld Korporaal` te stig
    een Veld-Corporaal onder het Caabse district` met magte om troepe te werf; burgery te polisie?r en die gebied te verdedig
  • 5 Sep 1740—5 Sep 1740: Jan van Helsdingen as Veld-Korporaal aangestel
    Onder verskeie name; insluitend di? van veldkornet; het hierdie amp `n belangrike rol in die geskiedenis van Suid-Afrika oor die volgende een-en-half eeu gespeel; met die verantwoordelikheid om `n plaaslike burgermag te voorsien
41 1743 
  • 1743—1743: NG Gemeente Roodezand (Tulbagh) gestig
    Afgestig van Kaapstad/Stellenbosch. Die gemeente het vir 60 jaar die naam `Roodezand in `t Land van Waveren` gedra. In 1804; toe die distrik Stellenbosch in twee verdeel word en die noordelike een ter ere van goewerneur Ryk Tulbagh die naam Tulbagh kry; word die naam van die gemeente ook verander na Tulbagh.
  • 1743—1743: Eerste aangetekende Trekboer leenplase in die Roggeveld
  • 1743—1743: Besoek van Baron Van Imhoff
42 1744 
  • 1744—1744: Georg Schmidt staak sendingwerk
43 1745 
  • 1745—1745: VOC vestig `n Landdros in Swellendam
  • 27 Jun 1745—27 Jun 1745: NG Gemeente Zwartland (Malmesbury) gestig
    Afgestig van Kaapstad/Stellenbosch
44 1746 
  • 1746—1746: Ds Petrus van der Spuy begin sy bediening
    Hy was die Eerste Suid-Afrikaansgebore predikant
  • 1746—1746: Kaapsche Classis (Gecombineerde Kerckvergaedering)
45 1747 
  • 26 Okt 1747—26 Okt 1747: Swellendam gestig
46 1750 
  • Apr 1750—Apr 1750: Hendrik Swellengrebel as Goewerneur van die Kaap aangestel
47 1752 
  • 1752—1752: Honderdjarige VOC-herdenking
    Feesrede deur Ds Petrus van der Spuy
48 1754 
  • 1754—1754: Eerste aangetekende !Xam San weerstand teen die Roggeveld Trekboere
49 1755 
  • 1755—1755: Rijk Tulbagh stel prag-en-praalwette in
  • 1755—1755: Tweede pokke-epidemie in die Kaap
  • 1755—1755: Hoeksteen van die `Ou Dorpshuis` in Kaapstad gel?
50 1759 
  • 1759—1759: Afskaffing van die Gecombineerde Kerckvergaedering
51 1760 
  • 1760—1760: Jansz; Coetse met Klaas Barends en ander steek die Garieprivier oor
52 1761 
  • 1761—1762: Hendrik Hop reis na die Garieprivier
53 1762 
  • 2 Aug 1762—2 Aug 1762: Aankoms van die VOC-skip Noordt-Nieuwlandt in Tafelbaai
54 1765 
  • 1765—1765: 112 slawe vanaf Madagaskar arriveer in Tafelbaai aan boord van die `Meermin`
55 1767 
  • 1767—1767: Derde groot pokke-epidemie
56 1770 
  • 1770—1770: Mothibi; seun van Molehabangwe van Tlhaping; gebore by Nokaneng
    Presiese datum nie bekend; iewers in die 1770`s
  • 1770—1790: Intensiewe Khoisan weerstand teen Trekboer besettings
57 1771 
  • 1771—1771: Gevegte tussen Trekboere en die Xhosa begin
    Hierdie gevegte het begin toe die trekkers die Gamtoos oorgesteek het
  • 1771—1771: Kaapse grens strek oor die Gamtoosrivier
  • 12 Aug 1771—12 Aug 1771: Joachim van Plettenberg as Goewerneur van die Kaap aangestel
58 1774 
  • 1774—1774: Algemene Kommando op die been gebring teen die San
    503 word gedood en 241 gevange geneem
59 1778 
  • 1778—1779: Garieprivier hernoem na die Oranjerivier
    Robert Jacob Gordon hernoem die Garieprivier na Oranjerivier tot eer van die prins van Oranje; die Nederlandse Stadtshouer
  • 1778—1779: Hendrik Jacob Wikar en Robert Jacob Gordon ontmoet Koikoi en andere
    Hendrik Jacob Wikar en Robert Jacob Gordon ontmoet Koikoi; Geisiqua en Tswana groepe langs die laer en middel Gariep
  • 1778—1778: Groot Visrivier word die Oostelike grens van die Kaap.
    Die grens word verder uitgebrei na die Buffelsrivier.
60 1779 
  • 1779—1779: Kaapse Patriotte word invloedryke beweging
  • 1779—1779: Toelating van Lutherse Kerk as eerste ander Christenkerk
61 1780 
  • 1780—1780: Eerste Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes
  • 1780—1780: Aankoms van Ds A Kolver
    Hy was die eerste Lutherse predikant
62 1782 
  • 1782—1782: Eerste uitgawe van riksdaalders op papier
63 1783 
  • 1783—1792: Le Vaillant en Van Reenen reis in Namaqualand en noord van die Oranjerivier
64 1785 
  • 14 Feb 1785—14 Feb 1785: Cornelis Jacob van de Graaff as Goewerneur van die Kaap aangestel
    Hy was die laaste Goewerneur.
65 1786 
  • 1786—1786: Aankoms van sendinggerigte Ds H.R. van Lier (1764-1793)
  • 1786—1786: Graaff-Reinet gestig
    VOC stig `n landdrosdistrik met die Duitser; Martinus Woeke; as die eerste landdros.
66 1787 
  • 1787—1787: Geboorte van Shaka Zulu
67 1789 
  • 1789—1789: Merino skape ingevoer vanaf Holland
  • 1789—1789: Franse Revolusie
  • 1789—1789: Inwyding van die Anreith-kansel in die Groote Kerk; Kaapstad
  • 1789—1793: Tweede Oosgrensoorlog tussen Xhosa en blankes
68 1790 
  • 1790—1800: Aanvalle op Khoisan
    In gedokumenteerde aanvalle op `Bosjesmans` word 2000 - 3000 Khoisan doodgemaak
69 1791 
  • 29 Jun 1791—29 Jun 1791: Johannes Isaac Rhenius as Goewerneur van die Kaap aangestel
  • 2 Sep 1791—2 Sep 1791: Abraham Josias Sluisken (Kommissaris)
70 1792 
  • 1792—1792: NG Gemeente Graaff-Reinet gestig
    Afgestig van Tulbagh
  • 1792—1792: Stigting van die Baptiste Sendinggenootskap in Engeland
71 1793 
  • 1793—1793: Hervatting van die Morawiese Sending by Genadendal
  • 1793—1793: W Carey begin met sendingwerk in Indi?
  • 3 Okt 1793—3 Okt 1793: Huwelik van Andrew Barnard en Lady Anne Lindsay
    Andrew Barnard was die koloniale sekretaris aan die Kaap en Lady Anne Barnard het `n belangrike rol in sosiale kringe aan die Kaap gespeel.
72 1794 
  • 1794—1794: Aankoms van Ds MC Vos
    Hy het sending bevorder
73 1795 
  • 1795—1795: Opstande in Swellendam en Graaff-Reinet deur die Boere teen die VOC
    Die swaar belaste boere aan die oosgrens distrikte; wat geen beskerming teen strooptogte van die owerheid ontvang het nie; het die amptenare van die VOC uitgeskop en hul eie onafhanklike regerings in Swellendam en Graaff-Reinet ingestel.
  • 1795—1795: Stigting van die Londense Sendinggenootskap (LSG)
  • 1795—1795: Stigting van die Metodistekerk in Brittanje
  • 1795—1795: Vestiging van eerste Engelse kerke
  • 29 Jan 1795—29 Jan 1795: Vrye Republiek van Graaff-Reinet gestig
  • 18 Jun 1795—18 Jun 1795: Eerste Boere opstand teen die VOC
    Vrye Republiek van Swellendam word gestig
  • 16 Sep 1795—16 Sep 1795: Eerste Britse Besetting van die Kaap
    Besetting is gedoen namens die Prins van Oranje; na die Slag van Muizenberg. Op hierdie stadium was daar meer slawe as Europese setlaars.
  • 16 Sep 1795—16 Sep 1795: J. H. Craig aangestel as Goewerneur van die Kaap
    Hy moes die Kolonie vir die Stadthouer Prins Willem V van Oranje teen die Franse beveilig
  • 12 Nov 1795—12 Nov 1795: Brittanje neem die Republiek van Graaff-Reinet met mag in
74 1796 
  • 1796—1796: Pieter Pienaar deur Jager Afrikaner by Hantam vermoor.
    Afrikaner word grensleier
75 1797 
  • 23 Mei 1797—23 Mei 1797: Hertog Macartney as Goewerneur van die Kaap aangestel
76 1798 
  • 1798—1798: Eerste Poskantoor
  • 1798—1798: NG Gemeente Swellendam gestig
    Afgestig van Stellenbosch
  • 1798—1798: Likwidasie van die VOC
  • 1798—1798: Eerste Moskee in Suidelike Afrika
    Hierdie moskee is deur Tuan Guru in Dorp Straat in Kaapstad opgerig
  • 22 Nov 1798—22 Nov 1798: Luitenant Goewerneur Dundas as Goewerneur van die Kaap aangestel
77 1799 
  • 1799—1799: Fort Frederick in Algoabaai deur Britse soldate gebou
  • 1799—1799: Knegte-opstand
  • 1799—1799: Aankoms van sendelinge van die Londense Sending Genootskap
    Aankoms van dr JT van der Kemp en drie ander sendelinge van die Londense Sending Genootskap
  • 1799—1799: Eerste Londense Sendinggenootskap stasie by die !Xam opgerig by Zakrivier
  • 1799—1799: Derde Oosgrensoorlog tussen Xhosa en blankes
  • 1799—1799: Totstandkoming van die Zuid-Afrikaansch Zendelings Genootschap
  • 1799—1802: Oos-Kaapse Koikoi opstand
  • 18 Des 1799—18 Des 1799: Sir G. Young as Goewerneur van die Kaap aangestel
78 1800 
  • 1800—1800: Eerste drukpers in Kaapstad
  • 1800—1800: Staatskoerant eerste keer gepubliseer
  • 1800—1800: Amptelike ekspedisie bereik Dithakong
    Die ekspedisie het bestaan uit Truter; Somerville; Barrow en Daniell; met sendelinge Jan Matthys Kok en William Edwards.
79 1801 
  • 1801—1801: Begin van sending deur William Anderson
    Hy begin sy sending eers by Aakaap en daarna ook Klaarwater (later Griekwastad)
  • 1801—1801: Eerste grafkelder buite die kerkgebou van Stellenbosch toegeken.
    Hierdie grafkelder is aan die Van der Riet-familie toegeken.
  • 1801—1801: Khoisan spelboek deur Londense Sending Genootskap gedruk
  • 20 Apr 1801—20 Apr 1801: Luitenant Goewerneur Dundas as Goewerneur van die Kaap aangestel
80 1802 
  • 1802—1802: Stigting van Bethelsdorp deur die Londense Sending Genootskap
  • 18 Feb 1802—18 Feb 1802: Jan Willem Janssens as Goewerneur van die Kaap onder Bataafse Bewind aangestel
81 1803 
  • Jan 1803—Jan 1803: Kommissaris Generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist arriveer in die Kaap
    Sy taak was om by die Britse bewind oor te neem en `n nuwe grondwet op te stel
  • Mrt 1803—1806: Bataafse Republiek neem Kaap oor van Brittanje
    Aanvang van die Bataafse bewind. In Februarie 1803; as gevolg van die Vrede van Amiens; het die Kolonie onder die beheer van die Bataafse Republiek gekom
82 1804 
  • 1804—1804: Uitenhage gestig
  • 1804—1804: De Mist se kerkorde
  • 1804—1804: De Mist se skoolorde
  • 1804—1806: Heinrich Lichtenstein reis na Dithakong
83 1805 
  • 1805—1805: Londense Sending Genootskap begin Namakwaland-sending by Warmbad
84 1806 
  • 1806—1806: Eerste diens van Metodistekerk (Wesleyane)
  • 1806—1806: Eerste gereelde binnelandse posdiens
  • Jan 1806—Jan 1806: Britte verslaan die Hollanders by die Slag van Bloubergstrand
  • 10 Jan 1806—10 Jan 1806: Sir David Baird as Goewerneur van die Kaap aangestel
    Tweede Britse Besetting
85 1807 
  • 1807—1807: Brittanje verbied slawehandel
    Invoer van slawe na die Kaap word be?indig
  • 1807—1807: `n Konsistorie aangebou aan die kerkgebou van Stellenbosch se oosgewel.
  • 1807—1807: `Evangelische Gezangen` in Nederland gepubliseer
  • 17 Jan 1807—17 Jan 1807: Luitenant Generaal Grey as Goewerneur van die Kaap aangestel
  • 22 Mei 1807—22 Mei 1807: Du Pre; Hertog van Caledon as Goewerneur van die Kaap aangestel
86 1808 
  • 1808—1808: Clanwilliam gestig
87 1809 
  • 1809—1809: Groot droogte op die Oosgrens
  • 1809—1809: Gola se Xhosa gemeenskap vestig hulle by Pramberg
88 1810 
  • 1810—1810: Geboorte van Montshiwa van die Rolong
89 1811 
  • 1811—1811: NG Gemeente Caledon gestig
    Afgestig van Swellendam
  • 1811—1811: Caledon en George gestig
  • 1811—1811: Gereelde rondgaande howe gestig
  • 1811—1812: William John Burchell reis na die binneland
  • 1811—1812: Vierde Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes
  • 5 Jul 1811—5 Jul 1811: Luitenant Generaal Grey as Goewerneur van die Kaap aangestel
  • 6 Sep 1811—6 Sep 1811: Sir John Francis Cradock as Goewerneur van die Kaap aangestel
90 1812 
  • 1812—1812: Eerste Presbiteriaanse gemeente gestig
  • 1812—1812: Molehabangwe van die Tlhaping oorlede
    Word opgevolg deur sy seun Mothibi
  • 1812—1812: Swarte Ommegang
    Rondgaande howe wat ingestel was om klagtes van mishandeling van Koikoi deur boere te ondersoek. Sendelinge Read en van der Kemp het beweer dat meer as 100 moorde deur die boere gepleeg is.
  • 1812—1812: Cradock en Grahamstad gestig
91 1813 
  • 1813—1813: NG Gemeente George gestig
    Afgestig van Swellendam
  • 1813—1813: Hofverrigtinge vir die publiek oopgestel
  • 1813—1813: Ds John Campbell voer `n sendinginspeksie van die binneland uit
  • 1813—1813: Adam Kok se mense maak aanspraak op die naam Griekwa
  • Jan 1813—Jan 1813: Inwyding van eerste NG kerkgebou op Caledon
    Hierdie gebou is in 1876 vervang deur `n groter struktuur wat deur Carl Otto Hager ontwerp is.
  • 2 Nov 1813—2 Nov 1813: Lord Charles Henry Somerset as Goewerneur van die Kaap aangestel
92 1814 
  • 1814—1814: `Evangelische Gezangen` eerste keer aan Kaap gesing
  • 1814—1814: Besluit deur die kerk om Skotse predikante te werf
  • 1814—1814: Lord Charles Henry Somerset begin met sy angliseringsbeleid
  • 1814—1814: Pospakket diens tussen Brittanje en die Kaap ingestel
  • 1814—1814: Die kerkgebou van Stellenbosch vergroot
    Die noord-; suid- en wesvleuels word verleng en die voorkant kry `n klassistiese gewel.
  • 13 Aug 1814—13 Aug 1814: Britse Besetting bekragtig by Kongres van Wene
93 1815 
  • 1815—1815: Stigting van Weeshuis
  • 1815—1815: Napoleon by Slag van Waterloo verslaan
  • 1815—1815: Slagtersnek opstand
94 1816 
  • 1816—1816: Wesleyaanse Sending aan die Nama by Leliefontein
  • 1816—1816: Algemeen Reglement vir kerk in Nederland
  • 1816—1816: Kuruman Sending gevestig
    Sendelinge Read en Hamilton van die Londense Sending Genootskap; met Hendriks; Kakkerlak en Sedras vestig Kuruman Sending
  • 1816—1816: Shaka word Zoeloe-opperhoof
95 1817 
  • 1817—1817: NG Gemeente Uitenhage gestig
    Afgestig van Graaff-Reinet
  • 1817—1817: Aankoms van Eerwaarde Robert Moffat
  • 1817—1817: Skotse ambagsman immigrante na die Kaap gebring
    Benjamin Moodie het ongeveer 200 Skotse ambagsmanne na die Kaap gebring
96 1818 
  • 1818—1818: NG Gemeente Cradock gestig
    Afgestig van Graaff-Reinet
  • 1818—1818: Nedersettings aan die oorkant van die Oranjerivier ontstaan
  • 1818—1818: Stigting van Bybelgenootskap
  • 1818—1818: Beaufort-Wes gestig
  • 1818—1819: Vyfde Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes
    Grahamstad word deur Xhosas aangeval
97 1819 
  • 1819—1819: NG Gemeente Beaufort-Wes gestig
    Afgestig van Tulbagh/Graaff-Reinet
  • 1819—1819: NG Gemeente Hottentots-Holland (Somerset-Wes) gestig
    Afgestig van Stellenbosch.
  • 1819—1819: Aankoms in Suid-Afrika van dr John Phillip.
    Hy was `n Britse filantroop van die Londense Sending Genootskap
98 1820 
  • 1820—1820: Werwing van Skotse predikante
  • 1820—1820: Port Elizabeth vernoem deur Sir Rufane Donkin
  • 1820—1820: Worcester gestig
  • 1820—1820: Andries Waterboer verkies tot Griekwa Kaptein by Griekwastad
  • 1820—1820: James Read produseer die eerste boek in Setswana
  • 1820—1821: Aankoms van Britse Setlaars
    Ongeveer 5000 Britse Setlaars kom in Algoabaai (Port Elizabeth) aan en vestig in die Oos-Kaap
99 1821 
  • 1821—1821: NG Gemeente Worcester gestig
    Afgestig van Tulbagh
  • 1821—1821: Eerwaarde Robert Moffat verskuif na Kuruman
    Hy was in Namaqualand sedert 1817
100 1822 
  • 1822—1822: Aankoms van Ds Andrew Murray (Snr)
  • 5 Jul 1822—5 Jul 1822: Engels word die amptelike taal in die Kaapkolonie
    Die Angliseringsproses het ook die invoering van die Engelse regstelsel tot gevolg gehad
101 1823 
  • 1823—1823: Begin van Difaqane - Slag van Dithakong
    Manthatisi teruggedryf deur Tlhaping met behulp van die Griekwas. Tswana na die noorde en ooste hewiglik ontwrig deur Difaqane strooptogte.
  • 1823—1823: Aankoms van Ierse setlaars
    John Ingram het ongeveer 146 Ierse setlaars na die Kaap gebring
102 1824 
  • 1824—1824: George Thompson reis na die binneland
    Hy noem die Augrabies Watervalle `Cataract of King George`
  • 1824—1824: Begin van Lovedale Sending onder die Xhosa
  • 1824—1824: Bergenaar rebellie
  • 1824—1824: Eerste vuurtoring geopen
  • 1824—1824: Die Zoeloe-koning Shaka `ken toe; bemaak en verkoop` Port Natal
    Die Zoeloe-koning het dit verkoop aan Farewell en sy makkers
  • 1824—1824: Eerwaarde Robert Moffat begin sendingwerk op Kuruman
  • 1824—1824: Ds Abraham Faure begin `Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift`
  • 1824—1824: Bouwerk aan die pad deur die Fransch Hoek Pas begin
  • 2 Nov 1824—2 Nov 1824: Eerste sinode van die Kaapse Kerk
103 1825 
  • 1825—1825: NG Gemeente Somerset-Oos gestig
    Afgestig van Graaff-Reinet/Uitenhage
  • 1825—1825: Gedepresi?erde riksdaalder word omgeskakel na Britse Sterling
  • 1825—1825: Eerste stoomskip kom in Tafelbaai aan
  • 1825—1825: Die `Jubilee Park Cemetery` in Uitenhage in gebruik
  • 1825—1825: Die `Anglican St. Mary`s Collegiate Church` begin in Port Elizabeth
  • 10 Okt 1825—10 Okt 1825: Geboorte van Paul Kruger
    Hy het later President van die Zuid Afrikaansche Republiek (ZAR) geword
104 1826 
  • 1826—1826: NG Gemeente Colesberg (Toverberg/Torenberg) gestig
    Afgestig van Graaff-Reinet
  • 1826—1826: NG Gemeente Tijgerberg (Durbanville) gestig
    Afgestig van Kaapstad/Paarl/Swartland
  • 1826—1826: NG Gemeente Clanwilliam gestig
    Afgestig van Tulbagh/Swartland
  • 1826—1826: L Marquard as eerste sendeling van die Kaapse Kerk georden
  • 1826—1826: Adam Kok II vestig Philippolis Griekwa Kapteinskap
105 1827 
  • 5 Jan 1827—5 Jan 1827: NG Gemeente Glen Lynden (Bedford) gestig
    Afgestig van Somerset-Oos
106 1828 
  • 1828—1828: Geboorte van Dr Andrew Murray (Jnr)
  • 1828—1828: Hoogtepunt van Difaqane (Volksverskuiwing)
  • 1828—1828: Stigting van Zuid-Afrikaansch Athenaeum
    Die stigting het in die Groote Kerk plaasgevind. Dit het later ontwikkel tot die Universiteit van Kaapstad.
  • 1828—1828: Dood van Shaka Zoeloe
  • 1828—1828: Die `Union Chapel` gemeente in Port Elizabeth gestig
    Hierdie gemeente was deel van die Londense Sending Genootskap. Rekordhouding het in 1831 begin
  • 1828—1828: `St. Mary`s Cemetery` begin in Port Elizabeth
  • 1828—1828: Afskaffing van diskriminasie teen Koikoi deur Ordonnansie 50
107 1829 
  • 1829—1829: Paryse en Rynse Sendinggenootskappe begin sendingwerk
  • 20 Sep 1829—20 Sep 1829: NG Gemeente Wynberg gestig
    Afgestig van Kaapstad
  • 3 Okt 1829—3 Okt 1829: Opening van `SA College`
    Hierdie kollege het later die Universiteit van Kaapstad geword
108 1830 
  • 1830—1830: Eerwaarde Robert Moffat se drukpers word per ossewa na Kuruman vervoer
  • 1830—1830: Colesberg gestig
  • 1830—1830: Volle burgerregte toegeken aan Rooms Katolieke in die Kaap
  • 1830—1830: Pad oor Sir Lowry`s Pas geopen
109 1831 
  • 1831—1831: NG Gemeente Albanie gestig
    Afgestig van Uitenhage
  • 1831—1831: Eerste publikasie van De Zuid Afrikaan (Ons Land)
  • 1831—1831: Eerste uitgawe van `Grahamstown Journal`
110 1833 
  • 1833—1833: NG Gemeente Piketberg (Piquetberg) gestig
    Afgestig van Clanwilliam/Swartland/Tulbagh
  • 1833—1833: Paryse Sendinggenootskap begin werksaamhede onder Basoeto`s
  • 1833—1833: Slawerny deur die hele Britse Ryk afgeskaf
    Die Britse Regering het kompensasie aan die Trekboere in die Kaap Kolonie vir die 35;000 slawe aangebied. Dit is egter slegs in Londen uitbetaal wat dit prakties onmoontlik vir die meerderheid slawe-eienaars gemaak het om hul vergoeding op te eis. `n Kombinasie van faktore: die Angliseringsbeleid; die invoer van die Engelse regstelsel en die blykbaar nimmereindigende oorlo? met die Xhosas was die grootste dryfveer vir die Groot Trek.
  • 1833—1839: Ongeveer 750 jeugdiges as leerjongens na die Kaap gebring
111 1834 
  • 1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap gestig
  • 1834—1834: Instelling van die Wetgewende Raad
  • 1834—1834: King William`s Town gestig
  • 1834—1834: Die `Anglican St. John`s Church` in Bathurst gebou
    Begrafnisrekords strek terug na 1823
  • 1834—1834: Kerk bedien vrygestelde slawe
  • 1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap vestig sendingstasie by Bethulie
  • 1834—1834: `Afscheiding` in Nederland
  • 1834—1834: Port Natal hernoem na Durban
  • 1834—1835: Andrew Smith met kunstenaar Charles Davidson Bell reis in die binneland
  • Des 1834—Des 1834: Amptelike Vrystelling van slawe
    Hulle bly egter `leerjongens` vir 4 jaar
112 1835 
  • 1835—1836: Begin van die Groot Trek
    Louis Trichardt; Hans van Rensburg en Andries Potgieter trek noord
113 1836 
  • 1836—1836: James Alexander reis deur Namakwaland
  • 1836—1836: Potgieter se trekkers verslaan die Ndebele by die Slag van Vegkop
  • 1836—1836: Die Groot Trek bereik die omgewing van Transvaal en Vrystaat
  • 2 Des 1836—2 Des 1836: Eerste Voortrekker-regering verkies onder leierskap van Gerrit Maritz
114 1837 
  • 1837—1837: Port Elizabeth; Cradock en Colesberg word selfstandig
    Afsonderlike administratiewe distrikte is aan hulle toegeken.
  • 1837—1837: Buitengewone sinodesitting keur die Groot Trek af
  • 1837—1837: Piet Retief publiseer sy `Manifesto`
  • 1837—1837: Andries Potgieter en Piet Uys verslaan die Ndebele by Mosega
    Potgieter en Uys is deur die Rolong en Griekwa stamme gehelp
  • 1837—1837: Eerste kerkraad en leraar van die Voortrekkers
  • 1837—1837: Eerste Rooms-Katolieke biskop aangestel
  • 1837—1837: Louis Trichardt se Trek arriveer in Lourenco Marques (nou Maputo)
  • 28 Mrt 1837—28 Mrt 1837: Piet Retief en sy Trek verlaat die Kaapkolonie
    Retief het sy geselskap oor die Drakensberge na Natal geneem.
115 1838 
  • 1838—1838: Berlynse Sendinggenootskap begin sendingwerk by Zoar
  • 1838—1838: `Russell Road (Hyman`s kloof) Cemetery` in Port Elizabeth gestig
  • 1838—1838: Pietermaritzburg gestig
  • 4 Des 1838—4 Des 1838: Britte beset Port Natal
  • 16 Des 1838—16 Des 1838: Slag van Bloedrivier
    Na die dood van Retief het Andries Pretorius die leierskap-vakuum gevul met die hoop om vir vrede te onderhandel indien Dingaan die grond sou toeken wat hy aan Retief beloof het. Toe Dingaan in reaksie hierop egter sowat 12000 Zoeloe krygers (impis) uitstuur om die groep Voortrekkers aan te val; het die Voortrekkers hulself op 16 Desember 1838 by die Slag van Nacomerivier (ook genoem die Slag van Bloedrivier) verdedig waartydens die Voortrekkers die oormag Zoeloe impis verslaan het.
  • 22 Des 1838—22 Des 1838: Potchefstroom gestig
    Eerste Boere-dorp
116 1839 
  • 1839—1839: NG Gemeente Riversdal gestig
    Afgestig van Swellendam
  • 1839—1839: Eerste Kaapse Superintendent-generaal van Onderwys
  • 1839—1839: Republiek Natalia gestig
  • 3 Jan 1839—3 Jan 1839: NG Gemeente Pietermaritzburg gestig
    Eerw Erasmus Smit; `n voormalige sendeling van die Londense Sendinggenootskap; is deur `goewerneur` Piet Retief as die eerste leraar van die `reisende gemeente van die Gereformeerde Kerk na Port Natal` op 21 Mei 1837 aan die trekkers voorgestel.
  • 22 Mrt 1839—22 Mrt 1839: NG Gemeente Bredasdorp gestig
    Afgestig van Swellendam/Caledon
117 1840 
  • 1840—1840: NG Gemeente Wagenmakersvallei (Wellington) gestig
    Afgestig van Paarl
  • 1840—1840: Sendeling-ontdekkingsreisiger; dr David Livingstone; kom in Kaapstad aan
    Hy vertrek op reis deur Kuruman na Sentraal Afrika
  • 1840—1840: Die `Anglican St. Katherine`s Church` in Uitenhage gestig
  • 1840—1850: Kommersi?le wolboere in Karoo
    Uitbreiding van kommersi?le wolboere in Karoo transformeer die koloniale ekonomie. Die Pedi migreer om op Kaapse plase te werk
  • 16 Okt 1840—16 Okt 1840: Potchefstroom; Winburg en Natalia smelt saam tot `n enkele Boerestaat
118 1841 
  • 1841—1841: Oprigting van eerste sinagoge in Suid-Afrika
  • 1841—1841: Metodiste Kerk in Port Elizabeth gestig
  • 1841—1841: NG Gemeente Winburg gestig
    Eerste Vrystaatse gemeente
  • 1841—1841: Voortrekker Raad in Potchefstroom gevestig
  • 16 Jan 1841—16 Jan 1841: NG Gemeente Winburg gestig
    Ds Lindley; `n Presbiteriaanse Sendeling; word die eerste leraar van die Voortrekkerkerk. Hy woon in Natal en in 1842; op pad na Potchefstroom; bevestig hy die eerste kerkrade van Winburg en Potchefstroom en doop ook 331 kinders.
119 1842 
  • 1842—1842: NG Gemeente Prins Albert gestig
    Afgestig van Beaufort-Wes
  • 1842—1842: Dick King se rit te perd vanaf Durban na Grahamstad
  • 1842—1842: Sinode besluit op benaming van Nederduitse Gereformeerde Kerk
  • 1842—1842: Reglement van 1842 maak kerk vryer van staatsinmenging
  • 1842—1842: Britse anneksasie van Natal
  • 1842—1843: Oorlog tussen die Britte en die Boere in Natal
  • 26 Mrt 1842—26 Mrt 1842: Nederduitsch Hervormde Gemeente Potchefstroom gestig
  • 27 Mrt 1842—27 Mrt 1842: NG Gemeente Mooirivier (Potchefstroom) gestig
    Die Voortrekker Volksraad het bepaal dat `twee gemeentes wes en drie oos van die Drakensberge gestig moet word`. Ds Daniel Lindley het nuwe lidmate op 26/27 Maart 1842 bevestig en dit word beskou as die stigtingsdatum.