|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1566 | - 1566—1648: Tagtigjarige Oorlog
Die Nederlanders veg teen Spaanse oorheersing wat lei tot die stigting van die Nederlandse Republiek. Hulle het ook die steun van die Protestantse Engeland teen die Spaanse onderdrukking van die Protestantse Hervormingsbeweging geniet.
|
2 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
3 | 1619 | - 1619—9 Jan 1677: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck
van Riebeeck het later `n halfweg-stasie aan die Kaap gevestig
|
4 | 1629 | - 1629—1664: Maria de la Quellerie
Sy is later met Jan van Riebeeck getroud
|
5 | 1647 | - 1647—1647: Janszen en Proot se verslag
Hulle skryf `n gunstige verslag oor die Kaap na die stranding van die Haerlem
|
6 | 1648 | - 1648—1648: Einde van die Tagtigjarige Oorlog
Verdrag van M?nster in 1648
|
7 | 1649 | - 28 Mrt 1649—28 Mrt 1649: Huwelik van Jan en Maria van Riebeeck
|
8 | 1652 | - 1652—1652: `Sieckentrooster` W. Wijland lei die eerste godsdiensoefeninge aan die Kaap
- 1652—1652: Oprigting van die Fort aan die Kaap
- 6 Apr 1652—6 Apr 1652: Jan van Riebeeck vestig `n halfwegstasie aan die Kaap
van Riebeeck en sy geselskap arriveer op die skepe Reijger; Goede Hoop en Drommedaris
- 12 Mei 1652—12 Mei 1652: Bediening van die eerste nagmaal aan die Kaap deur Ds J. Backerius
|
9 | 1653 | - 20 Aug 1653—20 Aug 1653: Bediening van die eerste doop aan die Kaap deur Ds F. Fonten
Bernert Wijland was die eerste gereformeerde dopeling in Suid-Afrika
- 25 Des 1653—25 Des 1653: Doop van Abraham van Riebeeck (1653-1713)
Abraham was een van Jan van Riebeeck se 8 kinders en die tweede gereformeerde dopeling aan die Kaap
|
10 | 1654 | - 1654—1654: Eerste dankdiens aan die Kaap
- 1654—1654: Asiatiese gevangenes as slawe na die Kaap gebring
|
11 | 1656 | - 1656—1656: Catharina Anthonis bevry
Catharina Anthonis was `n slavin gebore in Bengale en was die eerste slaaf wat bevry is; omdat Jan Woutersz met haar wou trou
|
12 | 1657 | - 1657—1657: Slawe word vanaf Madagaskar en Java ingevoer
- 2 Feb 1657—2 Feb 1657: Eerste blanke Vryburgers
Nege man word uit die VOC se diens ontslaan om self `n bestaan te kan maak. Hulle kry grond langs die Liesbeeck Rivier (nou Rondebosch). Streng voorwaardes geld vir die verskaffing van hul produkte aan die VOC.
|
13 | 1658 | - 28 Mrt 1658—28 Mrt 1658: Manlike en vroulike slawe vanaf Angola; arriveer in Tafelbaai
38 manlike en 37 vroulike slawe vanaf Angola; arriveer in Tafelbaai aan boord van die `Amersfoort`
- 17 Apr 1658—17 Apr 1658: VOC slaweskool word geopen
Geen ouderdomsbeperking was van krag nie en sieketrooster Pieter van der Stael was die onderwyser. As `aansporing` het leerlinge op skooldae `n sopie brandewyn en `n bietjie tabak ontvang
- Mei 1658—Mei 1658: 228 slawe arriveer in Tafelbaai
Hierdie slawe het vanaf die Wes-Afrika kus aan boord van die `Hassell` gearriveer. Ongeveer 80 is na Batavia gestuur.
|
14 | 1659 | - 1659—1659: Eerste oorlog tussen VOC en die Koikoi
- Mei 1659—Mei 1659: Eerste verdedigingsmag gestig
Die Politieke Raad besluit om `n `kompagnie schutters` met `crijgsofficieren` te organiseer een sersant en twee korporaals. Die boer Harman Remagienne en die meulenaar Wouter Mostert staan onder bevel van Steven Jansen.
|
15 | 1660 | - 1660—1660: Amandelheining geplant
Die doel van die heining was om die nedersetting teen die Hottentotte (Koikoi) te beskerm
|
16 | 1661 | - 1661—1661: Gerugte oor die bestaan van die 'Briqua' aangeteken
Gerugte in die Kaap oor die volk genaamd die 'Briqua' aangeteken, later bekend as die Tswana.
|
17 | 1662 | - 1662—1662: Doop van Eva (Krotoa)
Krotoa (~1641 ? 29 Julie 1674) was 'n Khoi-vrou wat as jong meisie deur Jan en Maria de la Quellerie in hulle huis in die Kaap opgeneem is as speelmaat en kinderoppasser vir die Van Riebeeck-kinders. Sy was 'n broerskind van Herrie die Strandloper (Autohoemao). Haar Khoi-naam was Krotoa, maar sy is deur Maria na Eva hernoem. Krotoa kon Nederlands en Portugees praat en het as tolk vir die Nederlanders aan die Kaap gewerk. Sy is die stammoeder van die Van Meerhof-familie.
- 6 Mei 1662—6 Mei 1662: Jan van Riebeeck verlaat die Kaap vir Malakka; Batavia
- 9 Mei 1662—9 Mei 1662: Zacharias Wagenaar as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
18 | 1663 | - 1663—1663: Eerste openbare skool aan die Kaap
Hoofsaaklik vir kinders van VOC werknemers
- 1663—1663: Buiteposte in Saldanhabaai en Hottentots Holland gevestig
|
19 | 1665 | - 1665—1665: Aankoms van Ds J. van Arckel
Hy was die eerste predikant van die kerk aan die Kaap
- 1665—1665: NG Gemeente Kaapstad gestig
Eerste Gemeente in Suid-Afrika
- 1665—1665: Bevestiging van eerste kerkraad
|
20 | 1666 | - 1666—1666: Cornelis van Qualberg as Goewerneur van die Kaap aangestel
- 1666—1666: Aankoms van Ds J de Vooght
Hy was die tweede leraar van die kerk aan die Kaap
- 1666—1666: Begin van bouwerk aan die Kasteel
Die Kasteel is gebou om die bestaande Fort te vervang
- 1666—1666: Dood van Ds Van Arckel
- 1666—1666: Nedersettings ontstaan in Saldanhabaai en Vishoek
|
21 | 1667 | - 1667—1667: Indiërs arriveer aan die Kaap
|
22 | 1668 | - Jun 1668—Jun 1668: Jacob Borghorst as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
23 | 1670 | - 2 Jun 1670—2 Jun 1670: Pieter Hackius as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
24 | 1671 | - Des 1671—Des 1671: Coenraad van Breitenbach as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
25 | 1672 | - 23 Mrt 1672—23 Mrt 1672: Albert van Breugel as Goewerneur van die Kaap aangestel
- 2 Okt 1672—2 Okt 1672: Yobrand Godske as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
26 | 1673 | - 1673—1673: Tweede VOC-Koikoi Oorlog
Die oorlog was teen Gonnema gevoer; `n Koikoi-aanvoerder
|
27 | 1676 | - 2 Jan 1676—2 Jan 1676: Johan Bax (van Herenthals) as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
28 | 1677 | - 19 Jan 1677—19 Jan 1677: Jan van Riebeeck in Batavia begrawe
Hy was 58 jaar oud.
|
29 | 1678 | - 1678—1678: Nedersetting ontstaan in Hottentots Holland
- 29 Jun 1678—29 Jun 1678: Hendrik Crulax as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
30 | 1679 | - 1679—1679: Eerste boere vestig langs die Eersterivier
- 1679—1679: Stellenbosch gestig
- 1679—1679: Voltooiing van die Kasteel in Kaapstad
- 14 Okt 1679—1688: Simon van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
Hy kry opdrag om die kolonie uit te brei
|
31 | 1683 | - 1683—1683: Eerste skool vir blanke kinders buite Kaapstad in Stellenbosch gestig
|
32 | 1685 | - 1685—1685: Slawe toegelaat om hul vryheid te koop
Kommissaris Hendrik van Reede (VOC) vaardig `n dekreet uit waarvolgens manlike slawe hul vryheid kan koop vir 100 gulde wanneer hul 25 jaar oud is; met die voorwaarde dat hulle aangeneem is in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Nederlands kan praat. Dieselfde voorwaardes het vir die vroulike slawe gegeld; behalwe dat hulle hul vryheid op 22 jaar oud kon afkoop.
- 1685—1685: Edik van Nantes herroep
Die Edik van Nantes dateer uit 1598 en het die Hugenote die reg gegee om hul geloof te beoefen, sonder dat hulle deur die staat sal vervolg word. Die herroeping van die Edik het gevolg tot die vernieting van Hugenote-kerke en die sluiting van Protestantse skole. Alle Hugenote is vervolg, wat gelei het tot 'n grootskaalse emigrasie (tussen 210,000 tot 900,000), na Engeland, Noord-Amerika, Switzerland, Swede, Denemarke, Brandenburg-Pruisse, Protestantse dele van die Romeinse Ryk en die Kaapkolonie. -https://en.wikipedia.org/wiki/Edict_of_Fontainebleau
- 1685—1685: Simon van der Stel besoek Namakwaland
|
33 | 1686 | - 13 Okt 1686—13 Okt 1686: NG Gemeente Stellenbosch gestig
Afgestig van Kaapstad
|
34 | 1687 | - 1687—1687: Nedersettings ontstaan langs die Bergrivier (Drakenstein; nou Paarl)
- 19 Aug 1687—19 Aug 1687: Eerste kerkgeboutjie in Suid-Afrika in Stellenbosch ingewy
|
35 | 1688 | - 1688—1689: Aankoms van ongeveer 200 Franse Hugenote aan die Kaap
Meeste vestig hul in Fransch Hoek
- Apr 1688—Apr 1688: Aankoms van die eerste 22 Franse Hugenote
Die grootste getal Hugenote vlugtelinge wat na die Kaap van Goeie Hoop gevlug het, het gedurende 1688-1689 gearriveer.
Selfs voor hierdie grootskaalse emigrasie het individuele Hugenote vlugtelinge soos Francois Villion (1671) en die broers François en Guillaume du Toit (1686) hulle aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig.
Teen 1692 was 'n totaal van 201 Franse Hugenote aan die Kaap woonagtig. Die meeste van hulle het hulself gevestig in die omgewing van die huidige dorp Franschhoek, sowat 70 km vanaf Kaapstad, waar vele van die plase nog hul oorponklike Franse naam dra. Bron:
Hugenote Vereniging van Suid-Afrika
|
36 | 1690 | - 1690—1690: Blanke trekboere begin verskyn
|
37 | 1691 | - 1691—1691: NG Gemeente Drakenstein (Paarl) gestig
Afgestig van Stellenbosch
|