|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1818 | - 1818—1819: Vyfde Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes
Grahamstad word deur Xhosas aangeval
|
3 | 1819 | - 1819—1819: NG Gemeente Beaufort-Wes gestig
Afgestig van Tulbagh/Graaff-Reinet
- 1819—1819: NG Gemeente Hottentots-Holland (Somerset-Wes) gestig
Afgestig van Stellenbosch.
- 1819—1819: Aankoms in Suid-Afrika van dr John Phillip.
Hy was `n Britse filantroop van die Londense Sending Genootskap
|
4 | 1820 | - 1820—1820: Werwing van Skotse predikante
- 1820—1820: Port Elizabeth vernoem deur Sir Rufane Donkin
- 1820—1820: Worcester gestig
- 1820—1820: Andries Waterboer verkies tot Griekwa Kaptein by Griekwastad
- 1820—1820: James Read produseer die eerste boek in Setswana
- 1820—1821: Aankoms van Britse Setlaars
Ongeveer 5000 Britse Setlaars kom in Algoabaai (Port Elizabeth) aan en vestig in die Oos-Kaap
|
5 | 1821 | - 1821—1821: NG Gemeente Worcester gestig
Afgestig van Tulbagh
- 1821—1821: Eerwaarde Robert Moffat verskuif na Kuruman
Hy was in Namaqualand sedert 1817
|
6 | 1822 | - 1822—1822: Aankoms van Ds Andrew Murray (Snr)
- 5 Jul 1822—5 Jul 1822: Engels word die amptelike taal in die Kaapkolonie
Die Angliseringsproses het ook die invoering van die Engelse regstelsel tot gevolg gehad
|
7 | 1823 | - 1823—1823: Begin van Difaqane - Slag van Dithakong
Manthatisi teruggedryf deur Tlhaping met behulp van die Griekwas. Tswana na die noorde en ooste hewiglik ontwrig deur Difaqane strooptogte.
- 1823—1823: Aankoms van Ierse setlaars
John Ingram het ongeveer 146 Ierse setlaars na die Kaap gebring
|
8 | 1824 | - 1824—1824: George Thompson reis na die binneland
Hy noem die Augrabies Watervalle `Cataract of King George`
- 1824—1824: Begin van Lovedale Sending onder die Xhosa
- 1824—1824: Bergenaar rebellie
- 1824—1824: Eerste vuurtoring geopen
- 1824—1824: Die Zoeloe-koning Shaka `ken toe; bemaak en verkoop` Port Natal
Die Zoeloe-koning het dit verkoop aan Farewell en sy makkers
- 1824—1824: Eerwaarde Robert Moffat begin sendingwerk op Kuruman
- 1824—1824: Ds Abraham Faure begin `Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift`
- 1824—1824: Bouwerk aan die pad deur die Fransch Hoek Pas begin
- 2 Nov 1824—2 Nov 1824: Eerste sinode van die Kaapse Kerk
|
9 | 1825 | - 1825—1825: NG Gemeente Somerset-Oos gestig
Afgestig van Graaff-Reinet/Uitenhage
- 1825—1825: Gedepresi?erde riksdaalder word omgeskakel na Britse Sterling
- 1825—1825: Eerste stoomskip kom in Tafelbaai aan
- 1825—1825: Die `Jubilee Park Cemetery` in Uitenhage in gebruik
- 1825—1825: Die `Anglican St. Mary`s Collegiate Church` begin in Port Elizabeth
- 10 Okt 1825—10 Okt 1825: Geboorte van Paul Kruger
Hy het later President van die Zuid Afrikaansche Republiek (ZAR) geword
|
10 | 1826 | - 1826—1826: NG Gemeente Colesberg (Toverberg/Torenberg) gestig
Afgestig van Graaff-Reinet
- 1826—1826: NG Gemeente Tijgerberg (Durbanville) gestig
Afgestig van Kaapstad/Paarl/Swartland
- 1826—1826: NG Gemeente Clanwilliam gestig
Afgestig van Tulbagh/Swartland
- 1826—1826: L Marquard as eerste sendeling van die Kaapse Kerk georden
- 1826—1826: Adam Kok II vestig Philippolis Griekwa Kapteinskap
|
11 | 1827 | - 5 Jan 1827—5 Jan 1827: NG Gemeente Glen Lynden (Bedford) gestig
Afgestig van Somerset-Oos
|