|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1694 | - 1694—1694: Aankoms en vestiging van Sjeg Yusuf en Moslem-volgelinge
|
3 | 1698 | - 1698—1698: Nedersetting ontstaan in die Wagenmaker`s Vallei (Wellington)
|
4 | 1699 | - 1 Feb 1699—1 Feb 1699: Willem Adriaan van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
Willem Adriaan van der Stel volg sy pa, Simon van der Stel, op as die nuwe goewerneur van die Kaap.
Van der Stel het 'n statige landgoed tot stand gebring by Vergelegen, naby die huidige Somerset-Wes. Die omvang van sy bedrywighede het tot klagtes aanleiding gegee, wat op die spits gedryf is in 'n klagskrif wat deur 63 burgers aan die Here XVII in Nederland gestuur is in 1705. Van der Stel het die situasie nie goed hanteer nie en Adam Tas, tesame met talle ander leiers gevange gehou. Die goewerneur is na Nederland ontbied vir 'n ondersoek. Ondanks sy lang geskrewe verdediging is die uitspraak teen hom gelewer. Daar is beslag gel? op Vergelegen en dit is verkoop, en hy is ontslaan uit die diens van die Kompanjie in 1707 en terug na Nederland gebied.
- https://af.wikipedia.org/wiki/Willem_Adriaan_van_der_Stel
|
5 | 1700 | - 1700—1700: Eerste voltydse predikant van Stellenbosch - Hercueles van Loon
- 1700—1700: Nedersetting in 't Land van Waveren (Tulbagh)
Boere begin hulle vestig in die Land van Waveren. Die verste plase van die Kaap is gebruik vir veeteelt, aangesien dit die enigste ekonomies-rendabele produk is wat op so 'n lang afstand van die Kaap af winsgewend was.Dit was te kostelik om ander produkte so ver te vervoer en die slagvee kon immers die afstand self loop.
Kaapstad was in die tyd dus in stad ter grootte van 'n dorp wat as hawe, mark en garnisoensplek gedien het. Om Kaapstad was daar 'n streek waar akkerbou plaasgevind het en dan 'n streek waar die veeboere gewoon het, tussen en langs al die Khoikhoi, wat deur die hele kolonie verspreid krale gehad het. - Ad Biewenga: De Kaap de Goede Hoop (1999)
- Des 1700—Des 1700: Eerste steen van N.G. Kerk te Kaapstad gel?
Goewerneur Willem Adriaan van der Stel l? eerste steen van nuwe fondamente vir Moedergemeente Kaapstad se kerkgebou.
- 'NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002', 2002
|
6 | 1701 | - 1701—1701: Vee rooftogte gemik teen die Nederlanders deur Khoisan begin
|
7 | 1704 | - 6 Jan 1704—6 Jan 1704: Moederkerk Kaapstad se eerste permanente kerkgebou ingewy
|
8 | 1707 | - 1707—1707: Ds P Kalden en goewerneur Willem Adriaan Van der Stel verban
- 3 Jun 1707—3 Jun 1707: Johan Cornelis d`Ableing as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
9 | 1708 | - Feb 1708—Feb 1708: Louis van Assenburg as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
10 | 1710 | - 1710—1710: Kerk van Stellenbosch deur brand vernietig
n Brand het die eerste kerk in Stellenbosch; die Drostdy en twaalf dorpshuise afgebrand
|
11 | 1711 | - 28 Des 1711—28 Des 1711: Willem Helot as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
12 | 1713 | - 1713—1713: Eerste pokke-epidemie in die Kaap
Pokke is vanaf Indi? ingebring op besoekende skepe. Dit saai verwoesting onder die Hottentotte en baie blankes is ook dood
|
13 | 1714 | - 28 Mrt 1714—28 Mrt 1714: Maurits Pasques de Chavonnes as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
14 | 1717 | - 1717—1717: Stelsel van Vrypagtitel op grond eindig
Teen hierdie tyd was ongeveer 400 plase reeds uitgegee
|
15 | 1719 | - 1719—1719: Hoeksteenlegging van die Kruiskerk van Stellenbosch
Kerk is op die huidige perseel; oos en buite die dorp en bokant die wind en brandgevaar opgerig.
|
16 | 1720 | - 1720—1740: Wes-Kaapse Koikoi gereduseer tot `n werkersklas
|
17 | 1722 | - 1722—1722: Groot Constantia word gebou
- 1722—1722: Grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop.
Die eerste tien grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop. Ongeveer 100 grafte is uitgemeet; maar volgens die graflyste is ongeveer 500 mense uiteindelik hier begrawe.
|