|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1822 | - 1822—1822: Aankoms van Ds Andrew Murray (Snr)
- 5 Jul 1822—5 Jul 1822: Engels word die amptelike taal in die Kaapkolonie
Die Angliseringsproses het ook die invoering van die Engelse regstelsel tot gevolg gehad
|
3 | 1823 | - 1823—1823: Begin van Difaqane - Slag van Dithakong
Manthatisi teruggedryf deur Tlhaping met behulp van die Griekwas. Tswana na die noorde en ooste hewiglik ontwrig deur Difaqane strooptogte.
- 1823—1823: Aankoms van Ierse setlaars
John Ingram het ongeveer 146 Ierse setlaars na die Kaap gebring
|
4 | 1824 | - 1824—1824: George Thompson reis na die binneland
Hy noem die Augrabies Watervalle `Cataract of King George`
- 1824—1824: Begin van Lovedale Sending onder die Xhosa
- 1824—1824: Bergenaar rebellie
- 1824—1824: Eerste vuurtoring geopen
- 1824—1824: Die Zoeloe-koning Shaka `ken toe; bemaak en verkoop` Port Natal
Die Zoeloe-koning het dit verkoop aan Farewell en sy makkers
- 1824—1824: Eerwaarde Robert Moffat begin sendingwerk op Kuruman
- 1824—1824: Ds Abraham Faure begin `Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift`
- 1824—1824: Bouwerk aan die pad deur die Fransch Hoek Pas begin
- 2 Nov 1824—2 Nov 1824: Eerste sinode van die Kaapse Kerk
|
5 | 1825 | - 1825—1825: NG Gemeente Somerset-Oos gestig
Afgestig van Graaff-Reinet/Uitenhage
- 1825—1825: Gedepresi?erde riksdaalder word omgeskakel na Britse Sterling
- 1825—1825: Eerste stoomskip kom in Tafelbaai aan
- 1825—1825: Die `Jubilee Park Cemetery` in Uitenhage in gebruik
- 1825—1825: Die `Anglican St. Mary`s Collegiate Church` begin in Port Elizabeth
- 10 Okt 1825—10 Okt 1825: Geboorte van Paul Kruger
Hy het later President van die Zuid Afrikaansche Republiek (ZAR) geword
|
6 | 1826 | - 1826—1826: NG Gemeente Colesberg (Toverberg/Torenberg) gestig
Afgestig van Graaff-Reinet
- 1826—1826: NG Gemeente Tijgerberg (Durbanville) gestig
Afgestig van Kaapstad/Paarl/Swartland
- 1826—1826: NG Gemeente Clanwilliam gestig
Afgestig van Tulbagh/Swartland
- 1826—1826: L Marquard as eerste sendeling van die Kaapse Kerk georden
- 1826—1826: Adam Kok II vestig Philippolis Griekwa Kapteinskap
|
7 | 1827 | - 5 Jan 1827—5 Jan 1827: NG Gemeente Glen Lynden (Bedford) gestig
Afgestig van Somerset-Oos
|
8 | 1828 | - 1828—1828: Geboorte van Dr Andrew Murray (Jnr)
- 1828—1828: Hoogtepunt van Difaqane (Volksverskuiwing)
- 1828—1828: Stigting van Zuid-Afrikaansch Athenaeum
Die stigting het in die Groote Kerk plaasgevind. Dit het later ontwikkel tot die Universiteit van Kaapstad.
- 1828—1828: Dood van Shaka Zoeloe
- 1828—1828: Die `Union Chapel` gemeente in Port Elizabeth gestig
Hierdie gemeente was deel van die Londense Sending Genootskap. Rekordhouding het in 1831 begin
- 1828—1828: `St. Mary`s Cemetery` begin in Port Elizabeth
- 1828—1828: Afskaffing van diskriminasie teen Koikoi deur Ordonnansie 50
|
9 | 1829 | - 1829—1829: Paryse en Rynse Sendinggenootskappe begin sendingwerk
- 20 Sep 1829—20 Sep 1829: NG Gemeente Wynberg gestig
Afgestig van Kaapstad
- 3 Okt 1829—3 Okt 1829: Opening van `SA College`
Hierdie kollege het later die Universiteit van Kaapstad geword
|
10 | 1830 | - 1830—1830: Eerwaarde Robert Moffat se drukpers word per ossewa na Kuruman vervoer
- 1830—1830: Colesberg gestig
- 1830—1830: Volle burgerregte toegeken aan Rooms Katolieke in die Kaap
- 1830—1830: Pad oor Sir Lowry`s Pas geopen
|
11 | 1831 | - 1831—1831: NG Gemeente Albanie gestig
Afgestig van Uitenhage
- 1831—1831: Eerste publikasie van De Zuid Afrikaan (Ons Land)
- 1831—1831: Eerste uitgawe van `Grahamstown Journal`
|
12 | 1833 | - 1833—1833: NG Gemeente Piketberg (Piquetberg) gestig
Afgestig van Clanwilliam/Swartland/Tulbagh
- 1833—1833: Paryse Sendinggenootskap begin werksaamhede onder Basoeto`s
- 1833—1833: Slawerny deur die hele Britse Ryk afgeskaf
Die Britse Regering het kompensasie aan die Trekboere in die Kaap Kolonie vir die 35;000 slawe aangebied. Dit is egter slegs in Londen uitbetaal wat dit prakties onmoontlik vir die meerderheid slawe-eienaars gemaak het om hul vergoeding op te eis. `n Kombinasie van faktore: die Angliseringsbeleid; die invoer van die Engelse regstelsel en die blykbaar nimmereindigende oorlo? met die Xhosas was die grootste dryfveer vir die Groot Trek.
- 1833—1839: Ongeveer 750 jeugdiges as leerjongens na die Kaap gebring
|
13 | 1834 | - 1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap gestig
- 1834—1834: Instelling van die Wetgewende Raad
- 1834—1834: King William`s Town gestig
- 1834—1834: Die `Anglican St. John`s Church` in Bathurst gebou
Begrafnisrekords strek terug na 1823
- 1834—1834: Kerk bedien vrygestelde slawe
- 1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap vestig sendingstasie by Bethulie
- 1834—1834: `Afscheiding` in Nederland
- 1834—1834: Port Natal hernoem na Durban
- 1834—1835: Andrew Smith met kunstenaar Charles Davidson Bell reis in die binneland
- Des 1834—Des 1834: Amptelike Vrystelling van slawe
Hulle bly egter `leerjongens` vir 4 jaar
|
14 | 1835 | - 1835—1836: Begin van die Groot Trek
Louis Trichardt; Hans van Rensburg en Andries Potgieter trek noord
|
15 | 1836 | - 1836—1836: James Alexander reis deur Namakwaland
- 1836—1836: Potgieter se trekkers verslaan die Ndebele by die Slag van Vegkop
- 1836—1836: Die Groot Trek bereik die omgewing van Transvaal en Vrystaat
- 2 Des 1836—2 Des 1836: Eerste Voortrekker-regering verkies onder leierskap van Gerrit Maritz
|
16 | 1837 | - 1837—1837: Port Elizabeth; Cradock en Colesberg word selfstandig
Afsonderlike administratiewe distrikte is aan hulle toegeken.
- 1837—1837: Buitengewone sinodesitting keur die Groot Trek af
- 1837—1837: Piet Retief publiseer sy `Manifesto`
- 1837—1837: Andries Potgieter en Piet Uys verslaan die Ndebele by Mosega
Potgieter en Uys is deur die Rolong en Griekwa stamme gehelp
- 1837—1837: Eerste kerkraad en leraar van die Voortrekkers
- 1837—1837: Eerste Rooms-Katolieke biskop aangestel
- 1837—1837: Louis Trichardt se Trek arriveer in Lourenco Marques (nou Maputo)
- 28 Mrt 1837—28 Mrt 1837: Piet Retief en sy Trek verlaat die Kaapkolonie
Retief het sy geselskap oor die Drakensberge na Natal geneem.
|
17 | 1838 | - 1838—1838: Berlynse Sendinggenootskap begin sendingwerk by Zoar
- 1838—1838: `Russell Road (Hyman`s kloof) Cemetery` in Port Elizabeth gestig
- 1838—1838: Pietermaritzburg gestig
- 4 Des 1838—4 Des 1838: Britte beset Port Natal
- 16 Des 1838—16 Des 1838: Slag van Bloedrivier
Na die dood van Retief het Andries Pretorius die leierskap-vakuum gevul met die hoop om vir vrede te onderhandel indien Dingaan die grond sou toeken wat hy aan Retief beloof het. Toe Dingaan in reaksie hierop egter sowat 12000 Zoeloe krygers (impis) uitstuur om die groep Voortrekkers aan te val; het die Voortrekkers hulself op 16 Desember 1838 by die Slag van Nacomerivier (ook genoem die Slag van Bloedrivier) verdedig waartydens die Voortrekkers die oormag Zoeloe impis verslaan het.
- 22 Des 1838—22 Des 1838: Potchefstroom gestig
Eerste Boere-dorp
|