|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1833 | - 1833—1839: Ongeveer 750 jeugdiges as leerjongens na die Kaap gebring
|
3 | 1837 | - 1837—1837: Port Elizabeth; Cradock en Colesberg word selfstandig
Afsonderlike administratiewe distrikte is aan hulle toegeken.
- 1837—1837: Buitengewone sinodesitting keur die Groot Trek af
- 1837—1837: Piet Retief publiseer sy `Manifesto`
- 1837—1837: Andries Potgieter en Piet Uys verslaan die Ndebele by Mosega
Potgieter en Uys is deur die Rolong en Griekwa stamme gehelp
- 1837—1837: Eerste kerkraad en leraar van die Voortrekkers
- 1837—1837: Eerste Rooms-Katolieke biskop aangestel
- 1837—1837: Louis Trichardt se Trek arriveer in Lourenco Marques (nou Maputo)
- 28 Mrt 1837—28 Mrt 1837: Piet Retief en sy Trek verlaat die Kaapkolonie
Retief het sy geselskap oor die Drakensberge na Natal geneem.
|
4 | 1838 | - 1838—1838: Berlynse Sendinggenootskap begin sendingwerk by Zoar
- 1838—1838: `Russell Road (Hyman`s kloof) Cemetery` in Port Elizabeth gestig
- 1838—1838: Pietermaritzburg gestig
- 4 Des 1838—4 Des 1838: Britte beset Port Natal
- 16 Des 1838—16 Des 1838: Slag van Bloedrivier
Na die dood van Retief het Andries Pretorius die leierskap-vakuum gevul met die hoop om vir vrede te onderhandel indien Dingaan die grond sou toeken wat hy aan Retief beloof het. Toe Dingaan in reaksie hierop egter sowat 12000 Zoeloe krygers (impis) uitstuur om die groep Voortrekkers aan te val; het die Voortrekkers hulself op 16 Desember 1838 by die Slag van Nacomerivier (ook genoem die Slag van Bloedrivier) verdedig waartydens die Voortrekkers die oormag Zoeloe impis verslaan het.
- 22 Des 1838—22 Des 1838: Potchefstroom gestig
Eerste Boere-dorp
|