|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1619 | - 1619—9 Jan 1677: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck
van Riebeeck het later `n halfweg-stasie aan die Kaap gevestig
|
3 | 1665 | - 1665—1665: Aankoms van Ds J. van Arckel
Hy was die eerste predikant van die kerk aan die Kaap
- 1665—1665: NG Gemeente Kaapstad gestig
Eerste Gemeente in Suid-Afrika
- 1665—1665: Bevestiging van eerste kerkraad
|
4 | 1666 | - 1666—1666: Cornelis van Qualberg as Goewerneur van die Kaap aangestel
- 1666—1666: Aankoms van Ds J de Vooght
Hy was die tweede leraar van die kerk aan die Kaap
- 1666—1666: Begin van bouwerk aan die Kasteel
Die Kasteel is gebou om die bestaande Fort te vervang
- 1666—1666: Dood van Ds Van Arckel
- 1666—1666: Nedersettings ontstaan in Saldanhabaai en Vishoek
|
5 | 1667 | - 1667—1667: Indiërs arriveer aan die Kaap
|
6 | 1668 | - Jun 1668—Jun 1668: Jacob Borghorst as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
7 | 1670 | - 2 Jun 1670—2 Jun 1670: Pieter Hackius as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
8 | 1671 | - Des 1671—Des 1671: Coenraad van Breitenbach as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
9 | 1672 | - 23 Mrt 1672—23 Mrt 1672: Albert van Breugel as Goewerneur van die Kaap aangestel
- 2 Okt 1672—2 Okt 1672: Yobrand Godske as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
10 | 1673 | - 1673—1673: Tweede VOC-Koikoi Oorlog
Die oorlog was teen Gonnema gevoer; `n Koikoi-aanvoerder
|
11 | 1676 | - 2 Jan 1676—2 Jan 1676: Johan Bax (van Herenthals) as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
12 | 1677 | - 19 Jan 1677—19 Jan 1677: Jan van Riebeeck in Batavia begrawe
Hy was 58 jaar oud.
|
13 | 1678 | - 1678—1678: Nedersetting ontstaan in Hottentots Holland
- 29 Jun 1678—29 Jun 1678: Hendrik Crulax as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
14 | 1679 | - 1679—1679: Eerste boere vestig langs die Eersterivier
- 1679—1679: Stellenbosch gestig
- 1679—1679: Voltooiing van die Kasteel in Kaapstad
- 14 Okt 1679—1688: Simon van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
Hy kry opdrag om die kolonie uit te brei
|
15 | 1683 | - 1683—1683: Eerste skool vir blanke kinders buite Kaapstad in Stellenbosch gestig
|
16 | 1685 | - 1685—1685: Slawe toegelaat om hul vryheid te koop
Kommissaris Hendrik van Reede (VOC) vaardig `n dekreet uit waarvolgens manlike slawe hul vryheid kan koop vir 100 gulde wanneer hul 25 jaar oud is; met die voorwaarde dat hulle aangeneem is in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Nederlands kan praat. Dieselfde voorwaardes het vir die vroulike slawe gegeld; behalwe dat hulle hul vryheid op 22 jaar oud kon afkoop.
- 1685—1685: Edik van Nantes herroep
Die Edik van Nantes dateer uit 1598 en het die Hugenote die reg gegee om hul geloof te beoefen, sonder dat hulle deur die staat sal vervolg word. Die herroeping van die Edik het gevolg tot die vernieting van Hugenote-kerke en die sluiting van Protestantse skole. Alle Hugenote is vervolg, wat gelei het tot 'n grootskaalse emigrasie (tussen 210,000 tot 900,000), na Engeland, Noord-Amerika, Switzerland, Swede, Denemarke, Brandenburg-Pruisse, Protestantse dele van die Romeinse Ryk en die Kaapkolonie. -https://en.wikipedia.org/wiki/Edict_of_Fontainebleau
- 1685—1685: Simon van der Stel besoek Namakwaland
|
17 | 1686 | - 13 Okt 1686—13 Okt 1686: NG Gemeente Stellenbosch gestig
Afgestig van Kaapstad
|
18 | 1687 | - 1687—1687: Nedersettings ontstaan langs die Bergrivier (Drakenstein; nou Paarl)
- 19 Aug 1687—19 Aug 1687: Eerste kerkgeboutjie in Suid-Afrika in Stellenbosch ingewy
|
19 | 1688 | - 1688—1689: Aankoms van ongeveer 200 Franse Hugenote aan die Kaap
Meeste vestig hul in Fransch Hoek
- Apr 1688—Apr 1688: Aankoms van die eerste 22 Franse Hugenote
Die grootste getal Hugenote vlugtelinge wat na die Kaap van Goeie Hoop gevlug het, het gedurende 1688-1689 gearriveer.
Selfs voor hierdie grootskaalse emigrasie het individuele Hugenote vlugtelinge soos Francois Villion (1671) en die broers François en Guillaume du Toit (1686) hulle aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig.
Teen 1692 was 'n totaal van 201 Franse Hugenote aan die Kaap woonagtig. Die meeste van hulle het hulself gevestig in die omgewing van die huidige dorp Franschhoek, sowat 70 km vanaf Kaapstad, waar vele van die plase nog hul oorponklike Franse naam dra. Bron:
Hugenote Vereniging van Suid-Afrika
|
20 | 1690 | - 1690—1690: Blanke trekboere begin verskyn
|
21 | 1691 | - 1691—1691: NG Gemeente Drakenstein (Paarl) gestig
Afgestig van Stellenbosch
|
22 | 1694 | - 1694—1694: Aankoms en vestiging van Sjeg Yusuf en Moslem-volgelinge
|
23 | 1698 | - 1698—1698: Nedersetting ontstaan in die Wagenmaker`s Vallei (Wellington)
|
24 | 1699 | - 1 Feb 1699—1 Feb 1699: Willem Adriaan van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
Willem Adriaan van der Stel volg sy pa, Simon van der Stel, op as die nuwe goewerneur van die Kaap.
Van der Stel het 'n statige landgoed tot stand gebring by Vergelegen, naby die huidige Somerset-Wes. Die omvang van sy bedrywighede het tot klagtes aanleiding gegee, wat op die spits gedryf is in 'n klagskrif wat deur 63 burgers aan die Here XVII in Nederland gestuur is in 1705. Van der Stel het die situasie nie goed hanteer nie en Adam Tas, tesame met talle ander leiers gevange gehou. Die goewerneur is na Nederland ontbied vir 'n ondersoek. Ondanks sy lang geskrewe verdediging is die uitspraak teen hom gelewer. Daar is beslag gel? op Vergelegen en dit is verkoop, en hy is ontslaan uit die diens van die Kompanjie in 1707 en terug na Nederland gebied.
- https://af.wikipedia.org/wiki/Willem_Adriaan_van_der_Stel
|
25 | 1700 | - 1700—1700: Eerste voltydse predikant van Stellenbosch - Hercueles van Loon
- 1700—1700: Nedersetting in 't Land van Waveren (Tulbagh)
Boere begin hulle vestig in die Land van Waveren. Die verste plase van die Kaap is gebruik vir veeteelt, aangesien dit die enigste ekonomies-rendabele produk is wat op so 'n lang afstand van die Kaap af winsgewend was.Dit was te kostelik om ander produkte so ver te vervoer en die slagvee kon immers die afstand self loop.
Kaapstad was in die tyd dus in stad ter grootte van 'n dorp wat as hawe, mark en garnisoensplek gedien het. Om Kaapstad was daar 'n streek waar akkerbou plaasgevind het en dan 'n streek waar die veeboere gewoon het, tussen en langs al die Khoikhoi, wat deur die hele kolonie verspreid krale gehad het. - Ad Biewenga: De Kaap de Goede Hoop (1999)
- Des 1700—Des 1700: Eerste steen van N.G. Kerk te Kaapstad gel?
Goewerneur Willem Adriaan van der Stel l? eerste steen van nuwe fondamente vir Moedergemeente Kaapstad se kerkgebou.
- 'NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002', 2002
|
26 | 1701 | - 1701—1701: Vee rooftogte gemik teen die Nederlanders deur Khoisan begin
|
27 | 1704 | - 6 Jan 1704—6 Jan 1704: Moederkerk Kaapstad se eerste permanente kerkgebou ingewy
|
28 | 1707 | - 1707—1707: Ds P Kalden en goewerneur Willem Adriaan Van der Stel verban
- 3 Jun 1707—3 Jun 1707: Johan Cornelis d`Ableing as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
29 | 1708 | - Feb 1708—Feb 1708: Louis van Assenburg as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
30 | 1710 | - 1710—1710: Kerk van Stellenbosch deur brand vernietig
n Brand het die eerste kerk in Stellenbosch; die Drostdy en twaalf dorpshuise afgebrand
|
31 | 1711 | - 28 Des 1711—28 Des 1711: Willem Helot as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
32 | 1713 | - 1713—1713: Eerste pokke-epidemie in die Kaap
Pokke is vanaf Indi? ingebring op besoekende skepe. Dit saai verwoesting onder die Hottentotte en baie blankes is ook dood
|
33 | 1714 | - 28 Mrt 1714—28 Mrt 1714: Maurits Pasques de Chavonnes as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
34 | 1717 | - 1717—1717: Stelsel van Vrypagtitel op grond eindig
Teen hierdie tyd was ongeveer 400 plase reeds uitgegee
|
35 | 1719 | - 1719—1719: Hoeksteenlegging van die Kruiskerk van Stellenbosch
Kerk is op die huidige perseel; oos en buite die dorp en bokant die wind en brandgevaar opgerig.
|
36 | 1720 | - 1720—1740: Wes-Kaapse Koikoi gereduseer tot `n werkersklas
|
37 | 1722 | - 1722—1722: Groot Constantia word gebou
- 1722—1722: Grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop.
Die eerste tien grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop. Ongeveer 100 grafte is uitgemeet; maar volgens die graflyste is ongeveer 500 mense uiteindelik hier begrawe.
|
38 | 1723 | - 1723—1723: Die Kruiskerk van Stellenbosch in gebruik geneem.
|
39 | 1724 | - 8 Sep 1724—8 Sep 1724: Jan de la Fontaine (provisioneel) as Goewerneur van die Kaap aangestel
- 14 Sep 1724—14 Sep 1724: Milit?re begrafnis van Goewerneur Maurits de Chavonnes
|
40 | 1727 | - 25 Feb 1727—25 Feb 1727: Pieter Gysbert Noot as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
41 | 1728 | - 24 Apr 1728—24 Apr 1728: Jan de la Fontaine (provisioneel) as Goewerneur van die Kaap aangestel
|