3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
2
1818
1818—1819: Vyfde Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes Grahamstad word deur Xhosas aangeval
3
1819
1819—1819: NG Gemeente Beaufort-Wes gestig Afgestig van Tulbagh/Graaff-Reinet
1819—1819: NG Gemeente Hottentots-Holland (Somerset-Wes) gestig Afgestig van Stellenbosch.
1819—1819: Aankoms in Suid-Afrika van dr John Phillip. Hy was `n Britse filantroop van die Londense Sending Genootskap
4
1820
1820—1820: Werwing van Skotse predikante
1820—1820: Port Elizabeth vernoem deur Sir Rufane Donkin
1820—1820: Worcester gestig
1820—1820: Andries Waterboer verkies tot Griekwa Kaptein by Griekwastad
1820—1820: James Read produseer die eerste boek in Setswana
1820—1821: Aankoms van Britse Setlaars Ongeveer 5000 Britse Setlaars kom in Algoabaai (Port Elizabeth) aan en vestig in die Oos-Kaap
5
1821
1821—1821: NG Gemeente Worcester gestig Afgestig van Tulbagh
1821—1821: Eerwaarde Robert Moffat verskuif na Kuruman Hy was in Namaqualand sedert 1817
6
1822
1822—1822: Aankoms van Ds Andrew Murray (Snr)
5 Jul 1822—5 Jul 1822: Engels word die amptelike taal in die Kaapkolonie Die Angliseringsproses het ook die invoering van die Engelse regstelsel tot gevolg gehad
7
1823
1823—1823: Begin van Difaqane - Slag van Dithakong Manthatisi teruggedryf deur Tlhaping met behulp van die Griekwas. Tswana na die noorde en ooste hewiglik ontwrig deur Difaqane strooptogte.
1823—1823: Aankoms van Ierse setlaars John Ingram het ongeveer 146 Ierse setlaars na die Kaap gebring
8
1824
1824—1824: George Thompson reis na die binneland Hy noem die Augrabies Watervalle `Cataract of King George`
1824—1824: Begin van Lovedale Sending onder die Xhosa
1824—1824: Bergenaar rebellie
1824—1824: Eerste vuurtoring geopen
1824—1824: Die Zoeloe-koning Shaka `ken toe; bemaak en verkoop` Port Natal Die Zoeloe-koning het dit verkoop aan Farewell en sy makkers
1824—1824: Eerwaarde Robert Moffat begin sendingwerk op Kuruman
1824—1824: Ds Abraham Faure begin `Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift`
1824—1824: Bouwerk aan die pad deur die Fransch Hoek Pas begin
2 Nov 1824—2 Nov 1824: Eerste sinode van die Kaapse Kerk
9
1825
1825—1825: NG Gemeente Somerset-Oos gestig Afgestig van Graaff-Reinet/Uitenhage
1825—1825: Gedepresi?erde riksdaalder word omgeskakel na Britse Sterling
1825—1825: Eerste stoomskip kom in Tafelbaai aan
1825—1825: Die `Jubilee Park Cemetery` in Uitenhage in gebruik
1825—1825: Die `Anglican St. Mary`s Collegiate Church` begin in Port Elizabeth
10 Okt 1825—10 Okt 1825: Geboorte van Paul Kruger Hy het later President van die Zuid Afrikaansche Republiek (ZAR) geword
10
1826
1826—1826: NG Gemeente Colesberg (Toverberg/Torenberg) gestig Afgestig van Graaff-Reinet
1826—1826: NG Gemeente Tijgerberg (Durbanville) gestig Afgestig van Kaapstad/Paarl/Swartland
1826—1826: NG Gemeente Clanwilliam gestig Afgestig van Tulbagh/Swartland
1826—1826: L Marquard as eerste sendeling van die Kaapse Kerk georden
1826—1826: Adam Kok II vestig Philippolis Griekwa Kapteinskap
11
1827
5 Jan 1827—5 Jan 1827: NG Gemeente Glen Lynden (Bedford) gestig Afgestig van Somerset-Oos
12
1828
1828—1828: Geboorte van Dr Andrew Murray (Jnr)
1828—1828: Hoogtepunt van Difaqane (Volksverskuiwing)
1828—1828: Stigting van Zuid-Afrikaansch Athenaeum Die stigting het in die Groote Kerk plaasgevind. Dit het later ontwikkel tot die Universiteit van Kaapstad.
1828—1828: Dood van Shaka Zoeloe
1828—1828: Die `Union Chapel` gemeente in Port Elizabeth gestig Hierdie gemeente was deel van die Londense Sending Genootskap. Rekordhouding het in 1831 begin
1828—1828: `St. Mary`s Cemetery` begin in Port Elizabeth
1828—1828: Afskaffing van diskriminasie teen Koikoi deur Ordonnansie 50
13
1829
1829—1829: Paryse en Rynse Sendinggenootskappe begin sendingwerk
20 Sep 1829—20 Sep 1829: NG Gemeente Wynberg gestig Afgestig van Kaapstad
3 Okt 1829—3 Okt 1829: Opening van `SA College` Hierdie kollege het later die Universiteit van Kaapstad geword
14
1830
1830—1830: Eerwaarde Robert Moffat se drukpers word per ossewa na Kuruman vervoer
1830—1830: Colesberg gestig
1830—1830: Volle burgerregte toegeken aan Rooms Katolieke in die Kaap
1830—1830: Pad oor Sir Lowry`s Pas geopen
15
1831
1831—1831: NG Gemeente Albanie gestig Afgestig van Uitenhage
1831—1831: Eerste publikasie van De Zuid Afrikaan (Ons Land)
1831—1831: Eerste uitgawe van `Grahamstown Journal`
16
1833
1833—1833: NG Gemeente Piketberg (Piquetberg) gestig Afgestig van Clanwilliam/Swartland/Tulbagh
1833—1833: Paryse Sendinggenootskap begin werksaamhede onder Basoeto`s
1833—1833: Slawerny deur die hele Britse Ryk afgeskaf Die Britse Regering het kompensasie aan die Trekboere in die Kaap Kolonie vir die 35;000 slawe aangebied. Dit is egter slegs in Londen uitbetaal wat dit prakties onmoontlik vir die meerderheid slawe-eienaars gemaak het om hul vergoeding op te eis. `n Kombinasie van faktore: die Angliseringsbeleid; die invoer van die Engelse regstelsel en die blykbaar nimmereindigende oorlo? met die Xhosas was die grootste dryfveer vir die Groot Trek.
1833—1839: Ongeveer 750 jeugdiges as leerjongens na die Kaap gebring
17
1834
1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap gestig
1834—1834: Instelling van die Wetgewende Raad
1834—1834: King William`s Town gestig
1834—1834: Die `Anglican St. John`s Church` in Bathurst gebou Begrafnisrekords strek terug na 1823
1834—1834: Kerk bedien vrygestelde slawe
1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap vestig sendingstasie by Bethulie
1834—1834: `Afscheiding` in Nederland
1834—1834: Port Natal hernoem na Durban
1834—1835: Andrew Smith met kunstenaar Charles Davidson Bell reis in die binneland
Des 1834—Des 1834: Amptelike Vrystelling van slawe Hulle bly egter `leerjongens` vir 4 jaar
18
1835
1835—1836: Begin van die Groot Trek Louis Trichardt; Hans van Rensburg en Andries Potgieter trek noord
19
1836
1836—1836: James Alexander reis deur Namakwaland
1836—1836: Potgieter se trekkers verslaan die Ndebele by die Slag van Vegkop
1836—1836: Die Groot Trek bereik die omgewing van Transvaal en Vrystaat
2 Des 1836—2 Des 1836: Eerste Voortrekker-regering verkies onder leierskap van Gerrit Maritz
20
1837
1837—1837: Port Elizabeth; Cradock en Colesberg word selfstandig Afsonderlike administratiewe distrikte is aan hulle toegeken.
1837—1837: Buitengewone sinodesitting keur die Groot Trek af
1837—1837: Piet Retief publiseer sy `Manifesto`
1837—1837: Andries Potgieter en Piet Uys verslaan die Ndebele by Mosega Potgieter en Uys is deur die Rolong en Griekwa stamme gehelp
1837—1837: Eerste kerkraad en leraar van die Voortrekkers
1837—1837: Eerste Rooms-Katolieke biskop aangestel
1837—1837: Louis Trichardt se Trek arriveer in Lourenco Marques (nou Maputo)
28 Mrt 1837—28 Mrt 1837: Piet Retief en sy Trek verlaat die Kaapkolonie Retief het sy geselskap oor die Drakensberge na Natal geneem.
21
1838
1838—1838: Berlynse Sendinggenootskap begin sendingwerk by Zoar
1838—1838: `Russell Road (Hyman`s kloof) Cemetery` in Port Elizabeth gestig
1838—1838: Pietermaritzburg gestig
4 Des 1838—4 Des 1838: Britte beset Port Natal
16 Des 1838—16 Des 1838: Slag van Bloedrivier Na die dood van Retief het Andries Pretorius die leierskap-vakuum gevul met die hoop om vir vrede te onderhandel indien Dingaan die grond sou toeken wat hy aan Retief beloof het. Toe Dingaan in reaksie hierop egter sowat 12000 Zoeloe krygers (impis) uitstuur om die groep Voortrekkers aan te val; het die Voortrekkers hulself op 16 Desember 1838 by die Slag van Nacomerivier (ook genoem die Slag van Bloedrivier) verdedig waartydens die Voortrekkers die oormag Zoeloe impis verslaan het.
22 Des 1838—22 Des 1838: Potchefstroom gestig Eerste Boere-dorp
22
1839
1839—1839: NG Gemeente Riversdal gestig Afgestig van Swellendam
1839—1839: Eerste Kaapse Superintendent-generaal van Onderwys
1839—1839: Republiek Natalia gestig
3 Jan 1839—3 Jan 1839: NG Gemeente Pietermaritzburg gestig Eerw Erasmus Smit; `n voormalige sendeling van die Londense Sendinggenootskap; is deur `goewerneur` Piet Retief as die eerste leraar van die `reisende gemeente van die Gereformeerde Kerk na Port Natal` op 21 Mei 1837 aan die trekkers voorgestel.
22 Mrt 1839—22 Mrt 1839: NG Gemeente Bredasdorp gestig Afgestig van Swellendam/Caledon
23
1840
1840—1840: NG Gemeente Wagenmakersvallei (Wellington) gestig Afgestig van Paarl
1840—1840: Sendeling-ontdekkingsreisiger; dr David Livingstone; kom in Kaapstad aan Hy vertrek op reis deur Kuruman na Sentraal Afrika
1840—1840: Die `Anglican St. Katherine`s Church` in Uitenhage gestig
1840—1850: Kommersi?le wolboere in Karoo Uitbreiding van kommersi?le wolboere in Karoo transformeer die koloniale ekonomie. Die Pedi migreer om op Kaapse plase te werk
16 Okt 1840—16 Okt 1840: Potchefstroom; Winburg en Natalia smelt saam tot `n enkele Boerestaat
24
1841
1841—1841: Oprigting van eerste sinagoge in Suid-Afrika
1841—1841: Metodiste Kerk in Port Elizabeth gestig
1841—1841: NG Gemeente Winburg gestig Eerste Vrystaatse gemeente
1841—1841: Voortrekker Raad in Potchefstroom gevestig
16 Jan 1841—16 Jan 1841: NG Gemeente Winburg gestig Ds Lindley; `n Presbiteriaanse Sendeling; word die eerste leraar van die Voortrekkerkerk. Hy woon in Natal en in 1842; op pad na Potchefstroom; bevestig hy die eerste kerkrade van Winburg en Potchefstroom en doop ook 331 kinders.
25
1842
1842—1842: NG Gemeente Prins Albert gestig Afgestig van Beaufort-Wes
1842—1842: Dick King se rit te perd vanaf Durban na Grahamstad
1842—1842: Sinode besluit op benaming van Nederduitse Gereformeerde Kerk
1842—1842: Reglement van 1842 maak kerk vryer van staatsinmenging
1842—1842: Britse anneksasie van Natal
1842—1843: Oorlog tussen die Britte en die Boere in Natal
26 Mrt 1842—26 Mrt 1842: Nederduitsch Hervormde Gemeente Potchefstroom gestig
27 Mrt 1842—27 Mrt 1842: NG Gemeente Mooirivier (Potchefstroom) gestig Die Voortrekker Volksraad het bepaal dat `twee gemeentes wes en drie oos van die Drakensberge gestig moet word`. Ds Daniel Lindley het nuwe lidmate op 26/27 Maart 1842 bevestig en dit word beskou as die stigtingsdatum.
26
1843
1843—1843: NG Gemeente Kruisvallei gestig Afgestig van Tulbagh a.g.v. `n skeuring. In 1935 is die gemeente weer met Tulbagh verenig.
1843—1843: NG Gemeente Richmond gestig Afgestig van Graaff-Reinet/Beaufort-Wes
1843—1843: Ordonnansie 7 vervang De Mist se kerkorde