|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1833 | - 1833—1839: Ongeveer 750 jeugdiges as leerjongens na die Kaap gebring
|
3 | 1838 | - 1838—1838: Berlynse Sendinggenootskap begin sendingwerk by Zoar
- 1838—1838: `Russell Road (Hyman`s kloof) Cemetery` in Port Elizabeth gestig
- 1838—1838: Pietermaritzburg gestig
- 4 Des 1838—4 Des 1838: Britte beset Port Natal
- 16 Des 1838—16 Des 1838: Slag van Bloedrivier
Na die dood van Retief het Andries Pretorius die leierskap-vakuum gevul met die hoop om vir vrede te onderhandel indien Dingaan die grond sou toeken wat hy aan Retief beloof het. Toe Dingaan in reaksie hierop egter sowat 12000 Zoeloe krygers (impis) uitstuur om die groep Voortrekkers aan te val; het die Voortrekkers hulself op 16 Desember 1838 by die Slag van Nacomerivier (ook genoem die Slag van Bloedrivier) verdedig waartydens die Voortrekkers die oormag Zoeloe impis verslaan het.
- 22 Des 1838—22 Des 1838: Potchefstroom gestig
Eerste Boere-dorp
|
4 | 1839 | - 1839—1839: NG Gemeente Riversdal gestig
Afgestig van Swellendam
- 1839—1839: Eerste Kaapse Superintendent-generaal van Onderwys
- 1839—1839: Republiek Natalia gestig
- 3 Jan 1839—3 Jan 1839: NG Gemeente Pietermaritzburg gestig
Eerw Erasmus Smit; `n voormalige sendeling van die Londense Sendinggenootskap; is deur `goewerneur` Piet Retief as die eerste leraar van die `reisende gemeente van die Gereformeerde Kerk na Port Natal` op 21 Mei 1837 aan die trekkers voorgestel.
- 22 Mrt 1839—22 Mrt 1839: NG Gemeente Bredasdorp gestig
Afgestig van Swellendam/Caledon
|
5 | 1840 | - 1840—1840: NG Gemeente Wagenmakersvallei (Wellington) gestig
Afgestig van Paarl
- 1840—1840: Sendeling-ontdekkingsreisiger; dr David Livingstone; kom in Kaapstad aan
Hy vertrek op reis deur Kuruman na Sentraal Afrika
- 1840—1840: Die `Anglican St. Katherine`s Church` in Uitenhage gestig
- 1840—1850: Kommersi?le wolboere in Karoo
Uitbreiding van kommersi?le wolboere in Karoo transformeer die koloniale ekonomie. Die Pedi migreer om op Kaapse plase te werk
- 16 Okt 1840—16 Okt 1840: Potchefstroom; Winburg en Natalia smelt saam tot `n enkele Boerestaat
|
6 | 1841 | - 1841—1841: Oprigting van eerste sinagoge in Suid-Afrika
- 1841—1841: Metodiste Kerk in Port Elizabeth gestig
- 1841—1841: NG Gemeente Winburg gestig
Eerste Vrystaatse gemeente
- 1841—1841: Voortrekker Raad in Potchefstroom gevestig
- 16 Jan 1841—16 Jan 1841: NG Gemeente Winburg gestig
Ds Lindley; `n Presbiteriaanse Sendeling; word die eerste leraar van die Voortrekkerkerk. Hy woon in Natal en in 1842; op pad na Potchefstroom; bevestig hy die eerste kerkrade van Winburg en Potchefstroom en doop ook 331 kinders.
|
7 | 1842 | - 1842—1842: NG Gemeente Prins Albert gestig
Afgestig van Beaufort-Wes
- 1842—1842: Dick King se rit te perd vanaf Durban na Grahamstad
- 1842—1842: Sinode besluit op benaming van Nederduitse Gereformeerde Kerk
- 1842—1842: Reglement van 1842 maak kerk vryer van staatsinmenging
- 1842—1842: Britse anneksasie van Natal
- 1842—1843: Oorlog tussen die Britte en die Boere in Natal
- 26 Mrt 1842—26 Mrt 1842: Nederduitsch Hervormde Gemeente Potchefstroom gestig
- 27 Mrt 1842—27 Mrt 1842: NG Gemeente Mooirivier (Potchefstroom) gestig
Die Voortrekker Volksraad het bepaal dat `twee gemeentes wes en drie oos van die Drakensberge gestig moet word`. Ds Daniel Lindley het nuwe lidmate op 26/27 Maart 1842 bevestig en dit word beskou as die stigtingsdatum.
|
8 | 1843 | - 1843—1843: NG Gemeente Kruisvallei gestig
Afgestig van Tulbagh a.g.v. `n skeuring. In 1935 is die gemeente weer met Tulbagh verenig.
- 1843—1843: NG Gemeente Richmond gestig
Afgestig van Graaff-Reinet/Beaufort-Wes
- 1843—1843: Ordonnansie 7 vervang De Mist se kerkorde
|
9 | 1844 | - 1844—1844: NG Gemeente Victoria-Wes gestig
Afgestig van Beaufort-Wes
- 1844—1844: Toegang tot grond verander vanaf verpagte eiendom na volle of vrye besit
- 1844—1844: Victoria-Wes gestig
- 1844—1844: Hendrik Potgieter vestig hom in Delagoabaai
- Apr 1844—Apr 1844: Boere van Natal vestig hulle in Potchefstroom
Die Boere het hulle daar gevestig nadat hulle die Drakensberge oorgesteek het
|