|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1619 | - 1619—9 Jan 1677: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck
van Riebeeck het later `n halfweg-stasie aan die Kaap gevestig
|
3 | 1676 | - 2 Jan 1676—2 Jan 1676: Johan Bax (van Herenthals) as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
4 | 1677 | - 19 Jan 1677—19 Jan 1677: Jan van Riebeeck in Batavia begrawe
Hy was 58 jaar oud.
|
5 | 1678 | - 1678—1678: Nedersetting ontstaan in Hottentots Holland
- 29 Jun 1678—29 Jun 1678: Hendrik Crulax as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
6 | 1679 | - 1679—1679: Eerste boere vestig langs die Eersterivier
- 1679—1679: Stellenbosch gestig
- 1679—1679: Voltooiing van die Kasteel in Kaapstad
- 14 Okt 1679—1688: Simon van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
Hy kry opdrag om die kolonie uit te brei
|
7 | 1683 | - 1683—1683: Eerste skool vir blanke kinders buite Kaapstad in Stellenbosch gestig
|
8 | 1685 | - 1685—1685: Slawe toegelaat om hul vryheid te koop
Kommissaris Hendrik van Reede (VOC) vaardig `n dekreet uit waarvolgens manlike slawe hul vryheid kan koop vir 100 gulde wanneer hul 25 jaar oud is; met die voorwaarde dat hulle aangeneem is in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Nederlands kan praat. Dieselfde voorwaardes het vir die vroulike slawe gegeld; behalwe dat hulle hul vryheid op 22 jaar oud kon afkoop.
- 1685—1685: Edik van Nantes herroep
Die Edik van Nantes dateer uit 1598 en het die Hugenote die reg gegee om hul geloof te beoefen, sonder dat hulle deur die staat sal vervolg word. Die herroeping van die Edik het gevolg tot die vernieting van Hugenote-kerke en die sluiting van Protestantse skole. Alle Hugenote is vervolg, wat gelei het tot 'n grootskaalse emigrasie (tussen 210,000 tot 900,000), na Engeland, Noord-Amerika, Switzerland, Swede, Denemarke, Brandenburg-Pruisse, Protestantse dele van die Romeinse Ryk en die Kaapkolonie. -https://en.wikipedia.org/wiki/Edict_of_Fontainebleau
- 1685—1685: Simon van der Stel besoek Namakwaland
|
9 | 1686 | - 13 Okt 1686—13 Okt 1686: NG Gemeente Stellenbosch gestig
Afgestig van Kaapstad
|
10 | 1687 | - 1687—1687: Nedersettings ontstaan langs die Bergrivier (Drakenstein; nou Paarl)
- 19 Aug 1687—19 Aug 1687: Eerste kerkgeboutjie in Suid-Afrika in Stellenbosch ingewy
|
11 | 1688 | - 1688—1689: Aankoms van ongeveer 200 Franse Hugenote aan die Kaap
Meeste vestig hul in Fransch Hoek
- Apr 1688—Apr 1688: Aankoms van die eerste 22 Franse Hugenote
Die grootste getal Hugenote vlugtelinge wat na die Kaap van Goeie Hoop gevlug het, het gedurende 1688-1689 gearriveer.
Selfs voor hierdie grootskaalse emigrasie het individuele Hugenote vlugtelinge soos Francois Villion (1671) en die broers François en Guillaume du Toit (1686) hulle aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig.
Teen 1692 was 'n totaal van 201 Franse Hugenote aan die Kaap woonagtig. Die meeste van hulle het hulself gevestig in die omgewing van die huidige dorp Franschhoek, sowat 70 km vanaf Kaapstad, waar vele van die plase nog hul oorponklike Franse naam dra. Bron:
Hugenote Vereniging van Suid-Afrika
|
12 | 1690 | - 1690—1690: Blanke trekboere begin verskyn
|
13 | 1691 | - 1691—1691: NG Gemeente Drakenstein (Paarl) gestig
Afgestig van Stellenbosch
|
14 | 1694 | - 1694—1694: Aankoms en vestiging van Sjeg Yusuf en Moslem-volgelinge
|
15 | 1698 | - 1698—1698: Nedersetting ontstaan in die Wagenmaker`s Vallei (Wellington)
|
16 | 1699 | - 1 Feb 1699—1 Feb 1699: Willem Adriaan van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
Willem Adriaan van der Stel volg sy pa, Simon van der Stel, op as die nuwe goewerneur van die Kaap.
Van der Stel het 'n statige landgoed tot stand gebring by Vergelegen, naby die huidige Somerset-Wes. Die omvang van sy bedrywighede het tot klagtes aanleiding gegee, wat op die spits gedryf is in 'n klagskrif wat deur 63 burgers aan die Here XVII in Nederland gestuur is in 1705. Van der Stel het die situasie nie goed hanteer nie en Adam Tas, tesame met talle ander leiers gevange gehou. Die goewerneur is na Nederland ontbied vir 'n ondersoek. Ondanks sy lang geskrewe verdediging is die uitspraak teen hom gelewer. Daar is beslag gel? op Vergelegen en dit is verkoop, en hy is ontslaan uit die diens van die Kompanjie in 1707 en terug na Nederland gebied.
- https://af.wikipedia.org/wiki/Willem_Adriaan_van_der_Stel
|
17 | 1700 | - 1700—1700: Eerste voltydse predikant van Stellenbosch - Hercueles van Loon
- 1700—1700: Nedersetting in 't Land van Waveren (Tulbagh)
Boere begin hulle vestig in die Land van Waveren. Die verste plase van die Kaap is gebruik vir veeteelt, aangesien dit die enigste ekonomies-rendabele produk is wat op so 'n lang afstand van die Kaap af winsgewend was.Dit was te kostelik om ander produkte so ver te vervoer en die slagvee kon immers die afstand self loop.
Kaapstad was in die tyd dus in stad ter grootte van 'n dorp wat as hawe, mark en garnisoensplek gedien het. Om Kaapstad was daar 'n streek waar akkerbou plaasgevind het en dan 'n streek waar die veeboere gewoon het, tussen en langs al die Khoikhoi, wat deur die hele kolonie verspreid krale gehad het. - Ad Biewenga: De Kaap de Goede Hoop (1999)
- Des 1700—Des 1700: Eerste steen van N.G. Kerk te Kaapstad gel?
Goewerneur Willem Adriaan van der Stel l? eerste steen van nuwe fondamente vir Moedergemeente Kaapstad se kerkgebou.
- 'NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002', 2002
|
18 | 1701 | - 1701—1701: Vee rooftogte gemik teen die Nederlanders deur Khoisan begin
|
19 | 1704 | - 6 Jan 1704—6 Jan 1704: Moederkerk Kaapstad se eerste permanente kerkgebou ingewy
|
20 | 1707 | - 1707—1707: Ds P Kalden en goewerneur Willem Adriaan Van der Stel verban
- 3 Jun 1707—3 Jun 1707: Johan Cornelis d`Ableing as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
21 | 1708 | - Feb 1708—Feb 1708: Louis van Assenburg as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
22 | 1710 | - 1710—1710: Kerk van Stellenbosch deur brand vernietig
n Brand het die eerste kerk in Stellenbosch; die Drostdy en twaalf dorpshuise afgebrand
|
23 | 1711 | - 28 Des 1711—28 Des 1711: Willem Helot as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
24 | 1713 | - 1713—1713: Eerste pokke-epidemie in die Kaap
Pokke is vanaf Indi? ingebring op besoekende skepe. Dit saai verwoesting onder die Hottentotte en baie blankes is ook dood
|
25 | 1714 | - 28 Mrt 1714—28 Mrt 1714: Maurits Pasques de Chavonnes as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
26 | 1717 | - 1717—1717: Stelsel van Vrypagtitel op grond eindig
Teen hierdie tyd was ongeveer 400 plase reeds uitgegee
|
27 | 1719 | - 1719—1719: Hoeksteenlegging van die Kruiskerk van Stellenbosch
Kerk is op die huidige perseel; oos en buite die dorp en bokant die wind en brandgevaar opgerig.
|
28 | 1720 | - 1720—1740: Wes-Kaapse Koikoi gereduseer tot `n werkersklas
|
29 | 1722 | - 1722—1722: Groot Constantia word gebou
- 1722—1722: Grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop.
Die eerste tien grafpersele in die onvoltooide kerk van Stellenbosch word verkoop. Ongeveer 100 grafte is uitgemeet; maar volgens die graflyste is ongeveer 500 mense uiteindelik hier begrawe.
|
30 | 1723 | - 1723—1723: Die Kruiskerk van Stellenbosch in gebruik geneem.
|
31 | 1724 | - 8 Sep 1724—8 Sep 1724: Jan de la Fontaine (provisioneel) as Goewerneur van die Kaap aangestel
- 14 Sep 1724—14 Sep 1724: Milit?re begrafnis van Goewerneur Maurits de Chavonnes
|
32 | 1727 | - 25 Feb 1727—25 Feb 1727: Pieter Gysbert Noot as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
33 | 1728 | - 24 Apr 1728—24 Apr 1728: Jan de la Fontaine (provisioneel) as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
34 | 1730 | - 1730—1730: Eerste trekboere bereik George omgewing
Eerste trekboere bereik George omgewing en trek binneland toe in die Langkloof in
- 1730—1730: VOC voer slawe in vanaf Mosambiek en Zanzibar
- 8 Mrt 1730—8 Mrt 1730: Jan de la Fontaine as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
35 | 1732 | - 1732—1732: Jaarlikse huur op `n leningsplaas verdubbel na 24 riksdaalders
- 1732—1732: Erfpag sisteem van eiendomsreg ingevoer
|
36 | 1734 | - 1734—1734: Groot Brakrivier geproklameer as die Oostelike grens van die Kaap
|
37 | 1736 | - 14 Nov 1736—14 Nov 1736: Adriaan van Kervel aangestel as Goewerneur van die Kaap
Vir slegs drie weke.
|
38 | 1737 | - 1737—1743: Aankoms van Georg Schmidt
Hy was die eerste Morawiese sendeling wat `n kortstondige Morawiese sending aan die Koikoi gebring het
- 20 Sep 1737—20 Sep 1737: Daniel van den Henghel as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
39 | 1738 | |
40 | 1740 | - 1740—1740: Kaapse Milit?re Raad besluit om `n `Veld Korporaal` te stig
een Veld-Corporaal onder het Caabse district` met magte om troepe te werf; burgery te polisie?r en die gebied te verdedig
- 5 Sep 1740—5 Sep 1740: Jan van Helsdingen as Veld-Korporaal aangestel
Onder verskeie name; insluitend di? van veldkornet; het hierdie amp `n belangrike rol in die geskiedenis van Suid-Afrika oor die volgende een-en-half eeu gespeel; met die verantwoordelikheid om `n plaaslike burgermag te voorsien
|
41 | 1743 | - 1743—1743: NG Gemeente Roodezand (Tulbagh) gestig
Afgestig van Kaapstad/Stellenbosch. Die gemeente het vir 60 jaar die naam `Roodezand in `t Land van Waveren` gedra. In 1804; toe die distrik Stellenbosch in twee verdeel word en die noordelike een ter ere van goewerneur Ryk Tulbagh die naam Tulbagh kry; word die naam van die gemeente ook verander na Tulbagh.
- 1743—1743: Eerste aangetekende Trekboer leenplase in die Roggeveld
- 1743—1743: Besoek van Baron Van Imhoff
|
42 | 1744 | - 1744—1744: Georg Schmidt staak sendingwerk
|
43 | 1745 | - 1745—1745: VOC vestig `n Landdros in Swellendam
- 27 Jun 1745—27 Jun 1745: NG Gemeente Zwartland (Malmesbury) gestig
Afgestig van Kaapstad/Stellenbosch
|
44 | 1746 | - 1746—1746: Ds Petrus van der Spuy begin sy bediening
Hy was die Eerste Suid-Afrikaansgebore predikant
- 1746—1746: Kaapsche Classis (Gecombineerde Kerckvergaedering)
|
45 | 1747 | - 26 Okt 1747—26 Okt 1747: Swellendam gestig
|
46 | 1750 | - Apr 1750—Apr 1750: Hendrik Swellengrebel as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
47 | 1752 | - 1752—1752: Honderdjarige VOC-herdenking
Feesrede deur Ds Petrus van der Spuy
|
48 | 1754 | - 1754—1754: Eerste aangetekende !Xam San weerstand teen die Roggeveld Trekboere
|
49 | 1755 | - 1755—1755: Rijk Tulbagh stel prag-en-praalwette in
- 1755—1755: Tweede pokke-epidemie in die Kaap
- 1755—1755: Hoeksteen van die `Ou Dorpshuis` in Kaapstad gel?
|
50 | 1759 | - 1759—1759: Afskaffing van die Gecombineerde Kerckvergaedering
|
51 | 1760 | - 1760—1760: Jansz; Coetse met Klaas Barends en ander steek die Garieprivier oor
|
52 | 1761 | - 1761—1762: Hendrik Hop reis na die Garieprivier
|
53 | 1762 | - 2 Aug 1762—2 Aug 1762: Aankoms van die VOC-skip Noordt-Nieuwlandt in Tafelbaai
|
54 | 1765 | - 1765—1765: 112 slawe vanaf Madagaskar arriveer in Tafelbaai aan boord van die `Meermin`
|
55 | 1767 | - 1767—1767: Derde groot pokke-epidemie
|
56 | 1770 | - 1770—1770: Mothibi; seun van Molehabangwe van Tlhaping; gebore by Nokaneng
Presiese datum nie bekend; iewers in die 1770`s
- 1770—1790: Intensiewe Khoisan weerstand teen Trekboer besettings
|
57 | 1771 | - 1771—1771: Gevegte tussen Trekboere en die Xhosa begin
Hierdie gevegte het begin toe die trekkers die Gamtoos oorgesteek het
- 1771—1771: Kaapse grens strek oor die Gamtoosrivier
- 12 Aug 1771—12 Aug 1771: Joachim van Plettenberg as Goewerneur van die Kaap aangestel
|
58 | 1774 | - 1774—1774: Algemene Kommando op die been gebring teen die San
503 word gedood en 241 gevange geneem
|
59 | 1778 | - 1778—1779: Garieprivier hernoem na die Oranjerivier
Robert Jacob Gordon hernoem die Garieprivier na Oranjerivier tot eer van die prins van Oranje; die Nederlandse Stadtshouer
- 1778—1779: Hendrik Jacob Wikar en Robert Jacob Gordon ontmoet Koikoi en andere
Hendrik Jacob Wikar en Robert Jacob Gordon ontmoet Koikoi; Geisiqua en Tswana groepe langs die laer en middel Gariep
- 1778—1778: Groot Visrivier word die Oostelike grens van die Kaap.
Die grens word verder uitgebrei na die Buffelsrivier.
|
60 | 1779 | - 1779—1779: Kaapse Patriotte word invloedryke beweging
- 1779—1779: Toelating van Lutherse Kerk as eerste ander Christenkerk
|
61 | 1780 | - 1780—1780: Eerste Oosgrensoorlog tussen die Xhosa en blankes
- 1780—1780: Aankoms van Ds A Kolver
Hy was die eerste Lutherse predikant
|
62 | 1782 | - 1782—1782: Eerste uitgawe van riksdaalders op papier
|
63 | 1783 | - 1783—1792: Le Vaillant en Van Reenen reis in Namaqualand en noord van die Oranjerivier
|