Catharina Verburgh

Catharina Verburgh

Vroulik 1670 - 1700  (30 jare)

Wydte van Kaart:      Herlaai

Tydlyn



 
 



 




   Datum  Gebeurtenis(se)
1600 
  • 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
    Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
1619 
  • 1619—9 Jan 1677: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck
    van Riebeeck het later `n halfweg-stasie aan die Kaap gevestig
1670 
  • 2 Jun 1670—2 Jun 1670: Pieter Hackius as Goewerneur van die Kaap aangestel
1671 
  • Des 1671—Des 1671: Coenraad van Breitenbach as Goewerneur van die Kaap aangestel
1672 
  • 23 Mrt 1672—23 Mrt 1672: Albert van Breugel as Goewerneur van die Kaap aangestel
  • 2 Okt 1672—2 Okt 1672: Yobrand Godske as Goewerneur van die Kaap aangestel
1673 
  • 1673—1673: Tweede VOC-Koikoi Oorlog
    Die oorlog was teen Gonnema gevoer; `n Koikoi-aanvoerder
1676 
  • 2 Jan 1676—2 Jan 1676: Johan Bax (van Herenthals) as Goewerneur van die Kaap aangestel
1677 
  • 19 Jan 1677—19 Jan 1677: Jan van Riebeeck in Batavia begrawe
    Hy was 58 jaar oud.
1678 
  • 1678—1678: Nedersetting ontstaan in Hottentots Holland
  • 29 Jun 1678—29 Jun 1678: Hendrik Crulax as Goewerneur van die Kaap aangestel
10 1679 
  • 1679—1679: Eerste boere vestig langs die Eersterivier
  • 1679—1679: Stellenbosch gestig
  • 1679—1679: Voltooiing van die Kasteel in Kaapstad
  • 14 Okt 1679—1688: Simon van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
    Hy kry opdrag om die kolonie uit te brei
11 1683 
  • 1683—1683: Eerste skool vir blanke kinders buite Kaapstad in Stellenbosch gestig
12 1685 
  • 1685—1685: Slawe toegelaat om hul vryheid te koop
    Kommissaris Hendrik van Reede (VOC) vaardig `n dekreet uit waarvolgens manlike slawe hul vryheid kan koop vir 100 gulde wanneer hul 25 jaar oud is; met die voorwaarde dat hulle aangeneem is in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Nederlands kan praat. Dieselfde voorwaardes het vir die vroulike slawe gegeld; behalwe dat hulle hul vryheid op 22 jaar oud kon afkoop.
  • 1685—1685: Edik van Nantes herroep
    Die Edik van Nantes dateer uit 1598 en het die Hugenote die reg gegee om hul geloof te beoefen, sonder dat hulle deur die staat sal vervolg word. Die herroeping van die Edik het gevolg tot die vernieting van Hugenote-kerke en die sluiting van Protestantse skole. Alle Hugenote is vervolg, wat gelei het tot 'n grootskaalse emigrasie (tussen 210,000 tot 900,000), na Engeland, Noord-Amerika, Switzerland, Swede, Denemarke, Brandenburg-Pruisse, Protestantse dele van die Romeinse Ryk en die Kaapkolonie.
    -https://en.wikipedia.org/wiki/Edict_of_Fontainebleau
  • 1685—1685: Simon van der Stel besoek Namakwaland
13 1686 
  • 13 Okt 1686—13 Okt 1686: NG Gemeente Stellenbosch gestig
    Afgestig van Kaapstad
14 1687 
  • 1687—1687: Nedersettings ontstaan langs die Bergrivier (Drakenstein; nou Paarl)
  • 19 Aug 1687—19 Aug 1687: Eerste kerkgeboutjie in Suid-Afrika in Stellenbosch ingewy
15 1688 
  • 1688—1689: Aankoms van ongeveer 200 Franse Hugenote aan die Kaap
    Meeste vestig hul in Fransch Hoek
  • Apr 1688—Apr 1688: Aankoms van die eerste 22 Franse Hugenote
    Die grootste getal Hugenote vlugtelinge wat na die Kaap van Goeie Hoop gevlug het, het gedurende 1688-1689 gearriveer.
    Selfs voor hierdie grootskaalse emigrasie het individuele Hugenote vlugtelinge soos Francois Villion (1671) en die broers François en Guillaume du Toit (1686) hulle aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig.
    Teen 1692 was 'n totaal van 201 Franse Hugenote aan die Kaap woonagtig. Die meeste van hulle het hulself gevestig in die omgewing van die huidige dorp Franschhoek, sowat 70 km vanaf Kaapstad, waar vele van die plase nog hul oorponklike Franse naam dra.
    Bron: Hugenote Vereniging van Suid-Afrika
16 1690 
  • 1690—1690: Blanke trekboere begin verskyn
17 1691 
  • 1691—1691: NG Gemeente Drakenstein (Paarl) gestig
    Afgestig van Stellenbosch
18 1694 
  • 1694—1694: Aankoms en vestiging van Sjeg Yusuf en Moslem-volgelinge
19 1698 
  • 1698—1698: Nedersetting ontstaan in die Wagenmaker`s Vallei (Wellington)
20 1699 
  • 1 Feb 1699—1 Feb 1699: Willem Adriaan van der Stel as Goewerneur van die Kaap aangestel
    Willem Adriaan van der Stel volg sy pa, Simon van der Stel, op as die nuwe goewerneur van die Kaap.
    Van der Stel het 'n statige landgoed tot stand gebring by Vergelegen, naby die huidige Somerset-Wes. Die omvang van sy bedrywighede het tot klagtes aanleiding gegee, wat op die spits gedryf is in 'n klagskrif wat deur 63 burgers aan die Here XVII in Nederland gestuur is in 1705.
    Van der Stel het die situasie nie goed hanteer nie en Adam Tas, tesame met talle ander leiers gevange gehou. Die goewerneur is na Nederland ontbied vir 'n ondersoek. Ondanks sy lang geskrewe verdediging is die uitspraak teen hom gelewer. Daar is beslag gel? op Vergelegen en dit is verkoop, en hy is ontslaan uit die diens van die Kompanjie in 1707 en terug na Nederland gebied.
    - https://af.wikipedia.org/wiki/Willem_Adriaan_van_der_Stel
21 1700 
  • 1700—1700: Eerste voltydse predikant van Stellenbosch - Hercueles van Loon
  • 1700—1700: Nedersetting in 't Land van Waveren (Tulbagh)
    Boere begin hulle vestig in die Land van Waveren. Die verste plase van die Kaap is gebruik vir veeteelt, aangesien dit die enigste ekonomies-rendabele produk is wat op so 'n lang afstand van die Kaap af winsgewend was.Dit was te kostelik om ander produkte so ver te vervoer en die slagvee kon immers die afstand self loop.
    Kaapstad was in die tyd dus in stad ter grootte van 'n dorp wat as hawe, mark en garnisoensplek gedien het. Om Kaapstad was daar 'n streek waar akkerbou plaasgevind het en dan 'n streek waar die veeboere gewoon het, tussen en langs al die Khoikhoi, wat deur die hele kolonie verspreid krale gehad het.
    - Ad Biewenga: De Kaap de Goede Hoop (1999)
  • Des 1700—Des 1700: Eerste steen van N.G. Kerk te Kaapstad gel?
    Goewerneur Willem Adriaan van der Stel l? eerste steen van nuwe fondamente vir Moedergemeente Kaapstad se kerkgebou.
    - 'NG Kerk 350, Eenhonderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002', 2002