|
Datum |
Gebeurtenis(se) |
1 | 1600 | - 3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I
Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
|
2 | 1831 | - 1831—1831: NG Gemeente Albanie gestig
Afgestig van Uitenhage
- 1831—1831: Eerste publikasie van De Zuid Afrikaan (Ons Land)
- 1831—1831: Eerste uitgawe van `Grahamstown Journal`
|
3 | 1833 | - 1833—1833: NG Gemeente Piketberg (Piquetberg) gestig
Afgestig van Clanwilliam/Swartland/Tulbagh
- 1833—1833: Paryse Sendinggenootskap begin werksaamhede onder Basoeto`s
- 1833—1833: Slawerny deur die hele Britse Ryk afgeskaf
Die Britse Regering het kompensasie aan die Trekboere in die Kaap Kolonie vir die 35;000 slawe aangebied. Dit is egter slegs in Londen uitbetaal wat dit prakties onmoontlik vir die meerderheid slawe-eienaars gemaak het om hul vergoeding op te eis. `n Kombinasie van faktore: die Angliseringsbeleid; die invoer van die Engelse regstelsel en die blykbaar nimmereindigende oorlo? met die Xhosas was die grootste dryfveer vir die Groot Trek.
- 1833—1839: Ongeveer 750 jeugdiges as leerjongens na die Kaap gebring
|
4 | 1834 | - 1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap gestig
- 1834—1834: Instelling van die Wetgewende Raad
- 1834—1834: King William`s Town gestig
- 1834—1834: Die `Anglican St. John`s Church` in Bathurst gebou
Begrafnisrekords strek terug na 1823
- 1834—1834: Kerk bedien vrygestelde slawe
- 1834—1834: Berlynse Sendinggenootskap vestig sendingstasie by Bethulie
- 1834—1834: `Afscheiding` in Nederland
- 1834—1834: Port Natal hernoem na Durban
- 1834—1835: Andrew Smith met kunstenaar Charles Davidson Bell reis in die binneland
- Des 1834—Des 1834: Amptelike Vrystelling van slawe
Hulle bly egter `leerjongens` vir 4 jaar
|
5 | 1835 | - 1835—1836: Begin van die Groot Trek
Louis Trichardt; Hans van Rensburg en Andries Potgieter trek noord
|
6 | 1836 | - 1836—1836: James Alexander reis deur Namakwaland
- 1836—1836: Potgieter se trekkers verslaan die Ndebele by die Slag van Vegkop
- 1836—1836: Die Groot Trek bereik die omgewing van Transvaal en Vrystaat
- 2 Des 1836—2 Des 1836: Eerste Voortrekker-regering verkies onder leierskap van Gerrit Maritz
|
7 | 1837 | - 1837—1837: Port Elizabeth; Cradock en Colesberg word selfstandig
Afsonderlike administratiewe distrikte is aan hulle toegeken.
- 1837—1837: Buitengewone sinodesitting keur die Groot Trek af
- 1837—1837: Piet Retief publiseer sy `Manifesto`
- 1837—1837: Andries Potgieter en Piet Uys verslaan die Ndebele by Mosega
Potgieter en Uys is deur die Rolong en Griekwa stamme gehelp
- 1837—1837: Eerste kerkraad en leraar van die Voortrekkers
- 1837—1837: Eerste Rooms-Katolieke biskop aangestel
- 1837—1837: Louis Trichardt se Trek arriveer in Lourenco Marques (nou Maputo)
- 28 Mrt 1837—28 Mrt 1837: Piet Retief en sy Trek verlaat die Kaapkolonie
Retief het sy geselskap oor die Drakensberge na Natal geneem.
|
8 | 1838 | - 1838—1838: Berlynse Sendinggenootskap begin sendingwerk by Zoar
- 1838—1838: `Russell Road (Hyman`s kloof) Cemetery` in Port Elizabeth gestig
- 1838—1838: Pietermaritzburg gestig
- 4 Des 1838—4 Des 1838: Britte beset Port Natal
- 16 Des 1838—16 Des 1838: Slag van Bloedrivier
Na die dood van Retief het Andries Pretorius die leierskap-vakuum gevul met die hoop om vir vrede te onderhandel indien Dingaan die grond sou toeken wat hy aan Retief beloof het. Toe Dingaan in reaksie hierop egter sowat 12000 Zoeloe krygers (impis) uitstuur om die groep Voortrekkers aan te val; het die Voortrekkers hulself op 16 Desember 1838 by die Slag van Nacomerivier (ook genoem die Slag van Bloedrivier) verdedig waartydens die Voortrekkers die oormag Zoeloe impis verslaan het.
- 22 Des 1838—22 Des 1838: Potchefstroom gestig
Eerste Boere-dorp
|