Notes

Matches 3,051 to 3,100 of 9,118

      «Prev «1 ... 58 59 60 61 62 63 64 65 66 ... 183» Next»

 #   Notes   Linked to 
3051 Oorsaak van dood:
1. Broncho-pneumonie [longontsteking]
2. Marasmus senilis [ouderdomswakte]

Duur van laast kwaal: 3 dae 
van Dyk, Willem Abraham (I4000)
 
3052 Oorsaak van dood:
Inwendige bloeding met grootskaalse besering van veelvoudige inwendige organe veroorsaak deurdat 'n swaar opgehysde yster vervoergeut losgeglip en op oorledene geval het. 
van Dyk, Theunis Daniël Kotzé (I3738)
 
3053 Oorvertel uit aangehaalde bron
Geertruij van der Lidth, die oudste en toe nog ongetroude dogter van heemraad Anthonij van der Lith, het een 1706 self 'n byeenkoms georganiseer om 'n skinderstorie oor haar te stil. Sy het 'n aantal getuies na die huis van oudheemraad Matthijs Greeff uitgenooi en daar Greeff se slavin Christina ondervra.
"Wat hebt gij mijn meijd gevraagt, of ik een kind gekregen heb, en of het een meisje is?"
Christina het ontken dat sy die bron van die skinderstorie was en gesê dat sy dit van Hans Beijer gehoor het, dat "de ouste nonje van Van der Lith heeft een kinen [en] leijd in de kraam van een jonge dogter. Wil je 't niet gelooven? Daar komt haar meijd aan. Vraagd die 't vrij, die sal 't u selvs seggen".
Matthijs Greef se seun Matthijs, het dit bevestig: "Nonje, ik heb het Hans ook hooren seggen".
"Swijg maar, ik heb al genoeg", was Geertruij se reaksie. 
Greeff, Matthias SV-Prog (I2583)
 
3054 Op 'n brief wat op hierdie datum gedateer is, word sy vrou as "weduwee " beskryf. Hendrick (I20186)
 
3055 Op 1 November 1712 is sommige van Matthijs Greeff se eiendom verkoop tydens 'n vendusie. Die opbrengste sou verdeel word onder die erfgename (waaronder ook Burgert Pietersz. en Anna Greeff se vyf kinders - hulle het hulle oorlede ma se erfporsie gekry).

Daarbenewens het Burgert ook die volgende op die vendusie gekoop:
450 skape
50 p:s skape (ek probeer nog uitvind waarna p:s verwys)
1 p:s legger met wijn
8 p:s kalwers
15 p:s osse
2 p:s osse met 'n kalf elk
4 p:s koeie met 'n kalf elk

1 slaaf genaamd Fontijn. 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3056 Op 1 November 1712 is sommige van Matthijs Greeff se eiendom verkoop tydens 'n vendusie. Die opbrengste sou verdeel word onder die erfgename (waaronder ook Burgert Pietersz. en Anna Greeff se vyf kinders - hulle het hulle oorlede ma se erfporsie gekry).

Daarbenewens het Burgert ook die volgende op die vendusie gekoop:
450 skape
50 p:s skape (ek probeer nog uitvind waarna p:s verwys)
1 p:s legger met wijn
8 p:s kalwers
15 p:s osse
2 p:s osse met 'n kalf elk
4 p:s koeie met 'n kalf elk

1 slaaf genaamd Fontijn. 
Greeff, Matthias SV-Prog (I2583)
 
3057 Op 11 Desember 1720 is van Burgert se boedel wat deel van sy Tafelvallei-huis vorm, geïnventariseer.

Die inhoud daarvan bied genoeg vir die verbeelding om te kan indink hoe die gesin gelewe het. Anders as by die inventarisering van Joost se boedel, word daar nie genoem hoeveel kamers die huis het, en watter items waar gevind is nie. Dit is wel duidelik dat Burgert meer wel-af as Joost was.

Sien die bygevoegde PDF vir die hele inventaris.

'n Aantal interessante items, is byvoorbeeld:
1 pruik
1 ou skildery
1 silwer tandestokkie
3 beddens met ses bed kussings (matrasse, neem ek aan) 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3058 At least one living or private individual is linked to this note - Details withheld. Living (I17421)
 
3059 At least one living or private individual is linked to this note - Details withheld. Living (I15007)
 
3060 At least one living or private individual is linked to this note - Details withheld. Living (I12628)
 
3061 Op 15.09.1986 het George Frederick en Benjamin Johannes en hulle vrouens lidmate geword van die N.H. Kerk Vryheid. Aldus die inskrywing is hulle almal met attestatie vanaf Standerton.

Na aanleiding van hierdie bron, neem ons tentatief aan dat die twee broers was. 
van Dyk, George Frederick (I15006)
 
3062 Op 17 Januarie is Burgert se eiendom op die buitenpost den Leeuwenhoek geïnventariseer.

Sien die PDF vir die volledige inventaris. As mens kyk na die groot hoeveelheid bruikbare items (byvoorbeeld borde, ens.) dan wil dit voorkom asof die gesin/familie in 1720 hier woonagtig was.

'n Paar items word uitgelig:
1 plaats gelegen aan de kleijne Paerde Berg gent: den Leeuwehoek
1 opstal gelegen in 't Swarteland gen:t Coenraats Bergh

1 tin soutvaatjie
1 tin mosterpot
1 tin "trek"-pot
4 geraamde "prentjes"

484 skape
189 beeste
9 perde 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3063 Op 17 Junie 1718 is Joost se besittings op 'n openbare vendusie verkoop. Hoekom is al sy besittings na sy dood verkoop? Dit is duidelik dat hy geen skuld gehad het ten tye van sy dood nie - enige skuld sou in sy boedelinventaris of vendurol gestaan het.

'n Klein bietjie lig word hierop gewerp in "Household Inventories at the Cape" deur Carohn Cornell en Antonia Malan (2005).

As Joost nie uitdruklik in sy testament Helena as die voog van sy kinders aangestel het nie (en dit is debateerbaar of hy het of nie), sou die Weeskamer sy eiendom verkoop het om vir sy kinders te sorg. (Helena kon wel aansoek doen om die voog van haar eie kinders te wees.)

Die Weeskamer het nie fisies self vir die kinders gesorg nie, maar hulle by ander families geplaas. Klaarblyklik eers by familie of vriende van die familie wat gewillig was, of anders as huishulpe of vakleerlinge by ander burgers. Hulle sorg was deur die Weeskamer betaal en enige erfenis is dan ontvang met mondigwording (25 jaar).

Burgert het 'n aantal dinge daardie dag gekoop:
een opstal gen:t e Ganse Craal in 't Swarte Land vir Rd:s 10 (Rd:s = Rijksdaalders)
1 kist
1 rol toebak
1 karritje met 1 balijtje
86 silvere knoopen

Burgert van DIjk d'jonge het gekoop:
1 kooper thee keetleltje en 1 kooper voetje

Sien die PDF vir die volledige lys van items en kopers. 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3064 Op 17 Junie 1718 is Joost se besittings op 'n openbare vendusie verkoop. Hoekom is al sy besittings na sy dood verkoop? Dit is duidelik dat hy geen skuld gehad het ten tye van sy dood nie - enige skuld sou in sy boedelinventaris of vendurol gestaan het.

'n Klein bietjie lig word hierop gewerp in "Household Inventories at the Cape" deur Carohn Cornell en Antonia Malan (2005).

As Joost nie uitdruklik in sy testament Helena as die voog van sy kinders aangestel het nie (en dit is debateerbaar of hy het of nie), sou die Weeskamer sy eiendom verkoop het om vir sy kinders te sorg. (Helena kon wel aansoek doen om die voog van haar eie kinders te wees.)

Die Weeskamer het nie fisies self vir die kinders gesorg nie, maar hulle by ander families geplaas. Klaarblyklik eers by familie of vriende van die familie wat gewillig was, of anders as huishulpe of vakleerlinge by ander burgers. Hulle sorg was deur die Weeskamer betaal en enige erfenis is dan ontvang met mondigwording (25 jaar).

Burgert het 'n aantal dinge daardie dag gekoop:
een opstal gen:t e Ganse Craal in 't Swarte Land vir Rd:s 10 (Rd:s = Rijksdaalders)
1 kist
1 rol toebak
1 karritje met 1 balijtje
86 silvere knoopen

Burgert van DIjk d'jonge het gekoop:
1 kooper thee keetleltje en 1 kooper voetje

Sien die PDF vir die volledige lys van items en kopers. 
van Dyk, Burgert (I570)
 
3065 Op 17 Junie 1718 is Joost se besittings op 'n openbare vendusie verkoop. Hoekom is al sy besittings na sy dood verkoop? Dit is duidelik dat hy geen skuld gehad het ten tye van sy dood nie - enige skuld sou in sy boedelinventaris of vendurol gestaan het.

'n Klein bietjie lig word hierop gewerp in "Household Inventories at the Cape" deur Carohn Cornell en Antonia Malan (2005).

As Joost nie uitdruklik in sy testament Helena as die voog van sy kinders aangestel het nie (en dit is debateerbaar of hy het of nie), sou die Weeskamer sy eiendom verkoop het om vir sy kinders te sorg. (Helena kon wel aansoek doen om die voog van haar eie kinders te wees.)

Die Weeskamer het nie fisies self vir die kinders gesorg nie, maar hulle by ander families geplaas. Klaarblyklik eers by familie of vriende van die familie wat gewillig was, of anders as huishulpe of vakleerlinge by ander burgers. Hulle sorg was deur die Weeskamer betaal en enige erfenis is dan ontvang met mondigwording (25 jaar).

Burgert het 'n aantal dinge daardie dag gekoop:
een opstal gen:t e Ganse Craal in 't Swarte Land vir Rd:s 10 (Rd:s = Rijksdaalders)
1 kist
1 rol toebak
1 karritje met 1 balijtje
86 silvere knoopen

Burgert van DIjk d'jonge het gekoop:
1 kooper thee keetleltje en 1 kooper voetje

Sien die PDF vir die volledige lys van items en kopers. 
van Dyk, Joost Pietersz SV-Prog 1 (I535)
 
3066 Op 19-jarige ouderdom:
"a minor and parentless; ward of the Orphan Chamber, which complains that they have apprenticed him to learn farming, but that nowhere he would serve out his time, but always ran away, and often inland, that they have often seriously reprimanded him, but without avail; that finally they apprenticed him to the burgher Councillor Joh. Cruywagen, who however, wishes to get rid of him; and that therefore they pray that he may be taken into the Service, in order to prevent him from doing more mischief. (No. 64)" 
van Dyk, Joost (I563)
 
3067 Op 29 Februarie 1680 het hy smidgereedskap geoop van Joost Jansen van Rotterdam. Greeff, Matthias SV-Prog (I2583)
 
3068 Op 3 Maart 1706 het hy 350 skape verkoop vir slagting. Hieruit kan ons aanneem dat hy 'n suksesvolle skaapboer was. van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3069 Op 6 Desember 1712 het die Weesmeesters Matthijs Greeff se eiendom verdeel aan die erfgenamen.

Burgert Pietersz van Dijk het namens sy kinders onvang:
1 silwer beker (weegende 9:4 Rijkdsaalders)
1 paar silwer broeksknope
1 silwer tandstokkie
1 paar goue knope

Sien die bron vir die verdeling van die volledige inventaris. 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3070 Op 6 Desember 1712 het die Weesmeesters Matthijs Greeff se eiendom verdeel aan die erfgenamen.

Burgert Pietersz van Dijk het namens sy kinders onvang:
1 silwer beker (weegende 9:4 Rijkdsaalders)
1 paar silwer broeksknope
1 silwer tandstokkie
1 paar goue knope

Sien die bron vir die verdeling van die volledige inventaris. 
Greeff, Matthias SV-Prog (I2583)
 
3071 Op 6 Oktober 1733 is 'n deel van die besittings van oorlede burger Willem van Dijk tydens 'n vendusie verkoop (die res is op 2 November verkoop). Dat hy oorlede is, word duidelike gemeld: "sodanige goederen ... naargelaten en met 'er dood ontruijmt door den burger Willem van Dijk".

Wie is dan die Willem van Dijk wat in 1754 met Isabella Hagedoorn trou?

*************

MOOC10/3.75 (03.03.1729 Paardeberg) Burgert, Adam & Willem 
van Dyk, Willem (I568)
 
3072 Op 8 Januarie 1721 is Burgert se boedel wat deel gevorm het van sy Kaapse eiendom verkoop op vendusie. Soos ek verstaan is dit om die Weeskamer voldoende fondse te gee om vir sy kinders te kan sorg. (Burgert het sy testament, waarin hy die kinders se stiefma, Helena du Toit, as voog aanstel na sy dood, ongeldig verklaar.)

Sien die aangehegde PDF vir die volledige transaksies. 'n Paar word hier onder uitgelig:

Ene "Juffrouw van Dijk " het die volgende gekoop:
1 asgraaf met vuurtang
1 kapmes met yster "konvoor"
2 ysterpotte
12 "jatte" planke
4 balke
3 komberse
1 "kadel"
1 kis "met sijn bollen"

Hierdie was moontlik sy dogter Susanna van Dyk. Haar man, Andries Mulder, verskyn ook as een van die kopers. 'n Ander moontlikheid is sy ander dogter, Maria. 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3073 Op 9 April 1762 het Hendrik van Dyk die plaas Veelverjaagd van Reynier van Jaarsvelt gekoop. Ná Hendrik se dood het Johannes Groenwald op 30 Januarie 1770 die plaas van sy weduwee, Catharina Visagie gekoop.

In sy boek Die Grondeienaars van Stellenbosch 1693-1860 (Stellenbosch Museum, 1979) vermoed Johannes van der Bijl dat die plaas vandag die plaas La Provence by Polkadraai is.

Sien hier vir 'n kaart:
https://gis.elsenburg.com/apps/cfm/?sl=&x=2125895.80&y=-4015247.28&z=16&bm=hybrid 
Visagie, Catharina (I3885)
 
3074 Op 9 April 1762 het Hendrik van Dyk die plaas Veelverjaagd van Reynier van Jaarsvelt gekoop. Ná Hendrik se dood het Johannes Groenwald op 30 Januarie 1770 die plaas van sy weduwee, Catharina Visagie gekoop.

In sy boek Die Grondeienaars van Stellenbosch 1693-1860 (Stellenbosch Museum, 1979) vermoed Johannes van der Bijl dat die plaas vandag die plaas La Provence by Polkadraai is.

Sien hier vir 'n kaart:
https://gis.elsenburg.com/apps/cfm/?sl=&x=2125895.80&y=-4015247.28&z=16&bm=hybrid 
van Dyk, Hendrik (I1015)
 
3075 Op Albertus Barend Johannes van Dyk (1849-1912) se sterfkennis skryf sy vrou, Catharina Helena Gertruida de Goede, dat Albertus se ouers Gideon van Dyk en Johannes Maria Aletta Geldenhuys was. Duidelik bedoel sy hier Johanna Hendrika Maria Geldenhuys: sulke foute kom dikwels voor in 'n sterfkennis. Wat wel opmerklik is, is dat die Van Dyk-register Gideon van Dyk en Johanna Geldenhuys as die grootouers van Albertus het. In die register is Albertus se ouers Albertus Barend Johannes (Sr.) en Sara Johanna Maria Jacoba Thiart.

Hoe dan nou?

Indien daar geen ander kontrasterende inligting was nie, sou mens sonder probleme kon aanneem dat Catharina de Goede bloot die verkeerde ouers ingevul het toe sy haar oorlede man se sterfregister ingevul het. Dit gebeur meer dikwels as wat mens sou dink.

Sake het egter 'n ander wending geneem toe Albertus Jr. se dooprekord opgespoor is. Daarin word die ouers duidelik genoem as Gidion van Dyk en Johanna Hendrika Maria Gildenhuis. Dit wil dus lyk asof Albertus Jr. inderdaad die seun was van Gideon en Johanna Geldenhuys. Hoekom het die register hom dan as die seun van Albertus Sr. en Sara Thiart?

Die inligting kom oorspronklik uit die Van Dyk Geslagsregister wat in 1975 gepubliseer is. Dit sou nie die eerste keer wees wat 'n verkeerde familieverband daarin aangeneem is nie, maar daar is egter rede om versigtig te wees. Die opsteller van die 1975-register het die volgende inligting daarin geplaas:

f4. Albertus Barend Johannes, * 30.6.1827, ≈ Swartland 28.10.1827, x Sara Johanna Maria Jacob THIART. Getal kinders onbekend, behalwe:
g1. Albertus Barend Johannes, * 22.6.1879, ≈ Piketberg 11.11.1849, x 19.3.1872 Anna Sophia Hendrika KOTZE, xx 7.4.1874 Catharina Helena Gertruida de GOEDE

Albertus Sr. se doopinligting verskyn korrek. Die opsteller het dus óf ook toegang tot die dooprekord gehad, óf die doopinligting van 'n familielid verkry. As hy toegang tot die dooprekord gehad het, waarom sou hy die verkeerde stel ouers genoteer het? Was dit bloot 'n fout, of het hy oor inligting beskik wat ons nie het nie? As hy die doopinligting van 'n familielid verkry het, is dit ook hier moontlik dat hy ekstra inligting gekry het m.b.t. die familie, wat hom genoop het om die kind onder Albertus Sr. en Sara Thiart te plaas.

As mens verder sien dat Albertus Sr. en Sara Thiart verder geen kinders gehad het nie, is dit moontlik dat Sara Thiart tydens of kort na die bevalling van Albertus Jr. oorlede is, en dat die grootouers die kind aangeneem en grootgemaak het. Gideon en Johanna se dogter Hilletje is in 1844 gebore, dus kon Albertus Jr., wat in 1847 gebore is, maklik as 'n jonger boetie grootgemaak word. (Ons het al in die verlede teëgekom dat aanneem-ouers die kind doop, sonder dat die doopregister meld dat hulle die kind se aanneem ouers is.)

Dit is natuurlik ook moontlik dat Albertus Jr. werklik Gideon en Johanna se biologiese seun was en dat die opsteller van die 1975-register 'n fout gemaak het wat ons goedsmoeds oorgeneem het.

Ons is tans besig om die saak te ondersoek. Albertus is tans aan beide paartjies gekoppel as seun: biologiese seun van Albertus Sr. en aangenome seun van Gideon. Hierdie verwantskappe moet asb. as tentatief gesien word. 
van Dyk, Albertus Barend Johannes (I3704)
 
3076 Op die begrafnisrekord van Petrus Johannes, oftewel Piet, van Dyk, word genoem dat hy 18 maande oud was toe hy gesterf het.

Dit suggereer dat hy ongeveer Feb. 1801 gebore is.

Die doopdatum in die 1975-register is egter 10 Jan 1800. Dit kan nie korrek wees nie.

Indien dit 'n fout van die opsteller van die register is, en die datum eintlik 1801 moes wees én die skrywer van die begrafnisrekord bedoen het "ongeveer" 18 maande, dan kan die doopdatum moontlik 10 Januarie 1801 wees.

Sonder die oorspronklike rekord kan mens egter nie 'n gewysigde doopdatum as korrek aanvaar nie. 
van Dyk, Petrus Johannes (I1385)
 
3077 Op die plaas Koedoesfontein.

"Die dag toe ek gevang is was daar 'n woeste geveg. Net waar jy kyk het die Engelse die huise aan die brand gesteek. Ganse is dood geslaan en aan hulle perde vas gemaak, hulle het 'n huis in gekom en die portrette stukkend geslaan. Hulle het ook Pressedent Kruger se portret stukkend geslaan en onbyvoeglikke woorde op hom gebesig." 
Grobler, Elsje Aletta Cecilia (I5074)
 
3078 Op Dinsdagoggend, 3 April 1691, het die Politieke Raad (die hoogste gesag van die VOC aan die Kaap de Goede Hoop) vergader. Die lede van die raad was dit eens dat 'n groot deel van die Raad al self benadeel is duer die "slordig en onordentlike" gekapte hout wat beskikbaar is - maar die hout is so sleg bewerk, dat dit nie bruikbaar is nie (dat dit voor die voete van die volk weggevoer moet word).

Hierdie gebrek aan planke ens. daartoe sou lei dat huise, skure, stalle en ander nodige geboue, nie gebou sal kan word nie.

Vir 'n geruime tyd al, het niemand aangebied om die gesaagde timmerhout teen vasgestelde pryse uit die Compagnie se bos te lewer nie. Daarom het Joost Pietersz en Borchard Pietersz van Isenberg, broers en vryburgers, woonagtig in die Kaapse distrik, hulle by die vergadering gemeld om toestemming te verkry om in die "Compagnie se bosch" in Houtbaai te gaan houtkap. Dit sou gebeur onder sekere voorwaardes en die kontrak sou vir vyf jaar wees en die hout sou te koop aangebied word aan die inwoners van die Kaapse distrik.

Na "rijpe raadspleging" is eenstemmig besluit om aan Joost en Burgert se versoek te voldoen. Die kondisies en voorwaardes is as volg:

1. Dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar, met ingang van vandag, toegelaat sal word om in die Compagnie se bos, in Houtbaai geleë, allerhande timmerhout mag kap, saag en bewerk, volgens hulle diskresie ("so sij des best te raade sullen werden").

2. Om hierdie voorreg te behou, moet hulle jaarlik aan die Edele Compagnie honderd stuks planken lewer - elk 10 voet lank en ten minste 1 voet breed.

3. As hulle hierdie voorreg verbeur, hulle jaarliks in die Compagnie se bos drieduisend jong eike bome moet plant (wat uit die Compagnie se "planterie" sal kom).

4. Die pryse waarteen hulle die hout mag verkoop is deur die Raad vasgestel en die broers mag hierdie prys nie oorskry nie.

1 Balk lang 22 voeten en thien a acht duijmen dik ƒ12:-:-
1 Bolle casijn hoog 4 1/2 voet en 3 1/2 voet wijd ƒ4:-:-
100 voeten plaaten ƒ12:08:-
100 voeten gording ƒ6:-:-
100 sparren ƒ18:12:-
100 latten ƒ2:-:-
1 Hoek-keeper 20 voeten lang ƒ3:-:-
1 voet planks in 't vierkant ƒ3:- :-
1 voet planks minder als een voet in 't vierkant ƒ2:08:-
1 spanrigel 17 voeten lang ƒ4:10:-
1 haane-balk van 9 voeten ƒ1:04:-
1 carbeel 5 1/2 voeten lang ƒ1:-:-
1 strijkbalk lang 20 voeten ƒ6:08:-
1 kromstijl lang 9 voeten ƒ3:-:-
1 scheerstijl 14 voeten lang ƒ1:08:-

Die res vans die vergadering bespreek 'n ander saak.
 
van Dyk, Joost Pietersz SV-Prog 1 (I535)
 
3079 Op Dinsdagoggend, 3 April 1691, het die Politieke Raad (die hoogste gesag van die VOC aan die Kaap de Goede Hoop) vergader. Die lede van die raad was dit eens dat 'n groot deel van die Raad al self benadeel is duer die "slordig en onordentlike" gekapte hout wat beskikbaar is - maar die hout is so sleg bewerk, dat dit nie bruikbaar is nie (dat dit voor die voete van die volk weggevoer moet word).

Hierdie gebrek aan planke ens. daartoe sou lei dat huise, skure, stalle en ander nodige geboue, nie gebou sal kan word nie.

Vir 'n geruime tyd al, het niemand aangebied om die gesaagde timmerhout teen vasgestelde pryse uit die Compagnie se bos te lewer nie. Daarom het Joost Pietersz en Borchard Pietersz van Isenberg, broers en vryburgers, woonagtig in die Kaapse distrik, hulle by die vergadering gemeld om toestemming te verkry om in die "Compagnie se bosch" in Houtbaai te gaan houtkap. Dit sou gebeur onder sekere voorwaardes en die kontrak sou vir vyf jaar wees en die hout sou te koop aangebied word aan die inwoners van die Kaapse distrik.

Na "rijpe raadspleging" is eenstemmig besluit om aan Joost en Burgert se versoek te voldoen. Die kondisies en voorwaardes is as volg:

1. Dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar, met ingang van vandag, toegelaat sal word om in die Compagnie se bos, in Houtbaai geleë, allerhande timmerhout mag kap, saag en bewerk, volgens hulle diskresie ("so sij des best te raade sullen werden").

2. Om hierdie voorreg te behou, moet hulle jaarlik aan die Edele Compagnie honderd stuks planken lewer - elk 10 voet lank en ten minste 1 voet breed.

3. As hulle hierdie voorreg verbeur, hulle jaarliks in die Compagnie se bos drieduisend jong eike bome moet plant (wat uit die Compagnie se "planterie" sal kom).

4. Die pryse waarteen hulle die hout mag verkoop is deur die Raad vasgestel en die broers mag hierdie prys nie oorskry nie.

Sien gerus die aangehegde PDF om die volledige transkripsie te lees, met dank aan die uitstekende span by TANAP.net, wat al die resolusies getranskribeer het en op hul webwerf beskikbaar stel. 
van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3080 Op haar huweliksregister staan dat sy te Witbank, Standerton gebore is, maar Witbank het eers in 1890 ontstaan. Vermoedelik was dit op 'n plaas in die distrik van die latere Witbank was. Botha, Anna Catharina Susanna (I7149)
 
3081 Op haar seun Johan Hendrik Bakemeyer VAN DYK se sterfkennis word sy aangegee as 'n Hester Maria Magdelena OBERHOLZER Jansen van Rensburg, Hester Maria Magdalena (I3014)
 
3082 Op haar siviele sterfte word sy Sophia Johanna genoem. Daar het waarskynlik 'n fout ingesluip toe die dokument ingevul of oorgetik was. Alle ander gegewings of die dokument dui aan dat dit wel Cecilia Johanna sin is. Muller, Cecilia Johanna (I20140)
 
3083 Op haar SK en haar doop word haar pa gegee as Gideon Christiaan Matthys, maar uit alle ander dokumente is dit duidelik dat hy Gideon Christiaan Bester geheet het. Anna en haar man Gideon en ook hul een seun Gideon Christiaan Bester genoem. (Haar pa is vernoem na 'n vriend van sy ouers, genaamd Gideon Christiaan Bester. Laasgenoemde het ook op sy naamgenoot se doop verskyn.)

.

-- MERGED NOTE ------------

Haar ouderdom is verkeerdelik aangegee op haar SK en so ook is haar vader "Gideon Christiaan Bester" en nie "Gideon Christiaan Matthys" nie. 
van Dyk, Anna Johanna Hendrika (I3793)
 
3084 Op haar Verkorte Geboortesertifikaat wys dit sy is gebore die 25ste, maar volgens haar dogter Charline de Lange is dit die 24ste. Haar moeder het dit nooit laat korrigeer nie. Wasserman, Dinah Muriel (I2229)
 
3085 Op hierdie dag het Burgert Pietersz. van Dijk en Helena du Toit hulle gesamentlike testament opgestel. van Dyk, Burgert Pietersz SV-Prog 2 (I565)
 
3086 Op hierdie dag het sy en Nikolaus von Wielligh hulle testament opgestel. Sien die bron vir 'n skakel wat na die volledige dokument lei. van Wyk, Elizabeth (I538)
 
3087 Op hierdie dag is Willem van Dyk se nagelate vee en perde verkoop op 'n vendusie. Sien die aangehegde PDF-dokument vir volledige lys.
 
van Dyk, Willem (I568)
 
3088 Op hierdie datum het Joost die slaaf Kinza (26 jaar oud) gekoop van Theunis Verweij vir Rds. 120. van Dyk, Joost Pietersz SV-Prog 1 (I535)
 
3089 At least one living or private individual is linked to this note - Details withheld. Living (I3231)
 
3090 Op Joseph Sybrand VAN DYK (1935-1963) se grafsteen staan daar geskryf:
"Ter nagedagtenis aan my dierbare eggenoot en my pappie".
Dus word die afgeleiding gemaak dat hy wel getroud was en 'n kind gehad het. Met die minimale gegewings word die kind se geslag ook "onbekend" gemaak tot verdere inligting bekend word. 
Bekker, Sarah Elizabeth (I3230)
 
3091 Op Joseph Sybrand VAN DYK (1935-1963) se grafsteen staan daar geskryf:
"Ter nagedagtenis aan my dierbare eggenoot en my pappie".
Dus word die afgeleiding gemaak dat hy wel getroud was en 'n kind gehad het. Met die minimale gegewings word die kind se geslag ook "onbekend" gemaak tot verdere inligting bekend word. 
van Dyk, Joseph Sybrand (I11333)
 
3092 Op Kommando van Dyk, Sybrand Johannes (I6323)
 
3093 Op moeder se SK word sy aangegee as Hermina Jacoba van Dyk, Hermina Johanna (I3901)
 
3094 Op Plaas nr. 15 van Dyk, Johans Frederik (vroulik) (I7551)
 
3095 Op sy huwelik inskrywing en ook by NAAIRS word hy aangegee as "Johannes Jacobus" van Dyk, Jacobus Johannes (I1102)
 
3096 Op sy moeder se SK word sy ouderdom as 2 maande aangegee. Sy SK wys hy was 7 maande oud met sy dood in 1932 wat onmoontlik is as sy moeder in 1930 oorlede is. van Dyk, William (I5750)
 
3097 Op sy seuns (Arrie en Petrus) se sterfkennisgewings word sy tweede naam aangegee as "Evert Blankebiele van Dyk". Blankebiele kom voor as 'n "van" in Nederland. van Dyk, Evert Blankebiele SV-PROG 4 (I3591)
 
3098 Op sy Siviel Sterfte wys dit hy was 40 jaar (*c1873) oud by afsterwe, wat waarskynlik verkeerdelik oorgedra is. van Dyk, Daniël Johannes (I3150)
 
3099 Op sy Siviele Sterfte het sy bejaarde skoonseun sy ouderdom by afsterwe as 94 jaar geskat.
Ander artikels het hom *1815/1816 – 1920, maw 104 jaar oud.

Sy een kleindogter, Vicki Andrist laat weet die volgende:Wat betref die George Lezar Miller. "As klein kind was ek vertel van die oupa wat as 'n stowaway in die Kaap beland het en 'n lewe vir homself gemaak het." 
Miller, George Lezar (I10434)
 
3100 Op sy skoonpa se SK word hy aangegee as "Steve van Dyk" van Dyk, Sybrand (I12559)
 
      «Prev «1 ... 58 59 60 61 62 63 64 65 66 ... 183» Next»